Ons reaksie op Kersfees
Hierdie erediens fokus op reaksies op God se koms na ons wêreld. Maniere waarop ons God verwelkom. Maniere waarop ons gasvry is teenoor Hom. Reaksies op Sy gasvryheid aan ons.…
Hierdie erediens fokus op reaksies op God se koms na ons wêreld. Maniere waarop ons God verwelkom. Maniere waarop ons gasvry is teenoor Hom. Reaksies op Sy gasvryheid aan ons.…
Woordverkondiging
Jesus is vasbeslote op reis na Jerusalem. Hy weet dat sy lyding die kruis sal insluit. Hy het dus ‘n behoefte aan gasvryheid.
Die eerste plek op sy reis waarvan Lukas ons vertel is as Hy deur ‘n dorp van die Samaritane gaan, en hulle weier om Hom te ontvang en Hom verblyf te gee (Luk 9:51-56). Sy dissipels is woedend daaroor en wil sommer ‘n oordeel oor hulle uitspreek. Jesus keer hulle egter en in ‘n gesprek met hulle verwoord Hy sy pyn, maar sonder verwyt: “Die Seun van die mens het nie eers ‘n rusplek vir sy kop nie,” sê Jesus (9:58).
Die tweede gebeure waarvan Lukas ons vertel, is as Hy 72 van sy dissipels stuur na ander dorpe om die evangelie te verkondig. Hy spel spesifiek uit dat hulle hul op die gasvryheid van die mense moet verlaat (10:1-15). In die mense se gasvryheid en luister, al dan nie, word hulle gehoorsaamheid aan God sigbaar: “Wie na julle luister, luister na My; Wie julle verwerp, verwerp My” (10:16).
En dit het ‘n groot effek – sommige mense ontvang hulle met gasvryheid en hoor só die evangelie. Die dissipels verbly hulle daaroor en in hulle terugrapport kom ‘n mens agter dat dit Jesus intense plesier gee.
Dan is daar in die derde plek kort hierna ‘n wetsgeleerde wat met Jesus aan die gesels raak oor die koninkryk van God en vra: “wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus antwoord hom met ‘n samevatting van die wet, dat jy God en jou naaste moet liefhê (10:25-28). En vertel dan die verhaal van die Gasvrye Samaritaan, om die wetsgeleerde te leer dat gasvryheid vir die vreemdeling naasteliefde is. Hy betoon immers gasvryheid aan die man wat onder rowers deurgeloop het deur hom in die herberg te laat versorg, in sy barmhartigheid (10:29-37).
En dan kan ‘n mens nie anders om die volgende verhaal, die verhaal van Marta en Maria met ‘n gans ander bril te lees nie (hele erediens volg).
Tollenaars het nie net hulleself verryk met belastings nie, hulle was ook die loan sharks van die tyd. Deur die toedoen van Saggeus het mense verarm, en het hy waarskynlik nie die einde van sy skatte geken nie.
Wat doen God met Saggeus? Jesus sien vir Saggeus raak in die boom en begin ’n gesprek, en dring daarop aan dat Hy by hom wil gaan eet. God reik dus uit en dring Saggeus se ruimte in om die gemeenskap tussen hulle te herstel.
Hoekom? Want God is ’n inklusiewe God. En uiteraard vra Hy van ons om op dieselfde manier te leef.
Hierdie kwartaal fokus ons op gasvryheid. Dit is hoe gestuurde gemeentes leef! En ons wil spesifiek gasvry wees oor ouderdoms- en generasie-grense.
Vanoggend se tema is: Leef met kantlyne.
Ons gebruik die verhaal van Abraham en sy 3 besoekers in Gen 18 vir die familietyd, en Jesus en die Emmaus-gangers in Lukas 24 vir die Woordverkondiging. Die punt wat die preek maak, is dat God ons roep om ruimte te maak in ons lewens vir ander, deur onsself te beperk en ander te bederf.
Ons assosieer die woord aanbidding, worship, gewoonlik met godsdiens en ‘n erediens. Maar aanbidding kan natuurlik ook gevind word in die lewe van agnostici, selfs ateïste. Adele Calhoun skrywe: “The simple truth is that everybody looks to something or someone to give their lives meaning” (Spiritual Disciplines Handbook 2005: 45). Die dinge waarvoor ons lief is, die dinge wat ons waardeer, die dinge waarop ons fokus het ‘n groot impak op ons. Dit gee aan ons lewens betekenis. En dit bepaal wie ons ten diepste is.
Sommige mense het ‘n groot klem op onafhanklikheid – en sal alles in hulle vermoë doen om dit te verseker: die tipe werk wat hulle doen, die plek waar hulle bly, die instrumente waarin hulle belê, die verhoudinge wat hulle sal najaag of toelaat in hulle lewe.
Sommige sal hulle lewe gee vir ander se goedkeuring, of om sukses te behaal in die loopbaan wat hulle gekies het, of sal fokus op dinge wat hulle gelukkig maak, of beheer gee in die lewe. En sommige sal fokus op mag, hoe om dit te kry, en hoe om dit te behou.
Atalia was só ‘n persoon. Sy was die dogter van Agab van Samaria, die koning van Israel in Elia se tyd, wat getroud was met Isebel. Wat ons van Atalia agterkom, is dat daar twee dinge was wat haar gedryf het. Haar godsdiens, en haar sug na mag.
1. Die heldin in hierdie verhaal is ‘n klein dogtertjie.
Ons weet van haar net ‘n paar goed. Ons weet sy kom van Israel af en is in een van die oorloë tussen Israel en die Arameërs weggevoer deur die soldate. Sy was nog ‘n baie jong dogtertjie en het ‘n slaaf geword vir Naäman, die bevelvoerder van die Aramese leër. So sy was Joods, jonk en ‘n slaaf.
Maar daar is iets anders wat ons van haar agterkom. Sy word nie die heldin in dié verhaal omdat sy Joods is of jonk of ‘n slaaf nie. Sy word die held in die verhaal omdat sy weet wat niemand anders weet nie. Sy weet wie haar baas kan help toe hy siek raak van melaatsheid.
Nou, ons lees nie in die Bybel dat sy vir Elisa geken het nie. Ons weet nie verseker of sy geweet het van die wonder van die broodvermeerdering waarvan ons in hoofstuk 4 gelees het nie. Ons weet nie of sy verseker geweet het van die weduwee se kruik wat nooit leeggeraak het nie.
Maar iets soortgelyks moes sy geweet het, want dit is haar kennis van wat Elisa, die profeet van die Here, gedoen het, wat lei tot die genesing van Naäman.
Maar wat vir my veral interessant is, is dat sy hoegenaamd iets sê! Sy kon stilgebly het. Sy het nie nodig gehad om enigiets te sê. Die Armameërs het haar leed aangedoen. Sy is weggeneem by haar mense, en onthou sy was nog baie jonk. Sy het nie meer vryheid gehad nie. Sy moes vir haar nuwe base help in die huis.
En tog – toe sy hoor van haar baas se melaatsheid, en sy weet sy het inligting wat vir hom iets kan beteken, toe sê sy dit vir hom. Sy help haar vyande – en word so vir ons almal ‘n voorbeeld van wat dit beteken om God te ken en die goeie nuus te vertel wat ander mense se lewens kan verander.
Ons sien dus hier dat kinders – maak nie saak hoe klein hulle is nie, maar nie saak hoe min hulle eintlik in tel is in die groter wêreld waar ander baie keer bo-oor hulle en hulle belange loop nie – hulle het ‘n rol te speel. En daarmee is sy ‘n voorbeeld vir almal van ons.
Fokus
Die Here is daar vir dié wat Hom vertrou, selfs al is die versoeking daar om jou eie planne te maak om konflik met ander te hanteer.
(Dié preek word geplaas om in te pas by die reeks, hoewel ons 'n gasprediker, ds. Andrew Fransman van die VGK Bloemendal, vir hierdie Sondag gehad het).
Lees 2 Kronieke 16
Kernvers: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.” 2 Kron 16:9
Heerlike belofte
Ons luister baie keer na die vers in Kronieke en maak dit op onsself van toepassing. Dit is ‘n heerlike belofte: Dit is een van daardie verse in die Bybel wat ’n mens onderstreep en vir jouself toeëien. Dit bevestig aan ons dat die Here sy oë op sy kinders hou en vir hulle sorg.
Maar ons vergeet maklik van die konteks waarbinne dié woorde die eerste keer gebruik is. Die woorde is gebruik om koning Asa te bestraf, omdat hy juis nie die Here vertrou het nie.
En dit het die koning so ontstel dat hy die siener Ganani in die tronk laat stop het, omdat hy dit durf waag het om só met hom te praat.
As daar een ding is wat ek bewonder, is dit wysheid.
As daar een ding is wat ek begeer, is dit wysheid.
As ek terugdink oor my lewe is dít die dinge wat vir my uitstaan, die kere wat ek dit reggekry het om met wysheid op te tree. Soms, ongelukkig, staan ook die kere uit, waar ek dit nie reggekry het nie.
Dit het te make met dinge in my persoonlike lewe, my familielewe, my lewe in hierdie land, sowel as my professionele lewe. Ek voel goed oor dié dinge wat vir my as wyse keuses uitstaan, en ek voel sleg oor die dinge wat ek weet onwys was, en waarmee ek natuurlik moet saamleef.
Is dit gekoppel aan ‘n mens se vermoëns, of jou vaardighede, of jou opvoeding, of jou gemeenskap, of jou godsdiens, of aan mentors, of jou ouers?
Ons dink natuurlik verskillend daaroor, en ons sal verskillende definisies daarvoor hê, en daar is in elk geval nie net een regte antwoord nie, maar die meeste van ons sal saamstem dat die storie van Salomo wat ons gelees het, wat hierdie twee ma’s help, wat stry oor wie se kind nou eintlik oorlewe het, wysheid illustreer.
Want, onthou, hy kon nie sy toevlug tot DNA toetse neem nie. Hy kon nie ‘n forensiese ondersoek loods en bo alle redelike twyfel die biologiese verbintenis aan die regte ma bewys nie. Dit was ‘n eersteklas dillemma vir ‘n nuwe jong koning.
Hoe het hy dit reggekry om met soveel wysheid op te tree?
'n Mens deur ander mense
Nee, ons het mense soos onsself nodig om regtig mens te wees en te word.
Baie boeiende, roerende stories is al geskryf oor hierdie tema. Dink aan die verhaal van Robinson Crusoe, wat alleen op 'n eiland uitspoel. En dadelik begin soek na iemand, 'n medemens. En dit vind in Man Friday.
Ek wil vandag ‘n bekende standbeeld as ‘n metafoor gebruik, die Statue of Liberty aan die Amerikaanse Ooskus, in New York.
Die "Statue of Liberty" is in 1886 deur Frankryk aan die VSA geskenk. Vir die mense van die VSA simboliseer sy vryheid, ‘n waarde wat vir hul land baie belangrik is.
Baie van die burgers van die VSA se voorouers was immigrante. Soos wat hulle die land per boot genader het, was die standbeeld die eerste ding wat hulle gesien het. Dit was asof sy hulle verwelkom het met haar arm in die lug: "Hier is jy welkom. Hier sal jy vry wees."
Oor die jare het hulle egter ook geleer dat vryheid met verantwoordelikheid saamgaan. Dikwels, wanneer vryheid bedreig word, het mense die standbeeld gebruik om hul mede-burgers te herinner dat vryheid en verantwoordelikheid bymekaar hoort.
En dit is in ‘n neutedop wat die Galasiërbrief in hoofstuk 5 ook vir ons wil sê. Dit begin met die belangrike fokus op die vryheid wat Christus vir ons bewerk het. En dit eindig met die verantwoordelikheid wat ons het om ons lewe deur die Gees te laat bepaal. Vry, maar verantwoordelik.