Reeks oor gasvryheid
Ons het 'n reeks oor gasvryheid gedoen in die vierde kwartaal 2010. Iemand het my gevra daarna. Daarom het ek hier 'n opsomming gemaak van al die temas en die…
Ons het 'n reeks oor gasvryheid gedoen in die vierde kwartaal 2010. Iemand het my gevra daarna. Daarom het ek hier 'n opsomming gemaak van al die temas en die…
Ek het dié week regtig gesukkel om die woord van die Here te onderskei. Daar is so baie wat oor hierdie gedeelte gesê kan word. Ek het daaroor geskrywe vir die Bybelskool, ek het so drie keer ’n halwe preek geskryf, en dan weer vasgehaak. Ek het gebid en gewag, en ons het by die sel hieroor gesels en ’n hele klompie wonderlike insigte gedeel.
Maar ek kon net nie hoor wat die Here vir ons as gemeente wil sê nie.
Ons Vader neem ons hande en maak ons één
Gelukkig moes ek die week ’n lied se woorde leer, een wat Cantatori nou-nou gaan sing. Lied 532 in die Liedboek: So nimm denn meine Hände van Friedrich Silcher, waarvan ons die weergawe van Hans du Plessis in ons Liedboek het: Ons Vader neem ons hande en maak ons één.
En toe ek die lied oor en oor lees, so tussen die preekmaak deur, het ek skielik besef, maar dié lied gee vir my die invalshoek wat ek nodig het. En het ek uiteindelik rigting gekry, omdat dit so presies is wat die tipe reaksie is wat Jesus van ons vra in hierdie gedeelte. Want sien, ek kan sê wat hier staan, ek kan dit in konteks plaas, maar my probleem was om te weet wat ons reaksie daarop moet wees en die woord van die Here daar rondom te verkondig.
En dit is wat die lied my mee gehelp het. Dit voel vir my asof Silcher Johannes 13-14 gelees het toe hy dié lied gekomponeer het – het nie ’n manier gehad om dit uit te vind nie. Maar u kan self beoordeel, uit die aanhoor van die lied. Luister na 2 van die verse:
Skriflesing Die verhaal van die broodvermeerdering vind plaas net voor ‘n Paasfees aan die oorkant van die See van Galilea (by Tiberias – die dorpie is in 22 nC gebou…
Dit is ongelooflik hoe een enkel gebeurtenis die wêreld kan verander.
1994 was ’n jaar van 2 sulke gebeurtenisse:
’n Enkel gebeurtenis kan ’n land en ’n wêreld verander!
Christus is opgewek uit die dood
So ’n gebeurtenis is ook die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Op Paassondag amper 2000 jaar gelede is Jesus Christus opgewek uit die dood (ongeveer 27 vC van ons jaartelling). En dit het ons lewe totaal verander. Nie net die lewe van 45 miljoen mense nie, maar inderdaad biljoene, selfs nie net dié wat vandag lewe nie, maar dié wat voor Hom gelewe het, en dié wat nog kom. Voorwaar ’n verandering wat die wêreld verander het.
Aanbidding 387:1-4 O Heer, uit bloed en wonde 391:1,3,5 Vervul, o Heer, my hart 395:1-3 My Verlosser aan die kruis Jesaja 52:13-53:12 Woordverkondiging Fynbos groei in ’n strook van 100…
EK IS uitsprake oor Jesus:
Gesprekke met 5 rolspelers in die kruisigings- en opstandingsgebeure:
16 liedere – 11 koorstukke (2 solos deur Elsje Nelson) en 5 gemeenteliedere
Die kerkvaders het graag die arend as simbool vir die evangelie van Johannes gebruik, nie net omdat die arend die hoogste van alle voëls kon vlieg nie, maar ook omdat mense gereken het dat die arend die langste in die son kan kyk. Die evangelie van Johannes was dus vir die vroeë kerk nie net die hoogtepunt van die beskrywing van die goeie nuus oor Jesus nie, maar ook een van die diepste openbarings van die wese en bedoelinge van God self.
En hoofstuk 11 is ’n besondere kykie in dié openbaring van die wese van God. En wat dit besonders maak, is dat dit nie vanuit die hoogtepunte van die lewe daarna kyk nie, maar vanuit die laagtepunte, vanuit die hartseer van ’n Marta en Maria oor hulle broer Lasarus se dood.
Want sien, dit is een ding om oor God te praat wanneer alles goed gaan, wanneer alles vlot verloop, wanneer dinge uitwerk. Maar waar is God en hoe is God wanneer dinge skeef loop, en dinge nie uitwerk nie? Dit is wat die verhaal van Lasarus vir ons wil vertel.
Ons het hulp nodig om te kan sien
Armes help ons sien
Dit is ook waar van die lewe. Ons het hulp nodig om dit wat regtig aangaan, raak te sien. Weer ’n verhaal uit Indië, wat tans in die nuus is met die krieket finaal gister in Moembaai. Shane Claiborne (The Irresistible Revolution 2006) spandeer sy lewe daaraan om die evangelie na armes te neem. Hy het onder andere in die krotbuurte van Kalkutta gewerk, in die oorlogsgebiede van Irak, en ook intens gewerk aan die versorging van armes in die VSA. Hy vertel hoe ons oë vir die lewe oopgemaak word deur die armes en die straatlopers:
Die hele Bybel gaan oor sien
Dit is ook waar van die Bybel en van die verhale wat ons daarin lees. Dit help ons sien wat ons anders heeltemal sou mis. Let op hoe hierdie hele gedeelte sinspeel op die vermoë om te sien, asook die afwesigheid van sien – om blind te wees.
Geen wonder nie, want Jesus noem Homself die Lig vir die wêreld (9:5). In Johannes 8:12 net hiervoor sê Jesus: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Die Christelike lewe kan op verskillende maniere beskryf word. ‘n Mens kan sê dat dit oor God gaan wat hierdie wêreld met sy liefde en genade wil oorrompel – die sogenaamde Missio Dei. ‘n Mens kan sê dat dit gaan oor die koninkryk van God gaan waaraan ons as gemeente meewerk.
Maar, in die praktyk van elke dag gaan dit doodgewoon oor ‘n Christelike lewenstyl. Dit is wat mense van ons raaksien. Dit is die cutting edge van die Christelike lewe, nie wat ons sê oor God of oor die kerk of oor die koninkryk nie, maar wat ons leef.
Paulus sê op ‘n kol: “Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees” (Fil 1:27).
Een van die maniere waarop die kerk deur die eeue hierdie Christelike lewenstyl aangeleer en gekoester het, was deur praktiese geestelike gewoontes.
En dit is met dié bril wat ek na hierdie perikoop in Jesaja wil kyk, om agter te kom, wat se lewenstyl verwag God van ons? Hoe wil Hy hê moet ons lewe? Of anders gestel, wat wil God hê moet ander in my lewe raaksien?
En daar is drie dinge wat vir my hier uitstaan van die tipe lewenstyl wat God van ons vra, drie geestelike gewoontes wat ons moet beoefen – dit het met die onderhouding van die sabbat te make, met die insluiting van anderse mense, en met gebed.
Die uitkoms is hier
Dit is ’n ongelooflike goeie tyding om in ballingskap te hoor. Om te hoor dat jou swaarkry verby is, dat jy geboet het vir jou sonde, dat die pyn en lyding verby is, en jy weer vry kan asemhaal.
En onthou, die vorige 39 hoofstukke van Jesaja het ’n donker prentjie geteken van hierdie volk – dat hulle God nie ken nie; dat hulle hul roeping om ’n lig vir die nasies te wees, versaak het; dat hulle leiers hopeloos was, en hulle van die wal in die sloot gehelp het.
’n Mens kan amper die sug van verligting hoor by die volk. Na al die jare is daar weer verligting, ’n uitkoms.