Waak en bid – die hele reeks
Gebed ontsluit God se krag Ek het al baie oor gebed gepreek. Ook verskillende Pinksterreekse oor gebed gehou. Maar, hierdie reeks is anders. Hierdie reeks is vir gelowiges wat dieper…
Gebed ontsluit God se krag Ek het al baie oor gebed gepreek. Ook verskillende Pinksterreekse oor gebed gehou. Maar, hierdie reeks is anders. Hierdie reeks is vir gelowiges wat dieper…
Welkom by hierdie uur van gebed. Jy weet reeds dat ons op twaalf maniere gaan bid. Min of meer 5 minute vir elke element. Ek hoop jy is op ‘n…
Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef Esegiël 37:1-14 – Sondag 23 Mei 2021 NG Kerk Somerstrand
https://youtu.be/FC3e7ZLi1eQ Ons kom by die laaste en twaalfde element van gebed: Loof (Youtube). Bid en bely Die Here Jesus het ons geleer in die Ons Vader om te bid dat…
Ons kom by die elfde element van gebed: Luister (Youtube).
‘n Hele paar van die vorige elemente van gebed het al te make gehad met luister. Om te wag op die Here. Om oor die beloftes in sy Woord na te dink, en met Hom in gesprek te tree daaroor. Trouens, gebed is ‘n dialoog, ‘n gesprek. Dit impliseer dat God na ons luister, en dat ons na Hom luister. (more…)
Ons kom by die tiende element van gebed: “om na te dink”of “te bepeins”: Dink na (Youtube).
Regdeur die Skrif word ons opgeroep om na te dink oor wat God sê, om die betekenis daarvan vir ons te bepeins, sodat ons alles wat God daarin vir ons neergepen het, kan nakom. Dit is die primêre manier waarmee God met ons praat. (more…)
Ek wil jou amper wed dat jy nie gedink het “sing” gaan een van die temas van gebed wees nie – J. Of miskien is dit net ek wat nie voorheen daaraan gedink het om dit in te sluit in my lering oor gebed nie!
Tog, as ek terugdink aan tye en plekke waar ek die Here se teenwoordigheid op besondere maniere ervaar het, het dit talle kere met musiek en sang te make gehad.
Ek onthou, ‘n jaar gelede dat, ek ‘n keer in ernstige gebed was op ‘n retraite. Gelukkig nie naby mense nie. En ek bewus geraak het van God se teenwoordigheid wat my binnekant tot rus gebring het. Die volgende oomblik het ek ‘n bekende melodie onthou en my eie woorde daarvoor geskryf en dit daar en dan gesing.
Vader, U is genoeg vir my
Vader, ek kom tot rus by U
Vader, U kan voorsien vir my
Vader, ek kom niks kort by U
Vader, U is genoeg vir my.
Ons kom dus by die negende element van gebed: Sing (Youtube). (more…)
Belydenis
Na die gewigtige gebede van waak en voorbidding kom ons by die dankbaarheid en vreugde wat God in ons hart gee, omdat Hy ons hoor en ons ook verhoor.
Die agtste element is: Sê dankie (Youtube).
Ons sien dit in Paulus se aanmoediging van die Kolossense om te volhard in gebed, om te waak en te bid, en dit dan af te sluit met ‘n oproep tot dankbaarheid.
2 Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. (Kol 4:2)
Ons kom by die sewende element van gebed: Vra (Youtube).
Ons Vader
Andrew Murray sê daar is eintlik net twee tipe gebede – gebed vir persoonlike behoeftes, en gebed wat vir ander intree by God. En hy moedig ons aan om meer van voorbidding vir ander te maak as van gebed vir persoonlike behoeftes (Met Christus in die skool van gebed).
Ons kan egter vrymoedigheid neem om te vra, selfs vir baie persoonlike goed. En ons moet net onthou dat selfs in gebed vir persoonlike behoeftes is dit in die konteks van “ons” behoeftes.
Dit is soos die Here Jesus vir ons geleer het. Nadat ons vir “God” se Naam, koninkryk en wil gebid het, bid ons ook vir “ons” brood, vergifnis, bewaring en verlossing:
11 Gee ons vandag ons daaglikse brood. 12 En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. 13 En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. (Matt 6:11-13)
‘n Paar opmerkings oor hierdie drie gebede: (more…)
Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.
Ons kom by die sesde element van gebed, om “in te tree” vir, om voorbidding te doen.
Die Hebreërskrywer beskryf Jesus se bediening in die hemel so:
“Hy leef altyd om ter wille van hulle in te tree” (Hebr 7:25).
Andrew Murray sê hieroor dat alle groei in die geestelike lewe verband hou met ‘n groeiende insig in wat Jesus vir ons is. Hoe meer ek besef dat Christus alles vir my en in my moet wees, dat alles in Christus wel vir my is, hoe meer leer ek die werklike geloofslewe leef. (more…)