Voorspel
Instrumentale Ensemble
Verwelkoming en Afkondigings
Baie dankie aan Janneke Jacobs, die sanggroep en almal wat vanoggend hul instrumente bespeel.
Aan die einde Trumpet Voluntary William Boyce (Jan Coetzer trompet)
Toetrede
Flam 2 “Met ons lewens wil ons U eer” (sit)
Votum
Seëngroet
Lofsang
Lied 205 “Bring lof aan die Vader” v1 en 3 en Refreine: gemeente v2: sanggroep (staan)
Lied 472 “Kom lofsing die Heer” (staan)
Lied 177 “Jesus, groot bo almal” (sit) sanggroep (1x) gemeente (1x)
Kermis
Tieners
Veiling – Mariette
Kindertyd
- Wat is die lekkerste ding wat julle dié week saam met julle ma en pa gedoen het?
- Wat is die beste ding wat jou pa en ma vir jou geleer het? – swaai, fietsry
Skriflesing
Watter gewoontes of gedrag of houdings het jy by jou ouers geleer?
- My ma het my geleer praat – een van die gesprekke het ’n belangrike rol in die voorbereiding vir my roeping gespeel, op ’n rots in Bettysbaai;
- My pa het my geleer van lojaliteit, toewyding en aanhou en uithou – hy het my ’n ruggraat gegee – ek onthou hoe hy elke rugbywedstryd en atletiekbyeenkoms bygewoon het. Selfs toe ek nie saam met hom in die motor wou ry nie, het hy agter die bus aan gery.
Vertel vir mekaar wat julle onthou of wat julle op die oomblik ervaar: Wat het jy by jou ouers geleer?
Om die week te doen: As jy self ‘n ouer is, watter gewoontes of gedrag of houdings sien jy by jou kinders wat jou eie gewoontes/gedrag/houdings reflekteer?
Gebed
Lees Deuteronomium 6:1-9
Woordverkondiging
God is vir ons
Een van die belangrikste dinge wat ons moet besef, is dat God vir ons is.
Ek het twee weke terug ’n bietjie deur Genesis gewerk vir my preek verlede Sondag by Klema, en net weer onder die besef gekom dat God ons op ’n baie spesiale manier gemaak het. Ons is Sy verteenwoordigers. Hy het ons gekies uit alles wat bestaan, as sy beeltenis, as dié skepsels wat Sy merk dra, wat lyk soos Hy, wat is soos Hy.
Dié God is net so angstig oor ons as wat ons oor ons eie kinders is. Hy is net so begerig soos ons is oor ons eie kinders, dat Sy karaktereienskappe in elkeen van ons tot hulle reg sal kom. Hy wil Homself sien in wie ons is en hoe ons leef en optree.
Sy droom vir ons is steeds presies wat dit in die tuin van Eeden was – ons moet die aarde bewoon, bewerk en bewaar. Hy wil hê dat ons veilig en voorspoedig woon op hierdie aarde. Hy wil hê dat ons lewensvervulling in ons werk en verhoudings sal ervaar. En Hy wil deur ons die wêreld ’n leefbare plek sal maak, beide in terme van die evangelie van Jesus Christus as in terme van die bewaring van die aarde.
En God gee vir ons alles wat ons nodig het om te floreer en met oorgawe die lewe te kan geniet. Die lewe in oorvloed, Sy lewe deur die Gees wat in ons werk, Sy teenwoordigheid waarop ons kan vertrou.
As ek terugdink aan my jongdae was my aardse pa altyd daar vir my, op vele maniere. My ma was daar vir my, op vele maniere. Hulle het saam ’n ruimte geskep waarin ek kon ontwikkel en groei en myself kon wees.
Dit is wie God ook is vir ons. Maar nog baie meer en baie dieper as dit. Hy is die ruggraat van ons lewens. Hý is die Een wat voorsien, wat vrymaak, wat nuwe lewe gee. Ons kan Hom daarvoor vertrou.
En dit is ook Hý wat jou sal help om ’n pad met jou kinders te loop. En om ’n pad met jou ouers te loop …!
God wil families vernuwe
Dié God wil families vernuwe. Dit is die boodskap wat die Here op my hart lê vir vandag.
Laat ons eerlik wees. Ons families is baie keer disfunksioneel. En dit begin baie keer by ons as ouers wat disfunksioneel is. Ek onthou nog hoe my pa op ’n keer die duiwel uit my geslaan het oor iets wat ek verkeerd gedoen het. En ek onthou hoe een van my kinders reg voor my gaan staan het, en my gekeer het toe ek amper dieselfde wou doen, op ’n onregverdige manier, en ek van my amperse dwase optrede kon afsien. Dit is nie maklik om ’n ouer te wees nie. En dit is nie maklik om ’n kind te wees nie.
Maar God het ons lief, en Hy wil van ons funksionele disfunksionele families maak. Hy wil ons help om met al ons gebreke op ’n manier só te kan funksioneer dat ons dit kan regkry om ’n ruimte te vind waarbinne ons kan ontwikkel en kan floreer.
Wat dra jy oor aan jou gesin?
Een van die vrae wat jou kan help om funksioneel te raak, is die vraag wat Mark Holmen in sy boek vra (Faith Begins at Home): What are you passing on?
Jy kan jou kinders baie dinge leer, en elke stukkie lewenswysheid of lewenswaarheid gaan ’n impak hê. Maar die belangrikste wat jy moet oordra, is jou geloof in God.
Soos Rethie verlede week aangehaal het uit die Search Institute se navorsing: ma’s en pa’s, oumas en oupas is die belangrikste geloofsvormende invloede in kinders se lewens. Ouers is tussen 60-80% daarvoor verantwoordelik dat kinders glo en grootouers vir meer as 30%.
Al doen die kerk ook wat, en al word kategese ook hoe interessant aangebied, as ’n kind nie deur sy ouers van die Here vertel word nie, meer nog, iets van die Here in hulle lewens raaksien nie, het die kerk ’n baie minimale impak. ’n Mens kan nie in ’n uur of meer op ’n Sondag kompeteer met die daaglikse ervarings wat in jou huis jou kind se geloof vorm … of nie vorm nie.
Dit is waarom Deuteronomium 6 soveel klem lê daarop dat die primêre verantwoordelikheid om geloof aan kinders oor te dra, die ouers s’n is.
Jou huis is ’n kerk.
Jou huis is ’n kerk, in ’n sekere sin dié kerk. Maar, voor jy jou kop in skaamte laat sak … eintlik het die kerk dit maklik gemaak vir ouers om hulle verantwoordelikheid te versaak. Elke goeie ding het onbeplande gevolge. Die ontploffing in materiaal vir kategese in die laaste helfte van die vorige eeu, het dit maklik gemaak om die kerk te vertrou met geloofsvorming. Dit het net so normaal gelyk om die kerk daarmee te vertrou.
Maar die ongemaklike waarheid is dat dit lyk asof meer as die helfte van die hoërskoolkinders wat by ons belydenis aflê, geestelik onaktief raak na skool. Dit is eers as hulle self begin om te trou en kinders te hê dat hulle weer deel van die geloofsgemeenskap word. Baie kom nooit weer terug na die kerk toe.
As ons wil hê dat ons kinders steeds sal glo as volwassenes, sal ons as ouers ons geloof met hulle moet deel, en dit veral voor-leef, soos Deuteronomium 6 sê:
- 4 Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here.
- 5 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.
- 6 Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.
- 7 Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
- 8 Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ’n merk op jou voorkop wees.
- 9 Jy moet dit skryf op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.”
Die kwessie is dus nie soseer hulle geloof nie, maar jou geloof!
En let op hoe hierdie geloofsdeling eintlik net doodgewoon oral is –
- Wanneer jy met God besig is op ’n persoonlike vlak – moet jy die Here lief hê.
- Wanneer jy in jou huis met jou kinders praat – moet jy die Here lief hê.
- Wanneer jy op reis gaan – moet jy die Here lief hê.
- Wanneer jy gaan slaap en wanneer jy opstaan – moet jy die Here lief hê.
- Wanneer jy in die publiek is waar jou kinders jou kan sien in interaksie met ander mense – moet jy die Here lief hê.
Jou geloof gee af op jou kinders. En dit is die beste manier waarop hulle geloof sien, en geloof leer.
Gesin vernuwing begin dus met ’n besluit wat jy neem, ek wil die Here lief hê in alle omstandighede, in my persoonlike lewe, en in my huis, en in die wêreld daarbuite.
GESIN VERNUWING SLEUTELS
Ek wil vir jou 4 sleutels gee wat gesin vernuwing sal oopsluit. Eintlik is dit ouerskap sleutels soos Mark Holmen dit beskryf:
- Ouers is die belangrikste invloed in kinders se geloofsontwikkeling. Dit is die gedagte waarmee jy vandag hier moetDit is die oortuiging wat jou energie sal gee om jou geloof te begin leef. Jy is die belangrikste invloed in jou kind se geloofsontwikkeling. Punt. Dit is hoe dit werk. Dit is hoe dit vir jou sal werk. En die kanse vir sukses is groot, as jy maar net daarmee begin.
- Jou kind se geloof sal waarskynlik ‘n weerspieëling van jou geloof wees. As jy wil hê jou kinders moet ‘n geloof hê wat hou, moet hulle in jou lewe ‘n verhouding met Christus sien. Soos jy werk aan jou eie persoonlike geloofslewe, sal dit ’n onuitwisbare indruk op jou kindersHulle sal daardie invloed nie kan ontken of ignoreer nie.
- God gee vir jou alles wat jy nodig het om ‘n sterk, groeiende verhouding met hom te hê.
- Jy het die Bybel, wat vir jou die huis kan word waarin jy woon – en dit is iets waarmee jy gehelp word in hierdie gemeente;
- Jy het Jesus, jou Verlosser wat jou vergewe en wat jou aanmoedig – Hy weet wat dit is om mens te wees, en wat die uitdagings van mensweesHy is ’n mens. Maar, Hy is ook meer, Hy is God, en dít is waarom Hy ons regtig kan help. Want, Hy verstaan, en Hy verander jou. Trouens, Hy is jou grootste Voorbidder, nie jou ma of pa of ouma of oupa nie. Jesus is.
- Jy het die Heilige Gees wat diep binne in jou die krag en motivering gee om in geloof te kanDit is Hý wat God se stem in jou laat eggo met God se wil in die praktyk van jou lewe. Dit is Hý wat jou herinner aan die wysheid wat jy nodig het om gesin situasies te hanteer. Natuurlik gebruik Hy veral die wysheid wat ’n mens al geleer het, deur die Bybel, deur die lewe, maar Hy laat Homself nie onbetuig nie, selfs al moet Hy jou in die hitte van die stryd ook bystaan. Op die kruispaaie van die lewe, só sê Spreuke, dáár is die stem van God hoorbaar, sy wysheid vir die besluite wat jy moet neem. Jy kan Hom daarvoor vertrou.
- Jy het die Kerk, jou mede-gelowiges, wat saam met jou die pad wil stap. En jy het vele maniere waarop jy kan inskakel en ’n ondersteuningsgroep in die gemeente kan kry, ’n groep wat met jou die reis van die geloof kanSelgroepe, Bybelstudiegroepe, Bybelskool, Dissipelskap, Kategese, Diensgroepe. En as jy nie reeds deel is van een nie, stig een, kom vra vir raad, kom maak voorstelle. Laat dié sisteem werk vir jou.
- Maar, die belangrikste van alles, jy het God, die Skepper, die Vader, die Een wat alles gemaak het, wat alles begin het, wat só graag wil hê dat jy soos Hy sal wees, dat jy Sy verteenwoordiger sal wees, en dat jy al hoe meer soos Hy in hierdie wêreld salWat jy ook al gaan doen om gehoorsaam te wees om jou geloof te begin leef, God sal jou daarin ondersteun. Soms gaan Hy jou deur moeilike situasies sit jou karakter te bou. Maar, dit is alreeds deel van die plan, om aan jou kinders iets van ’n lewende geloof te illustreer.
- Jesus nooi jou vandag uit vir die avontuur van jouDie vraag is: Gaan jy Hom volg? Dit is waarop alles neerkom – gaan jy luister; gaan jy gehoorsaam wees? Die besluit wat jy neem, gaan nie net ‘n invloed op jou hê nie, maar ook op jou kinders en hulle kinders, en op die voortbestaan van geloof in ons gemeenskap.
Gebed
Dankoffers
Ensemble speel Vonkk 92
Slotlied
Vonkk 92 “Als so mooi en wonderlik” (staan) Keerverse en v3 en 4: gemeente v1 en 2: sanggroep
Seën
Respons
Lied 189 “Halleluja” (2x)
Naspel
Trumpet Voluntary William Boyce (Jan Coetzer trompet)