God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê – Jakobus 4:1-6

Daar is wydverspreide konflik in hierdie wêreld. Daar is die ekonomiese stryd tussen die Ooste en die Weste. Daar is die godsdienstige stryd tussen die groot godsdienste – Islam vs die Christendom, Islam vs Islam, ateïsme vs enige godsdiens. Daar is die stryd om bronne tussen die Eerste en die Derde Wêreld, of soos dit toenemend in opvoeding genoem word, die Minderheid en die Meerderheid Wêreld, die Globale Noorde vs die Globale Suide. Reg oor die wêreld is daar hierdie skerp verskille en konflikte wat die kohesie en wêreldvrede bedreig.

Waar kom die konflik vandaan?

Jakobus 4 trek vir ons die gordyn op hierdie tipe konflikte oop soos God daarna kyk. Hy gee vir ons God se verduideliking waar die destruktiewe kragte vandaan kom wat in ‘n hele aantal van die gemeentelede van daardie tyd aan die werk was en wat in die oorloë en gevegte te siene was wat onder hulle voorkom. En wat ook in die gemeenskappe regdeur die wêreld ‘n impak het.

Die onmin en konflik kom in die eerste plek van die “sondige drange wat julle ledemate soos soldate gebruik om te veg,” soos die NLV dit vertaal.

English translation: God wants the life He gives us only for Himself

Hier volg die hele erediens (more…)

Continue ReadingGod wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê – Jakobus 4:1-6

God se geduld met ons is ‘n geleentheid tot verlossing – Rigters 8

NGK Somerstrand 09:00 | 14 Mei 2023 | Kerk en Youtube (jammer, Internet was af weens tegniese probleme, daarom geen Youtube uitsending nie!)

VERWELKOMING EN AANKONDIGINGS

  • 15 Komberse vir bosslapers – Jan-Hendrik
  • Dankie vir die 8 ton trok vir Theo

Judges 8 – English Translation

(more…)

Continue ReadingGod se geduld met ons is ‘n geleentheid tot verlossing – Rigters 8

Die eenvoud van die Woord van God – 1 Samuel 3

NGK Somerstrand 09:00 | 26 Maart 2023 | Kerk en Youtube

Verwelkoming

Aankondigings

Ons vereenvoudig ons kommunikasie op Whatsapp. Klik asb op hierdie skakel om NGK Somerstrand nuus te ontvang.

  • Bybelskool – vul jou naam in op die lys in die portaal as jy by ‘n weeklikse byeenkoms betrokke wil raak
  • Veritas – vul jou naam in op die lys in die portaal as jy by die toerusting wil inskakel
  • Kleingroepe en persoonlike stiltetyd – kontak my vir opsies met Bybelstudie

(more…)

Continue ReadingDie eenvoud van die Woord van God – 1 Samuel 3

Geesvervulling en gehoorsaamheid – Efesiërs 5:15-20

Ek fokus vandag op die werk van die Gees soos Paulus dit vir ons in Efesiërs uitlê, meer spesifiek in hoofstuk 5:15-20 waar hy oor die vervulling deur die Gees praat.

Gewoonlik fokus ek op ‘n perikoop en lê dit uit sodat ‘n mens die boodskap van die gedeelte kan toepas in jou lewe. En ek gaan dit ook vandag doen.

Maar, ek gaan begin deur eers ‘n dwarssnit deur Efesiërs te gee en te fokus op die werk van die Gees wat ons regdeur die brief lees. Ek gaan dan Efesiërs 5:15-20 gebruik om die praktyk van hierdie lewe saam met die Gees uit te spel. Ons moet leer dat Geesvervulling lei tot gehoorsaamheid; en dat gehoorsaamheid lei tot Geesvervulling.

English Translation: Ephesians 5

Verwelkoming

(more…)

Continue ReadingGeesvervulling en gehoorsaamheid – Efesiërs 5:15-20

Luister na Hom – Matteus 17:1-8

Luister na Hom – Matteus 17:1-8

NGK Somerstrand 09:00 – 19 Februarie 2023 – Afskeidsdiens Chris van Wyk

Translation: Matthew 17_1-8

Verwelkoming

Aankondigings

Toetrede

Flam 5 – Daar is geen grens aan u guns en genade – sit

Flam 21 – In die hemel is die Heer – sit

Votum en Seëngroet

Lofsang

Psalm 100:1-3 – Juig almal tot Gods lof en eer – staan

Lied 492:1-2 – In U is vreugde – orrel en dan gemeente – sit (more…)

Continue ReadingLuister na Hom – Matteus 17:1-8

Matteus 5:13 – Julle is die sout vir die aarde

NGK Somerstrand belydenisaflegging 09:00 – 12 Februarie 2023

English Translation: Matthew 5_13-16

Verwelkoming

Toetrede

Flam 22 Ek soek U, o God, my God – staan

Flam 113 Here Jesus, U skyn oor almal – staan

Votum en Seëngroet

Lofsang

Lied 524:1-3 God roep ons om met woord en daad – staan

Vonkk 23 (Afr, Eng, Afr) – Jesus, U is die lig in ons lewe – staan

Gebed

Kindertyd (more…)

Continue ReadingMatteus 5:13 – Julle is die sout vir die aarde

Hebreërs 1:1-14 – God praat vandag nog met ons deur sy Seun

Kersfeesdiens | 25 Desember 2022 | Kerk en Youtube

Verwelkoming

Aankondigings

Kollekte by die deure gaan vir Barmhartigheid. Ons het verlede jaar R21 000 ingesamel vir die drie groot projekte wat ons het. Theo Havemann se projek by Noordhoek en Barcelona, die ACVV projek van Elsje Nelson en Cecile Lategan, en die MTR Smit projek van Laetitia Greyling.

Toetrede

Lied 367:1 Ere aan God (staan)

Votum en seëngroet

Lof

Lied 364:1-3 Herders op die ope velde (staan)

Lied 349:1-4 Kom, kinders, besing met ‘n vrolike stem (sit)

Kindertyd

Het julle lekker geskenke gekry? Het jy van die geskenke saamgebring? (more…)

Continue ReadingHebreërs 1:1-14 – God praat vandag nog met ons deur sy Seun