We are and make disciples – Luke 10:1-16

Logo270x135I am talking tonight about the important value of our church: We are and make disciples. And one can say a lot about this. Discipleship has to do with the way we have fellowship with the Lord. It has to do with the Bible. It has to do with the Holy Spirit. It has to do with our lifestyle. It has to do with the way we reach out and care.

But I want to connect it today to one aspect on the basis of a text that brings everything together, which helps us understand that who we are and what we do in the process of discipleship can hardly be explained better as with the concept of hospitality.

So I have chosen one of the master stories about discipleship that puts the whole idea of ​​hospitality on the table, and specifically the hospitality of those that receive us, the people to whom we reach out. For it is through hospitality that we receive the peace and fellowship of God. And that is the way it was through the centuries.

We read Luke 10: 1-16. (more…)

Continue ReadingWe are and make disciples – Luke 10:1-16

HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24

Wat is heiligheid?

AndersEendersWebsliderDie woord heiligheid laat ons op verskillende maniere reageer.  Sommige van ons dink terug aan ‘n baie preutse opvoeding waar ons niks op Sondae mag gedoen het nie – geen Sondagkoerant nie, geen werk op Sondae nie, geen studies op Sondae nie, geen swemmery op Sondae nie, geen brood of melk by die kafee op Sondae nie.  Hoekom nie?  Want Sondag was vir ons die Sabbat van die Here wat ons moes heilig. Ses dae moet jy werk, en die sewende dag rus.  Dié dag was heilig.  Daar was dinge wat dus afgekeur is en waarin ons beperk is.

Daar is ook ‘n aantal ander dinge wat ons moes doen op Sondae, bv. kerk toe gaan op Sondae, tyd spandeer aan mekaar as familie, mense besoek in die hospitaal, Bybellees en bid, gaan kuier by vriende.  Daar was dus ook dinge wat aangemoedig is.

Net – die dinge wat afgekeur is, en dié dinge wat aangemoedig is, was nie altyd vir almal ewe aanvaarbaar nie.  Die verbod op studie kon nog gaan, want dit was eintlik ‘n belangrike stukkie rus van die inspanning van die week, maar daardie slapery op ‘n Sondagmiddag!  Dit het net vir my geen sin gemaak het nie, of te wel, nie terwyl ek jonk was nie! Ek dink my ouers het dit geweldig geniet!  Behalwe, ek onthou nog baie goed die keer toe ek en my broer uitgesluip het en gholfballe rondgeslaan het, en toe natuurlik seil een deur ons kamerruit.  Groot konsternasie.  Groot pak slae.  Wonder nou nog waaroor my pa só kwaad was.

Heiligheid het in ons herinnering dus veral met dinge te doen wat vir ons taboe was, dinge wat ons nie moes doen nie, wat verbode was, beperk, afgekeur … en dan ook dinge wat ons moes doen, dinge wat toegelaat is, dinge wat aangemoedig is, dinge wat met ons toewyding aan die Here te make gehad het, wat afgesonder was vir spesiale gebruik.

Heiligheid het dus vir ons te make met afkeur en aanmoediging, met taboes en toelatings, met uitsluiting en insluiting.

Wat keur die Bybel af en wat moedig dit aan?

Hier volg die hele erediens (more…)

Continue ReadingHEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24

LIEFDE – Romeine 13:8-14

AndersEendersWebsliderEk gaan vanoggend net twee goed doen.

  1. Ek gaan iets sê oor die liefdesgebod wat uit die OT gemotiveer word, om jou te help om die OT as die Woord van God vir jou lewe te hoor.
  2. En ek gaan iets sê oor die liefdesgebod se implikasies soos Paulus dit hier in die NT vir die Romeine uitlê sodat jy daarvolgens kan leef.

LUISTER en LEEF.  Ons gemeente se visie.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (Afrikaans, English): (more…)

Continue ReadingLIEFDE – Romeine 13:8-14

God is BARMHARTIG – Psalm 112

God-give-me-strenght
O God give me strength – Lied uit The Insanity of God

Ek is dié week diep in my hart getref deur die verhaal van Dmitri, soos vertel deur Nik Ripken (luister na die verhaal by hierdie skakel).

Dmitri het grootgeword in die tyd toe die kommunisme dit baie moeilik gemaak het vir gelowiges en veral kerke om in Rusland te oorleef.  Sy pa het hom nog kerk toe geneem en geleer om die Bybel te lees en die liedere te sing van hulle kerk, maar dit het toenemend moeiliker geraak om kerk toe te gaan, omdat die regering die kerke toegemaak het.

Later was dit vir hom en sy gesin, vrou en twee kinders, net moontlik om een of twee keer ‘n jaar kerk toe te gaan.  Hy was ‘n fabriekswerker en die naaste kerk was later drie dagreise ver.

Hy het egter besluit om die Bybelverhale vir sy kinders te lees en só die Bybelse boodskap lewend vir hulle as gesin te hou.  Dit was groot pret en die seuns het lustig deelgeneem om ook self die verhale te vertel, en die liedere wat hulle pa hulle geleer het, te sing.

Gou het van die bure besluit om saam te kom luister, sodat hulle later ‘n groep van so 25 was wat een keer ‘n week saamgelees en gesing het.  Die owerhede het bewus geraak daarvan, hom gewaarsku, en uiteindelik het hy sy werk verloor toe die groep so 50 sterk was. Maar, hulle het voortgegaan al het ook sy vrou haar werk as onderwyser verloor en die kinders uit die skool geskop is.  Dmitri praat daarvan as “klein dingetjies” wat met hulle gebeur het.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS – Teks in WORD aan einde van bydrae – Afrikaans and English

(more…)

Continue ReadingGod is BARMHARTIG – Psalm 112

God is REGVERDIG – Psalm 111

Opgraderings en opdaterings

iPhoneEk is gefrustreerd.  Waarmee?  Met Apple. Hoekom? Want, ek is al op my derde iPhone en ek hou nog steeds van die gevoel van my eerste een, die iPhone 4s.  Daardie selfoon pas so lekker in jou hand.  Dit balanseer perfek.  Jy kan heerlik met een hand werk daarmee.

Ja, die iPhone 5s was vinniger en ‘n bietjie groter, en die iPhone 6 was nog vinniger en nog ‘n bietjie groter, maar nou is daar alweer ‘n nuwe iPhone 6s … dit hou net nooit op nie.  Jy is net nooit by nie.  En iOS 5 op die iPhone 4s het iOS 6 en toe 7 en toe 8 en toe 8.4 en toe 8.4.1 geword, en ook dít is nou iets van die verlede, ons het iOS 9 binnekort.

Wonderlike bedryfstelsel – sal natuurlik onmiddellik geïnstalleer by my op al my Apple produkte – maar dit bly frustrerend. Hoekom?  Want nou moet al my 188 toeps opgedateer word, op al my toestelle … en daarvoor moes ek my ADSL lyn al opgradeer, omdat dit so ‘n uitdaging geword het op ‘n stadiger lynspoed.  Opgraderings en opdaterings maak ‘n mens mal, en iemand maak geld daaruit, my geld!

En dan praat ek nie eers oor Windows 10 nie … opgradering en opdatering het die nuwe manier van lewe geword. Alles word opgegradeer en opgedateer. Niks hou vir ewig nie.  Niks bly dieselfde nie.  En dit is nie net die tegnologie nie.  Wat van motors, en badkamers, en kombuise, en klere … en lewensmaats?  Niks bly dieselfde nie, nie waar nie?

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS – In Afrikaans and English: (more…)

Continue ReadingGod is REGVERDIG – Psalm 111

God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16

Erediens 6 September 2015

Lusmaker:

Ons leef in ‘n wêreld wat ‘n vals beeld van God het.  Dit is hierdie valse idee: God is nie gepla oor sonde nie.  Maar die beeld van God as iemand wat nooit oordeel nie, wat nooit nee sê nie, wat nooit berispe nie, wat nooit ‘n skewe woord vir ons sê nie, is ’n vals beeld van God. H. Reinholdt Niebuhr, ’n Amerikaanse teoloog, beskryf die valsheid van só ‘n tipe spiritualiteit as volg: “’n God sonder oordeel bring mense sonder sonde in ’n koninkryk sonder geregtigheid deur die bediening van ’n Christus sonder ’n kruis.

Die ware beeld van God is: God se liefde behels genade en oordeel.  Dit is die prentjie van die eerste bladsy van die Bybel tot by die laaste bladsy daarvan.  Adam en Eva, ons archetipe voorouers, word die tuin van Eden en die boom van die lewe verbied, toe hulle die verbode boom van alle kennis téén God se bevel in, eet.

Hoe wonderlik dat die laaste bladsye van die Bybel wel praat van juis hierdie boom van die lewe wat vir God se mense aangebied gaan word … terwyl die ander, die goddeloses, buite moet staan en toekyk.  “Geseënd is dié”, sê Johannes in Openb. 22: 14wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.”  Maar hy sê ook: “15Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieërs en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen.”  Genade en oordeel.

Wat ons moet verstaan, is dat God se oordeel nodig is om al die onreg, al die verkeerde dinge in hierdie wêreld, al die pyn en lyding, sonde en siekte, boosheid en dood, reg te stel. Ons hele wêreld smag immers na regstelling en regverdigheid!  En dit kan nie gebeur sonder dat daar ook oordeel is nie.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS; Word lêers (in Afrikaans en Engels) sowel as PowerPoint.  Ook die kleingroepmateriaal en huisgeloof. (more…)

Continue ReadingGod is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16

1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê

Twee gebeure in die nuus staan vir my uit dié week.

Die een is die regering se flagrante ignorering van die hofbevel wat hulle opdrag gee om president Omar al-Bashir van Soedan in hegtenis te neem.  Daarmee het die regering sy eie aanvaarde wetgewing oortree, sowel as die grondwet en die internasionale verbintenisse wat die regering tevore aangegaan het.

Die ander is die tragiese moord van nege swart Christene deur die 21-jarige Dylann Roof in Charleston, South Carolina.  Volgens die polisie was Dylann se motivering om ‘n rasse-oorlog te ontketen.  Daarmee het hy die mees fundamentele beginsel van die liefde, spesifiek die gebod tot naasteliefde oortree.

Nou, ek weet, dinge is op politieke vlak nie so eenvoudig nie, en daar is ‘n konflik van belange tussen diplomatieke immuniteit vir staatshoofde en die handhawing van die reg, maar die feit bly dat die grondwet oortree is.  Die uitsprake van ‘n hof is doelbewus geïgnoreer.  En die impak daarvan kan ‘n groot invloed uitoefen op die pad wat met ‘n hele paar ander sake in ons land gevolg sal word.

Daar is alreeds groot moeilikheid met ons kragvoorsiening, met die verskaffing van basiese dienste, met onderwys, met grondsake.  Lees maar net RW Johnson se How long wil South Africa survive? The looming crisis, om te weet hoe beroerd sake werklik is.  Hy skryf oor die rasgebaseerde nuwe klassifikasie van mense wat juis die nie-rassigheid van die nuwe Suid-Afrika bedreig.  Hy skryf oor die effek van regstellende aksie wat ‘n oorlog van kulture op alle terreine van die samelewing veroorsaak en ons terugdwing in die loopgrawe van ons eie kulture.  Hy skryf oor die groeiende ekonomiese ongelykheid wat eintlik net ‘n klein elite groepie bevoordeel en nie die onregte van die verlede regstel nie.

Waar die reg nie meer gehandhaaf word nie, is ons uitgelewer aan die grypsug en selfsug van dié wat die mag in die hand het.  En dit kan die dood in die pot wees vir harmonie in ons land.

Hier volg die hele erediens: (more…)

Continue Reading1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê

Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart

Die leë graf

Ons teks begin waar Maria Magdalena, Petrus en die ander dissipel (Johannes) by die graf aankom.  Hulle sien die klip is van die graf weggerol.  Vir Maria beteken dit net een ding: Hulle het die Here Jesus uit die graf weggevat, en sy weet nie waar Hy nou begrawe is nie.

Petrus en Johannes bekyk die leë graf, maar dit maak nie vir hulle sin nie.  Duidelik het die dissipels nie rekening gehou met die moontlikheid dat God Jesus uit die dood sou opwek nie.  Vir hulle is die graf, nou die leë graf, nog onverstaanbaar.

Daarom huil Maria.  Eers was daar darem nog die liggaam van die Here, wat sy volgens Joodse gebruik sou kon versorg.  Maar nou is daar niks.  Ook die stoflike oorskot van Jesus is weggeneem en iewers anders begrawe.

Die dissipels, Petrus en Johannes, sien die leë graf.  Dan draai hulle om en gaan huis toe.  "Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie." (vers 9).

Continue ReadingJohannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart

Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart

Hoofstuk 18-20 is die verhaal van:

  1. Jesus se inhegtenisneming  en verhoor,
  2. Jesus se kruisiging,
  3. Jesus se opstanding en
  4. Jesus se verskyning aan sy dissipels.

Hoofstuk 21 sluit die evangelie af met die herstel van Petrus se verhouding met Jesus.

Ons gaan vandag die hele kruisigingsverhaal lees soos Johannes dit in hoofstuk 18-19 vertel en Sondag fokus op die 1ste opstandingsverhaal in hoofstuk 20.  Ons gaan dit voorlees en onderbreek met liedere en tyd vir stilgebed.

Ek wil egter ‘n paar opmerkings maak voor ons lees.  Daarna gaan ons nagmaal vier.

Continue ReadingJohannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart

Simson – God werk met randfigure – Rigters 13

Inleiding

Ons kan ons moeilik indink in die chaos wat in Israel geheers het in die 12de en 11de eeu v.C.  Die boek Rigters vertel vir ons ‘n hele paar keer dat “elkeen gedoen het wat reg is in sy eie oë” (17:6; 21:25).  Daar was min mense wat die moed gehad het om die regte goed te doen. 

Selfs die Rigters wat in die naam van God optree, het ernstige karakterfoute gehad.  Kom ek skets vir jou twee van hulle:

Continue ReadingSimson – God werk met randfigure – Rigters 13