Prontuit die Waarheid

As iemand jou vra: “Wat glo jy van Jesus?” kan jy gemaklik sy storielyn en boodskap oordra? In volgorde? Sy kinderjare. Sy reise. Sy gesprekke. Sy wonders, woorde en werke. Sy boodskap en betekenis. Dit is nie só eenvoudig nie, nè?

Ek het daarom ‘n opeenvolgende kronologiese sinopsis van die volle teks van die vier Evangelies geskep om jou daarmee te help – Lukas, Markus, Matteus en Johannes. My boek fokus op ‘n vers-vir-vers kommentaar op die teks en konteks, sowel as op die betekenis en boodskap van elke perikoop.

Die volle Bybelteks uit die  bronteksgeoriënteerde Afrikaanse Standaard Vertaling (CUM), in vloeiende, goed verstaanbare Afrikaans, is ingesluit, sodat jy die teks en die verklaring as ‘n eenheid in een boek kan lees. Daar is ook ‘n handige indeks van die volgorde van my indeling van al die perikope van die Evangelies ingesluit.

Die boek is bedoel vir Bybelstudie. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd. Kleingroepe kan dit in hulle byeenkomste gebruik. Predikante kan die boek vir preke, reekse en Bybelskole gebruik. Jy is ook welkom om vrae te vra. Ek antwoord graag.

Bestel die boek

Bestel die eBoek

Chris van Wyk (0825749191 – acv.vanwyk@gmail.com).

Ek het ook ‘n ARGIEF van die bydraes wat ek gebruik het vir die boek. Dit is steeds vir almal beskikbaar.

Published in
Categorised as Nuus

DIE TWAALF KLEIN PROFETE

‘n Bybelstudie oor die betekenis en boodskap van die Klein Profete vir vandag
Wanneer laas het jy die boek Nahum gelees? Of dié van Miga? Of enige van die sogenaamde Klein Profete? Dink jy hierdie geskrifte van meer as 2 400 jaar gelede is nog relevant?
Elkeen van die Twaalf Klein Profete wys vir ons ‘n stukkie van wie God werklik is – hoe sy hart is: sy heiligheid, sy deernis met gebrokenes, sy onvoorwaardelike liefde en bomenslike geduld met sondaarmense.
Temas wat in hierdie 16 weke lange Bybelstudie voorkom, sluit in:
* God praat deur verwoesting en voorspoed
* God se genade en ontferming is vir alle mense
* God gee uitkoms vir dié wat op Hom wag
* God volhard in sy liefde vir ons
Elke week se studie sal jou laat vra na die betekenis en boodskap van die gelese gedeelte, wat dit sê van God en van mense, en hoe jy die beginsels kan uitleef in jou persoonlike situasie.
Ontdek & Beleef Bybelstudie
Published in
Categorised as Boeke

Pinkster 2012 – In Gesprek met God

Pinkster2012Die Bybel moet ons lewe vorm.  Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.  Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Hierdie reeks gaan jou leer hoe om dit prakties in te oefen.

Ek het dit in 2012 in die gemeente van Somerstrand aangebied en stel dit nou wyer beskikbaar.  Predikante kan dit gebruik om ‘n eie reeks vir Pinkster saam te stel.  Kleingroepe kan dit gebruik om oor sewe weke hulle in te oefen in die gesprek met God.

Dit bestaan uit ‘n deelnemersgids wat jy hier kan aflaai,

sowel as sewe preke – in Word en PowerPoint (met ‘n liturgie en liedere) formaat – wat jy hier kan aflaai:

  1. Om God te beleef – Hand 8:26-40 – lectio divina – Word || PowerPoint
  2. Om tot rus te kom – Jesaja 30:8-18 – silencio – Word || PowerPoint
  3. Om te luister – Openbaring 10 – lectio – Word || PowerPoint
  4. Om te ontvang – 1 Konings 3:2-15  – meditatio – Word || PowerPoint
  5. Om met God te praat – 1 Konings 19  – oratio – Word || PowerPoint
  6. Om God te geniet – Filippense 4:2-9 – contemplatio – Word || PowerPoint
  7. Om vir God te leef – Psalm 40 – Sondagoggend 27 Mei 09:00 – incarnatio – Word || PowerPoint

Boeke beskikbaar

Hier is ‘n beskrywing van sewentien van die boeke waarvan ek skrywer of medeskrywer is (drie daarvan is vertalings).  Jy kan op die skakels klik en dit vir jou aanskaf (of aflaai).  Die nuutste is die Twaalf Klein Profete.

Published in
Categorised as Boeke

WordPress webtuiste ontwikkeling

WordPress is tans die verstekkeuse vir webtuistes

Hoewel WordPress aanvanklik meer vir blogs gebruik is, is dit vandag ’n volledige Content Management System (CMS).  Daar is reeds 19 miljoen (28/05/2018) WordPress installasies wêreldwyd en dit vermeerder by die minuut.  Al hoe meer groot maatskappye gebruik dit.  Om die waarheid te sê, meer as 50 % van alle webtuistes is daarmee ontwikkel, wat dit tans die grootste CMS maak.

Die 2 primêre redes vir WordPress se gewildheid is:

  1. OPDATERING: die gemak waarmee die webtuiste in terme van die kern sagteware sowel as die plugins opgedateer kan word, asook,
  2. ADMINISTRASIE: die gemak waarmee eerste gebruikers die administrasie kant van die webtuiste kan baasraak.

Ander gewilde CMS weergawes soos Joomla! en Drupal, het weliswaar meer funksionaliteite, maar ongelukkig ook ’n baie steiler leerkurwe, wat die toenemende gewildheid van WordPress verder verklaar.

LEES MEER …