Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13
Wat bid ons met die sesde bede van die Ons Vader?
In die uitleg van die Heidelbergse Kategismus 127 erken ons daarmee:
- Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie (Joh 15:5; Ps 103:14).
- Daarby hou ons doodsvyande, die duiwel (1 Pet 5:8; Ef 6:12), die wêreld (Joh 15:19) en ons eie sondige natuur (Rom 7:23; Gal 5:17), nie op om ons aan te val nie.
Ons vra daarmee:
- Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees staande hou en versterk,
- sodat ons teen hulle sterk teenstand kan bied en
- in hierdie geestelik stryd nie beswyk (Matt 26:41; Mark 13:33) nie,
- totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal (1 Tess 3:13; 5:23).”
Download the English translation: Pray that we remain faithful
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)