Verwelkoming
Louise Bam neem by Senta Jacobs oor as kategesehoof. Dankie! En Welkom!
Faith begins at Home – Mark Holmen. Skaf die boek aan.
GOD NOOI ONS IN EN ONS KOM TOT RUS
Toetrede
Liedboek 222 (x4 – Afr/Eng/Afr/Eng) – “Loof die Here God en prys sy heil’ge Naam” – sit
Votum
Seëngroet
Lofsang
Liedboek 220 “Met ons harte sing ons, Here, van u liefde meer en meer” – staan
Liedboek 196 “O kon ek jubel, Hemelvader, met duisend stemme tot u eer” – sit
Doop
Liedboek 290:1 en 4 “Dit is my troos dat ek gedoop is, dat ek gedoop is in u Naam” – sit
* Ruaan en Ronel (dogter van Gerda Louw) Verster – Ameli Verster
* Emil (seun van Gerhardt en Esmé Goosen) en Adel Goosen – Lana Goosen
* Luaré le Roux en Liné Wasserman – Lian Christophe le Roux
Verootmoediging
Gebed
GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER
Skriflesing
Hierdie hoofstuk kan in drie dele opgedeel word wat die volgende drie “lewenslesse” is, les 5-7, wat die pa besig is om sy seun(s) te leer ( onthou die eerste vier was: 1) Luister na jou ouers, 2) Soek wysheid met gespitse ore, 3) Vertrou God en ken Hom in alles, en 4) Leer uit 5 voorbeelde van ‘n ryk en vol lewe):
- Lewensles 5 – 4:1-9 – Neem jou ouers (rolmodelle) se opvoeding ter harte.
- Die pa spel die voordeel van die pad van wysheid uit: “jy werklik kan lewe” (4:4). Wysheid is nie ’n straf nie, maar sal jou beskerm (4:6), aan jou betekenis gee (4:8), jou sosiale aansien verleen (4:8) en jou lewe versier (4:9).
- Wysheid moet daarom soos ’n metgesel vir hom/hulle wees, soos ’n bruid wat jou lewenspad met jou deel, wat jy kan liefhê en wat jou lewe kan verryk en versier (4:6).
- Lewensles 6 – 4:10-19 – Kies die pad van wysheid en nie die pad van goddeloosheid nie.
- Dit is lewensbelangrik dat dié pad, die pad van wysheid, gekies word, en die pad van goddeloosheid vermyDie twee paaie laat dit óf donker óf lig word in jou lewe. Om die waarheid te sê, die pad van goddeloosheid is verslawend – jy kan later nie meer daarsonder nie (lê wakker)! Dit beïnvloed jou hele lewe, en stel jou bloot aan die verydeling wat met boosheid en slegte mense saamgaan. “Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is” (4:18)!
- Lewensles 7 – 4:20-27 – Hou koers deur te fokus op jou binnekant en jou bakens.
- Die sewende lewensles van die pa aan sy seun is om koers te hou op die pad vanIn die proses is sy ore (4:20), hart (4:23), mond (4:24), oë (4:25), en voete (4:26) belangrik, almal metafore vir aspekte van sy soeke na en uitlewe van die wysheid.
Spreuke 4:20-27
Woordverkondiging
“Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree “
Ons het verlede week baie tyd spandeer om oor ons binnekant te gesels. Dit is waar alles begin. Dit is waar jy met God begin.
Vandag kyk ons na vers 26-27 wat sê, dit is nie net vertroue op God, ‘n luisterende gesindheid en die fokus op jou manier van dink, jou binnekant, wat jou pad bepaal nie. Jy moet ook die pad stap wat God wys. Soos Spreuke sê: “Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree” – 4:26.
Die OAV vertaal: “Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,” en vers 27: “wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.”
Deur vir jou bakens op te rig op jou pad, en daarvolgens koers te hou, sal jou nie net op die regte pad hou nie, maar dit ’n vreugde maak, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander.
Baken jou koers af
Letterlik staan daar: “laat jou weë vas wees.” Die woordjie vir vas in die vers is koen in Hebreeus – כּוּן . Laat jou weë koen wees.
Die woord koen word gebruik om vastigheid, stewigheid, en onwrikbaarheid uit te druk. Van die aarde word gesê dat dit koen is: stewig, vas, onwankelbaar, geanker (Ps 93:3). Van ’n huis of tempel word gesê dat dit koen is: vas en stewig (Rig 16:26).
Maar dit word ook in ’n abstrakte sin as ’n metafoor gebruik om koersvastheid aan te dui. Dit is die tipe betekenis wat ons hier in Spreuke aantref. Laat jou weë, jou lewenstyl en jou beplanning vir die toekoms koen wees, vas wees, geanker, onwrikbaar, koersvas.
Hoe kry ’n mens dit reg?
- Eerstens moet jou hart reg wees – daaroor het RethieJou binnekant moet aan God verbonde wees en tot rus gekom het by Hom. Begin met God.
- Tweedens moet jou houding teenoor die lewe uitgesorteerJou ingesteldheid moet ’n soeke na en ’n waardering van wysheid wees. Jou ore en jou lewe moet ingestel wees daarop. Dit is wat Spreuke in sy geheel sê: vrou Wysheid en vrou Dwaasheid praat met jou oral waar jy besluite moet neem, en jy moet jou instel om vrou Wysheid se stem te hoor en na te volg.
- En in die derde plek moet jy koers hou op die pad van wysheid. Jy moet die pad van wysheidJy moenie net daaroor dink nie. Jy moenie net daaroor gesels nie. Jy moet die pad stap.
En daarvoor het jy bakens nodig, dinge wat jou kan help om koers te hou.
Bakens uit die verlede
Sommige bakens lê in die verlede. Geestelike ervarings, uitkomste wat die Here vir jou bewerk het, wyshede en lewenswaarhede wat jy geleer het, ’n roeping wat jy ontvang het, gawes en geleenthede wat deel van jou menswees geword het.
Gaan sit vandag en maak ’n lys van al die wonderlike dinge uit die verlede wat jy met jou kan saamdra, en wat vir jou bakens kan wees.
Natuurlik is daar ook dinge wat sleg was in die verlede. Een van die probleme wat ons as ’n gemeenskap het, is dat ons steeds swaar dra aan dinge wat verkeerd gegaan het in ons regverdiging van minagting vir menswaardigheid. Maar, ons het twee goed nodig om van daardie deel van ons verlede te hanteer:
- erken dit was verkeerd en maak reg wat jy kan;
- soek vir ’n bruikbare toekoms in jouKry weer ’n greep op die waardevolle dinge wat wel deel van jou verlede was, en bou ’n toekoms daarop. Deernis – visie – moed – dapperheid – eerlikheid – alles dinge wat Spreuke hoog aanslaan.
Bakens in die toekoms
Sommige bakens lê in die toekoms. Verwagtinge wat jy het, beloftes waarvoor jy bid en werk, drome wat jou beetgepak het, en wat dit vir jou die moeite werd maak om voor op te staan elke dag.
En as jy nie het nie, lees die Bybel, en lees jou koerant – in die visie vir ’n nuwe wêreld wat God regdeur die Woord met ons deel, en in die nood in ons omgewing waarvan jy elke dag in die koerant lees, lê die bakens van die Here, die pad wat Hy wil hê dat jy moet stap, opgesluit.
Rig vir jou bakens op vandag
Maar – die verlede het sy waarde; die toekoms daag jou uit; waar dit alles bymekaar kom, is hier en nou. Dit wat jy nou doen, bepaal hoe jy die toekoms tegemoet gaan.
En Spreuke sê, rig vir jou bakens op,
- onthou dié dinge uit die verlede wat jou vas en stewig laat staan – vier dit, sê gereeld dankie, praat daaroor, deel dit met jou geliefdes;
- koester dié drome wat nog in die toekoms vir jou lê en wag, en
- beplan hoe jy daar gaan uitkom.
Drie versoekings om te vermy
Soos reeds vroeër in die reeks genoem, praat Spreuke van drie hoof afdraaipaaie wat vermy moet word op dié wyse pad: “easy money” (veral in 1:10-19), “easy sex” (2:16-19 maar ’n hele paar keer verder aan!) en “easy power” (veral 3:27-35).
Dit is die drie oer-versoekings, waaroor al baie boeke geskryf is deur die loop van eeue, die versoekings van money, sex en power.
Dit is dan ook die dinge waarvan ons gesuiwer moet word. En let op dat dit eintlik metafore is vir dinge wat jou fokus weg van God af op jou eie belang plaas:
- Die versoeking van “easy money” het met gierigheid teDit gaan oor ’n obsessie met besittings, sonder om God daarin te ken, sonder om volgens sy reëls te speel.
- Die versoeking van “easy sex” of wellus, gaan oor ’n fiksasie op plesier, nie net diekant daarvan nie. Die verleidelike vrou van Spreuke is ’n metafoor vir gesteelde genot, vir verborge genot, vir plesier sonder plig, vir verleiding sonder verantwoordelikheid.
- Die versoeking van “easy power” gaan oor hoogmoed, ’n pre-okkupasie met jouself en jou status, jou voorsprong bo ander, en hoe jy die voordeel bo ander kan kry en hou, wat natuurlik pas by hoe jy jouselfNatuurlik het almal van ons mag, maar wat ons onderskei, is wat ons daarmee maak, en hoe ons dit bekom, veral hoe ons ’n onregverdige voorsprong bo ander soek, en hoe ons daaraan vashou.
Drie geestelike dissiplines om te volg
Daar is ook drie dinge kan jou help om dié versoekings nie net te bowe te kom nie, maar jou weë vas en seker te maak.
Dit is die drie eeu-oue geestelike dissiplines, die sogenaamde “threefold way”[1] waarin ’n mens nie net op die verlossing van versoekings konsentreer nie, maar ook op die lewe wat God gee.
Hier is ’n kort beskrywing daarvan waarvan die eerste dissipline met die drie versoekings te make het, en die ander twee dissiplines met God en die lewe:
- Die Via Purgativa of Katarsis het te make met die dimensie van self-ondersoek in die lig van die evangelie, waardeur die krag van die boosheid wat in ons lê, en waardeur ons versoek word, ontbloot is, om deur die lig en krag van God gesuiwer en getransformeer teDit is waarmee ons die verleiding van easy money, easy sex, en easy power voor God bring en daarvan verlossing kry.
- Die Via Illuminativa of Fotosis het te make met die dimensie van verligting wat God bring deur die waarheid en liefde wat Hy in ons lewensDaardeur kom daar groeikrag om al hoe meer Christus-gesentreerd te lewe. Dit is wanneer ons die Woord ontdek as God se lewende stem vir ons, en begin om in die lig daarvan te lewe. Dit is soos met die proses van fotosintese, wat die son op die blare van ’n plant val en die energie wat die plant indrink, dit laat groei en floreer. Só raak die Woord vir ons, ’n lig vir ons pad, ’n lamp vir ons binnekant!
- Die Via Unitiva of Theosis het te make met die dimensie van verenigingvervulling met God, Sy wil en strewe, sonder dat dit beteken het dat die mens daarmee ophou bestaan het, of die self genegeer is, maar eerder geheilig is. Dit is wanneer God se wil vir ons belangriker raak as ons eie wil, wanneer ons só passievol raak oor God se roeping dat Hy as’t ware deur ons begin skyn.
Jy sal seker wees van elke tree
Ek sluit af.
As jy nie vandag seker maak jy is op die regte pad nie, as jy nie seker maak jou weë is vas, jou koers is afgebaken nie, kan jy net moontlik uitkom waarheen jy op pad is.
- Daar is miskien paaie wat jy vandag moet toemaak, afsluit, omdat hulle jou nêrens gaan lei nie. Doen ’n bietjie selfondersoek vandag, en sluit sekere hoofstukke in jou lewe af.
- En daar is miskien ’n pad wat jy moet oopmaak. Verdiep jou in die Woord, dit is die beste plek waar jy die verligting gaan kry om God se pad te begin stap. En laat Hy jou vervul met Sy drome vir hierdie wêreld.
Dit is só dat die mens wik, maar God beskik. Maar as jou hart God s’n is, as jy soek na die wysheid en probeer om dit te onderskei, as jy jou koers af baken – sal jy seker wees van elke tree. God sal daarvoor sorg! Dit is die belofte, die evangelie , in hierdie vers.
Natuurlik moet jy sorg dat jy nie links of reg afdraai nie, en daar is baie afdraaipaaie! Maar, die belofte is, jy sal seker wees van elke tree, so lank jy loop op die afgebakende koers, wat jy van God ontvang het.
Gebed
GOD STUUR ONS OM TE LEEF
Dankoffers
Slotsang
Liedboek 524 “God roep ons om met woord en daad vir Hom te leef en werk” – staan
Seën
Amen
Liedboek 524:3 (laaste 4 reëls) “Waar kan ‘n groter vreugde wees, o Vader, Seun en Gees?” – staan