Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig

Bloemendal 13 Maart 2016

Pa- en Ma-Koedoe moes vir twee dae na ‘n ver plek vir noodsaaklike sake vertrek.  Hulle roep hulle koedoe-kindertjies bymekaar en vra mooi dat hulle by die ander koedoes in die ruigtes moet bly.  Die kinders mag onder geen omstandighede naby die rivier gaan nie, want daar skuil gevaar.  Koning Leeu is in die omgewing en ‘n hele klomp luiperds het hulle by die rivier tuisgemaak.  Dis doodsake.  Die klein koedoetjies beloof hand en mond hulle sal gehoorsaam wees.

Toe pa en ma terugkom, is die kinders skoonveld.  Dit gee ‘n vreeslike soektog af.  “Moet ons nie by die rivier gaan kyk nie?” vra Oupa-koedoe, ‘n ringkop in die koedoe-familie.  Einde ten laaste, toe dit al amper donker was, soek die koedoes rivier langs.  Hulle kom op ‘n klomp klein koedoe-ore af wat daar teen die rivier se wal lê.  Leeu-spore lê die hele wêreld vol. Die oortjies is al wat van die ongelukkige koedoes oorgebly het.

“Nee,” sê pa- en ma-koedoe, “dis beslis nie ons kinders se ore nie, want ons kinders hét nie ore nie!” (more…)

Continue ReadingJob 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig

Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.”

omarm1Ek onthou uit my jeug die impak wat Alexander Solzhenitsyn se One Day in the Life of Ivan DenisovichDie Dag van Ivan Denisowitsj – op my lewe gehad het (Haum: vertaal deur Leo van der Westhuijzen).   Met die beskrywing van dié een dag kom jy agter hoe hy dag vir dag die hoop behou, een dag op ‘n slag.

Ivan is in een van Stalin se strafkampe gesit in die koue Siberië omdat hy van drostery uit die weermag aangekla is, ‘n valse klag, maar daarvoor moes hy harde handarbeid verrig in die strafkamp.  ‘n Uitmergelende verhaal van ontbering, maar ook van die triomf van die gees.

Ek onthou hoe Ivan – meesal Sjoekof, sy ander naam, genoem in die boek – dié dag besonder honger was, en met middagete gehoop het dat hy twee bakkies pap sou kon bewerkstellig vir homself deur iets vir die ondervoorman van die gevangenes, Pavlo, te doen.  En ek onthou soos gister die angs wat hy ervaar as hy die eerste bakkie pap te vinnig eet, nie genoeg vertroetel in sy mond nie, en dan agterkom dat hy miskien die tweede bakkie pap gaan mis.  Die eerste bakkie pap voel dadelik vermors.

En ek onthou die vreugde as daardie tweede bakkie pap voor Ivan neergesit word, en Pavlo vir hom omgee, ‘n hart vir hom het, genoeg om vir hom ‘n ekstra bakkie pap te gee.  Ivan het besonder lank aan dié bakkie pap gesuig-eet, elke mondjievol vertroetel in sy mond, die helfte van sy brood in sy sak gebêre om die aand in die bed verder aan te suig-kou.

Só het Ivan dit gemaak regdeur die tyd in Siberië in een van die koudste bewoonde dele wat ons op hierdie aardbol het, deur dag vir dag te lewe, elke dag uit te kyk vir die bietjie omgee wat selfs in dié godverlate plek beskikbaar was, ook soms self ‘n bietjie omgee uit te deel, en wat sy hoop brandende gehou het.

Hier volg die hele erediens (Afrikaans) – (English) (more…)

Continue ReadingMatteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.”

Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf

PP-liefhe2Ek wil na die verhaal kyk op drie maniere.

  1. Eerstens die gewone feite van die verhaal – die landscape of action soos dit bekend staan in die narratiewe praktyk.
  2. Tweedens die dieper betekenis van die verhaal – die landscape of consciousness or identity.
  3. Derdens hoe ons God hierin raaksien en ons Hom kan navolg – die landscape of transcendence (Monteleone).

Dit is ‘n metodiek wat jy met enige verhaal in die Bybel kan volg om die betekenis daarvan vir jouself te ontsluit.

Hier volg die hele erediens: (AfrikaansEnglishPowerPoint)

(more…)

Continue ReadingLukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf

Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem

Oorgawe

1aOns is besig met ‘n reeks Volg.  Ons leer uit die evangelies hoe om Jesus te volg.  Vanaand is die tema Oorgawe.  Ons tel die verhaal van dissipelskap op in Matteus 16. English (Word)

Jesus is in die streke van Sesarea-Filippi in die noorde van Juda, so 40 km noord van die See van Galilea.  Petrus het so pas bely dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God (16:16).  Jesus het hom daarmee gelukgewens en gesê dit is ‘n openbaring van God self:

“dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.”

Jesus was so opgewonde daaroor dat Hy verder gegaan het, en daarby gevoeg het:

“Jy is Petrus, en op hierdie rots – Petrus se belydenis sowel as sy leierskap – sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”

Jy sit ook miskien vanaand hier en kan getuig van dieselfde wonderlike besef dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God.  En jy weet dit is iets wat van God af kom. Iets wat jy nie noodwendig kan verklaar nie, maar iets wat jou binnekant tot rus gebring het voor God.

En onthou, as dit nie jou ervaring is nie, dít is waarvoor ons as gemeente daar is, om jou in ‘n ervaring met die lewende God te begelei.  Ons word deur die twee woorde op die baniere hier voor gekenmerk: Ons luister na en ons leef vir God. (more…)

Continue ReadingMatteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem

Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom?

Ons wil behoort en van betekenis wees

PP-luisterOns het almal twee sterk en baie algemene menslike behoeftes.  Ons wil êrens behoort en ons wil iemand van betekenis wees.  Ons wil inpas in ‘n netwerk van verhoudinge en iets in daardie netwerk beteken. Ons het dus mense nodig wat ons aanvaar soos ons is. En ons het mense nodig vir wie ons belangrik is, in wie se lewe ons ‘n rol kan speel – en omgekeerd.

Dit is waarskynlik die kern van die probleem van ons land – dat mense, weens ons geskiedenis sowel as weens die vooroordele wat ons teenoor mekaar het, sukkel om te behoort, en om van betekenis te wees.  Ons sukkel om ‘n gemeenskaplike identiteit te ontwikkel.  Ons sukkel om ‘n ruimte te skep dat mense voel hulle hoort by mekaar, en dat hulle bydrae van betekenis geag word, van watter kant van die spektrum hulle ook al af kom.

Dit is nie anders in die kerk van die Here Jesus Christus nie.  Ons wil aan ‘n geloofsgemeenskap behoort en ons wil iemand van betekenis in daardie gemeenskap wees.  Ons wil saam die Here aanbid en saam die Here dien. Om dit op jou eie te doen, is moontlik, maar altyd ‘n bietjie van ‘n alleenpad.

Dit is immers waarom ons vandag hier in die erediens is.  Ons is hier omdat ons voel ons hoort hier, of ten minste dat ons soek daarna om hier te behoort.  En ons wil van betekenis wees hier, die idee kry dat ons gawes en ons talente en ons bydrae ‘n verskil maak.

Hier volg die hele erediens: Afrikaans (Word)English (Word);  PowerPoint …

(more…)

Continue ReadingMarkus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom?

Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand

RespekteerVooroordele wurg tans ons gemeenskap tot stilstand.  Dit is my oortuiging as ek oor die gebeure van die afgelope tyd reflekteer.  Mense skiet mekaar af op grond van vooroordele wat hulle oor ander het.  Dit is veral sigbaar op die sosiale media, en nie net in die direkte woorde wat mense gebruik nie, maar ook in die insinuasies en onderliggende aannames oor ander.

Die impak daarvan is groot – bedoeld of onbedoeld, verdiend of onverdiend.  ‘n Hele paar mense het al hul werk verloor, ander moes hulle huise verlaat, kinders lei daaronder, klagtes is oor en weer gelê, en daar is ‘n oorvloed van artikels wat geskryf word om veral die rassistiese ondertone van baie van die sosiale kommentaar uit te lig en te verklaar.

Ons het regtig ‘n uitkoms uit hierdie onverkwiklike vertekening van mekaar en die duidelike impasse in die versoeningsproses in ons land nodig.  Ons vooroordele oor mekaar moet afgebreek word, anders sal ons land in vlamme opgaan.

En dit is nie net daarbuite in die gemeenskap waar vooroordele mense bedreig nie.  Vooroordele is ook sigbaar in die kerk, in die wyse waarop ons veral nuwe mense of mense wat anders as ons dink, hanteer.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (Word: Afrikaans + English; PowerPoint) (more…)

Continue ReadingLukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand

Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here

Oujaarsdiens 2015

Verwelkoming

Votum en Seëngroet

Lofsang

Psalm 119:18,19

Terugblik op die land in 2015

Wayde van NiekerkAs ons terugkyk op 2015 is daar waarskynlik verskillende dinge wat vir ons uitstaan.  Sommige dinge was goed.  Ander sleg.  Daar was mylpale wat ons bereik het.  Daar was slaggate waardeur ons gestruikel het.

Vir my was twee van die hoogtepunte: Wayde van Niekerk se 400 meter Wêreldbyeenkoms goue medalje in Beijing met ‘n SA rekordtyd van 43.48 sek. en Anaso Jobodwana se bronsmedalje, ná Usain Bolt en Justin Gatlin in ‘n SA rekordtyd van 19.87.  Daar was ook ‘n besonder goeie prestasie van Carina Horn in die 100 meter vroue by ‘n byeenkoms in Madrid waar sy die SA rekord van 11.06 geëwenaar het met haar derde plek. (more…)

Continue ReadingPsalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here

Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite

Kolossense-3_12-17Dit is uiters belangrik om oor jouself vanuit jou verbintenis met Christus Jesus te dink.  Want dit beïnvloed alles.  Vir Paulus is die opstanding nie iets wat net met Christus gebeur het nie.  Dit is iets wat ook met ons gebeur, die oomblik as ons in Hom glo.  Ons status verander.  Ons is in Christus nie meer dood in ons sonde nie, maar opgewek in ‘n nuwe lewe.  Trouens, ons lewe is verborge in God.  En daarom is ons toekoms verseker.  Saam met Christus sal hierdie status aan die einde van die tyd vir almal bekend word, wanneer Christus weer verskyn.

Daarom moet ons ons gedagtes rig op die dinge daarbo.  Paulus bedoel natuurlik nie dat ons net oor die hemel moet dink, en glad nie oor die aarde nie.    Dit spel hy juis in hoofstuk 3 uit.  Die dinge van die aarde is dinge soos onsedelikheid (porneia), slegte begeertes, gierigheid en afgodery, soos ons netnou gelees het met die wet as reël van dankbaarheid.  Dié dinge moet nie deel van ons denke of lewe wees nie.  Die dinge daarbo is die dinge wat deel van ons denke moet wees, dinge soos meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid.  Dit moet ons denke volmaak. (more…)

Continue ReadingKolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite

Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde

GeseendeKersfees“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae.”  Dit staan in die sentrum van die Kersverhaal. Die woorde is die basis van ‘n lied wat in baie kerke veral gedurende Kersfees gesing word en wat ons ook vandag aan die einde gaan sing. Dié engelelied word dikwels afgekort, deur bloot te verwys na Gloria in Excelsis of slegs Gloria.

Saam met Christene uit byna alle kerklike tradisies oor die wêreld sing ons as Gereformeerdes elke Kersfees: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae.”

Hoekom?  Want, dit is wat ons raaksien in die verhaal oor die geboorte van ons Here Jesus Christus.  Sy geboorte handel oor sy vrede wat deurbreek op die aarde.

  • Dit handel oor die vrede wat daar met God kom deur sy versoeningsdood aan die kruis. Dit handel oor die las van sonde wat van ons skouers afval.  Dit handel oor die vryheid wat ons ervaar deurdat God ons skuld afskryf, en ons in ‘n vrymoedige verhouding met Hom bring.
  • Dit handel ook oor die vrede wat daar tussen mense van baie verskillende agtergronde kom in die kerk wat die Here in Jerusalem en wyer van die bekende wêreld van daardie tyd skep. Hy maak van vyande vriende.  Hy breek die muur van skeiding af tussen Jood en heiden, tussen Griek en Romein, tussen slaaf en vryman.  Hy skep ‘n gemeenskap waarin vreedsame naasbestaan ‘n werklikheid word.

Hier volg die hele erediens: (more…)

Continue ReadingLukas 2:1-20 – Vrede op aarde

Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming

MariaMaria, die moeder van Jesus, speel ‘n relatiewe klein rol in die Nuwe Testament, maar die rol wat sy wel speel, beide in die Nuwe Testament asook in die lewe van gelowiges oor die wêreld en oor die eeue heen, is onvervangbaar. Haar loflied is ook van groot betekenis, want dit dien as belangrike bron waardeur God Homself openbaar en Hy ervaar word. Dit bring aan ons die boodskap van ‘n God wat beloftes van ontferming gee.  God is die Barmhartige, die Een wat Hom ontferm.  Daarop kan ons staatmaak.

Soms word Maria se lied egter ook gevaarlik genoem. Hoekom?  Want, as ‘n mens dié belofte van ontferming reg hoor, besef ‘n mens dis ‘n gevaarlike lied vir mense wat tevrede en knus in hulle gemaksones leef, vir mense wat baie het en nie omgee vir hul medemens nie. God se ontferming kan juis vir dié wat sonder ontferming leef, ‘n uitdagende boodskap word.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingLukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming