Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing

God is vir ons

Een van die belangrikste dinge wat ons moet besef, is dat God vir ons is.

Ek het twee weke  terug ’n bietjie deur Genesis gewerk vir my preek verlede Sondag by Klema, en net weer onder die besef gekom dat God ons op ’n baie spesiale manier gemaak het.  Ons is Sy verteenwoordigers.  Hy het ons gekies uit alles wat bestaan, as sy beeltenis, as dié skepsels wat Sy merk dra, wat lyk soos Hy, wat is soos Hy.

Dié God is net so angstig oor ons as wat ons oor ons eie kinders is.  Hy is net so begerig soos ons is oor ons eie kinders, dat Sy karaktereienskappe in elkeen van ons tot hulle reg sal kom.  Hy wil Homself sien in wie ons is en hoe ons leef en optree.

Sy droom vir ons is steeds presies wat dit in die tuin van Eeden was – ons moet die aarde bewoon, bewerk en bewaar.  Hy wil hê dat ons veilig en voorspoedig woon op hierdie aarde.  Hy wil hê dat ons lewensvervulling in ons werk en verhoudings sal ervaar.  En Hy wil deur ons die wêreld ’n leefbare plek sal maak, beide in terme van die evangelie van Jesus Christus as in terme van die bewaring van die aarde.

En God gee vir ons alles wat ons nodig het om te floreer en met oorgawe die lewe te kan geniet.  Die lewe in oorvloed, Sy lewe deur die Gees wat in ons werk, Sy teenwoordigheid waarop ons kan vertrou.

As ek terugdink aan my jongdae was my aardse pa altyd daar vir my, op vele maniere.  My ma was daar vir my, op vele maniere.  Hulle het saam ’n ruimte geskep waarin ek kon ontwikkel en groei en myself kon wees.

Dit is wie God ook is vir ons.  Maar nog baie meer en baie dieper as dit.  Hy is die ruggraat van ons lewens.  Hý is die Een wat voorsien, wat vrymaak, wat nuwe lewe gee.  Ons kan Hom daarvoor vertrou.

En dit is ook Hý wat jou sal help om ’n pad met jou kinders te loop. En om ’n pad met jou ouers te loop …!

 

Continue ReadingDeuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing

Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree

“Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree “

Ons het verlede week baie tyd spandeer om oor ons binnekant te gesels.  Dit is waar alles begin.  Dit is waar jy met God begin.

Vandag kyk ons na vers 26-27 wat sê, dit is nie net vertroue op God, ‘n luisterende gesindheid en die fokus op jou manier van dink, jou binnekant, wat jou pad bepaal nie.  Jy moet ook die pad stap wat God wys.  Soos Spreuke sê: “Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree” – 4:26. 

Die OAV vertaal: “Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,” en vers 27: “wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.”

Deur vir jou bakens op te rig op jou pad, en daarvolgens koers te hou, sal jou nie net op die regte pad hou nie, maar dit ’n vreugde maak, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander.

 

Continue ReadingSpreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree

Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

Preekreeks oor Spreuke: Wyse Woorde vir die Lewe – 29 Julie 2012

Luister in die diereryk

Dit is verstommend hoe goed sommige diere kan hoor.

  • Olifante het nie net baie groot ore nie.  Hulle kan geluid hoor wat 20 keer dieper is as wat ons ore kan optel.  En hulle gerommel kan 6 kilometer ver opgetel word deur ander olifante.  Dit is een van die maniere waarop hulle aangepas is om te kan oorleef en met mekaar te kan kommunikeer oor lang afstande.
  • Uile het van die skerpste ore wat bestaan. Interessant is dat hulle ore nie op dieselfde vlak sit nie – een is net bo die ooglyn, en die ander net daaronder – sodat hulle met absolute presisie die rigting van ’n geluid kan bepaal.  Maar uile kan nie net goed hoor nie.  Hulle reaksietyd is ook verstommend.  Binne ’n 100ste van ’n sekonde kan hulle reageer op die geritsel van ’n muis in die bos.  Dit is waarom uile in die donkerste donker – hulle het natuurlik goeie oë ook – hulle prooi kan vang en só kan oorleef.
  • Vlermuise se gehoor is miskien nog beter ontwikkel, hoewel hulle ’n tipe sonar gebruik om te kan hoor.  As jy ’n muskiet is, en só 15-20 voet van ’n vlermuis af, al is dit stikdonker, en jy piepklein, is jy geskiedenis.  Interessant, vlermuise beskerm hulle ore deur dit toe te maak met elke vlerkklap, sodat hulle gehoor nie verminder met die geraas van hulle eie vlerke nie.  Hulle is eintlik totaal afhanklik van hulle gehoor om te kan oorleef.
  • Dolfyne, wat ook sonar gebruik, kan tot op 70 meter ’n voorwerp opspoor al is dit net so groot soos ’n vyfrand muntstuk.  En soos walvisse kan hulle geluide oor groot afstande onder water optel.

Hoekom?  Want al hierdie diere is afhanklik van hulle ore om te kan oorleef.  Hetsy of dit is om te kan kommunikeer, of om hulle kos op te spoor of om gevaar te kan ontwyk – ore is lewensbelangrik.

Continue ReadingSpreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys

Die West Memphis Three

Miskien ken julle die verhaal van die West Memphis Three.  Dit is die verhaal van drie tieners wat in 1994 aangekla en gevonnis is in West Memphis, Arkansas, vir die moord op drie jong 8 jarige seuns. Damien Echols is ter dood veroordeel, Jessie Misskelley en Jason Baldwin is lewenslank tronk toe gestuur.  Daar is ‘n hele paar dokumentêre daaroor gemaak.  Ek het een daarvan onlangs gekyk.

Van die begin af was daar kontroversie oor die saak teen hulle.  Die kontroversie het ook baie aandag getrek.  Vermaaklikheidsterre met hulle geld, en forensiese kundiges en ander regslui met hulle kundigheid het betrokke geraak. 

Maar met elke nuwe stukkie inligting wat na vore gebring is oor die saak wat die oorspronklike skuldigbevinding in twyfel getrek het, het die oorspronklike hof geweier om enige nuwe inligting te heroorweeg.  Hulle beroep was op ‘n tegniese interpretasie van die wet, wat uiteindelik verkeerd geblyk het.

Continue ReadingMarkus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys

Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!

Joni Eareckson Tada

Die verhaal van Joni Eareckson Tada (JoniThe unforgettable story of a young woman's struggle against quadriplegia & depression, wat ook die basis vir ’n rolprent oor haar lewe gevorm het) is vir baie van u bekend. Sy het op 18 in ’n duik-ongeluk ’n kwadrupleeg geword (1967), en uiteindelik na 2 jaar se ontwrigtende worsteling, haar gebrek te bowe gekom en ’n loopbaan van skilder en skryf gevolg, met baie groot sukses.  Sy is ’n gewilde spreker wat haar geloof in Jesus op innemende manier verwoord en baie mense aangeraak het met haar boodskap van hoop.

Sy is onlangs deur ‘n volgende fase van toetsing, met borskanker, waarna sy die boek – A Place of Healing: Wrestling with the mysteries of suffering, pain and God’s Sovereignty – geskryf het .  Sy vertel in dié nuwe boek van ’n jongman David wat haar een oggend na ’n diens bygedam het, vir haar gebid het, en toe verras was dat sy nie genees is nie.  In die gesprek wat daarna gevolg het, het hy haar beskuldig dat sy sonde in haar lewe moes hê, anders sou sy gesond geword het.  Joni het op haar kenmerkende innemende manier geantwoord, nee, dit is nie die geval nie. 

Hy het egter volhard en toe vir haar van ongeloof beskuldig.  Sy het geantwoord: dit kan wees, maar dan het dit met jou geloof te make en uit Lukas 5 aangehaal waar Jesus die verlamde man genees toe hy die geloof van sy vriende sien (vers 20)!

Inderdaad!  Soos sy self sê: “The focus is always on Jesus Christ and His will for those who suffer.  To possess great faith is to believe in a great Savior, and Scripture welcomes the faith of anyone who believes in Jesus’ will to heal.”

Ons sien dit geïllustreer in die twee ineengestrengelde genesingswonders van Markus.

 

Continue ReadingMarkus 5:21-43 – Bly maar net glo!

2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening

Passie vir die evangelie

God se genade ontsluit in ons ’n passie om dit met ander te deel.  Hy bring ons in 'n lewende verhouding met Hom as Vader, Seun en Heilige Gees.  Hierdie verhouding verander ons lewe.  Ons is nie net kinders van die lewende God nie, maar ons hele identiteit word vanuit hierdie nuwe familie gestempel.

Daarom lewe ons nie meer vir onsself nie, kan ons nie meer vir onsself lewe nie, maar vir God.

Dit sluit in dat ons God se genade deel met die mense rondom ons.  Ons word geroep om dit met passie te doen.

Daardie liefde van Christus is so ‘n groot werklikheid vir hom dat niks belangriker is as Hy nie, en omdat die evangelie vir alle mense bedoel is, kan Paulus nie anders as om net daarvoor te lewe nie.

Paulus skets versoening dus hier as die hart van die bediening – versoening met God in die sin van ‘n vryspraak van sonde en ‘n nuwe verhouding met Hom, en versoening met ander deur hulle harte onderling wyd oop te maak vir mekaar

Continue Reading2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening

07 – Om vir God te LEEF

Psalm 40 – Sondagoggend 27 Mei 09:00 – incarnatio 

Verwelkoming

Dit is Pinksterdag, die verjaarsdag van die kerk.  Kersfees is Jesus se geboortedag.  Pinkster is die kerk se geboortedag.

pentecost 

En die geskenk aan ons op Pinksterdag is die Heilige Gees.  Soos die kinders hierdie hele week geleer het: What’s in the Box?

Kinders bly regdeur die diens.

Ons fokus vandag op die tema: om vir God te LEEF.

incarnatio

  • Ons gaan Psalm 40 lees.  Dit is in jou boekie op p 16.
  • Jy kan aantekeninge maak in die ruimte op p 17, volgens die Lectio Divina skema: Rus, Hoor, Leef.

Continue Reading07 – Om vir God te LEEF

06 – Om God te GENIET

Filippense 4:2-9 – Donderdagaand 24 Mei 18:30 – contemplatio 

Verwelkoming

Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei.

Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand weer op die middelste beweging, om te HOOR.  Ons gaan meer aandag gee aan hoe ons God kan GENIET. 

So het Nico Simpson kontemplasie uitgebeeld.

contemplatio

Dit is om met die vrede en liefde van God vervul te word, baie keer op ‘n woordlose manier.  Sommige gebruik die woord geniet om dit te beskryf.  Ander verkies om van rus te praat.

Continue Reading06 – Om God te GENIET

05 – Om met God te PRAAT

Verwelkoming

Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei.

Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand weer op die middelste beweging, om te HOOR.  Ons gaan meer aandag gee aan hoe ons met God PRAAT. 

So het Nico Simpson gebed uitgebeeld – dit is om met jou lewe in die teenwoordigheid van God te kom en dit met Hom deur te praat.

oratio2

Blaai na by p 12-13 in die boekie.

Continue Reading05 – Om met God te PRAAT