Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word

Een van die stories wat telkens gelees word in die Epifanie tyd is die verhaal van die magi, die sterrekykers, wat met Jesus se geboorte in Jerusalem aangekom het om aan die nuwe koning van die Jode hulde te bring.  Sommige noem hulle ook konings op voetspoor van Jes 60:3 “Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.”

Dit is 'n besondere verhaal, wat net deur Matteus vertel word.

En dit is veral besonders, omdat dit 3 groepe mense se reaksies op God se menswording kontrasteer: 1) dié van Herodus en Jerusalem, 2) dié van die priesterhoofde en skrifgeleerdes en 3) dié van die sterrekykers.

En omdat ons vandag die eerste treë van 2012 gee, is dit goed om aan die hand van dié drie groepe mense se reaksies op Jesus, ons eie verhaal vir hierdie jaar te beoordeel, en na te dink oor wat ons reaksie op Jesus dié jaar gaan wees, dws hoe ons graag die nuwe jaar sou wou binnegaan.

Continue ReadingMatteus 2:1-12 – Verwag om verras te word

Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens

Miga 6 begin met ‘n aanklag wat God teen die volk van Israel maak, dat hulle aan ernstige geheueverlies ly.  In vers 1-5 herinner hy hulle aan drie goed:

  1. Die Verlossing uit Egipte waar Hy hulle uit slawerny geruk het en ‘n soewereine volk gemaak het;
  2. Die Versorging in die woestyn, waar Hy vir hulle leiers gegee het, Moses (wet – God se woorde en Woord), Aäron (kultus – versoening met God), en Mirjam (profetes – God se wil) wat op omvattende wyse vir hulle gelei het, nie net in oorlog nie (Num 22-24 – Balak en Bileam), maar ook in hulle aanbidding tot die Here;
  3. En NB, die Vestiging in die Beloofde Land met nie net met die Intog van Sittim aan die Oostekant na Gilgal aan die Westekant van die Jordaan te make het nie (Jos 3-4), maar ook met die oorwinning oor al hulle vyande in die land Kanaän.

Dan volg die Here die aanklag op met ‘n verduideliking van hoe die verhouding met Hom werk.

Continue ReadingMiga 6:1-9 – Oujaarsdiens

Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011

Psalm 98 is ’n pragtige loflied, wat in inhoud sterk ooreenkom met Psalm 96, asook die Psalms aan weerskante daarvan: 97 en 99.  Aanvanklik was dit bedoel as ’n loflied na die verlossing uit ballingskap.  Vandag laat dit ons dink aan die Verlosser van die wêreld, Jesus Christus, wie se lof ons besing.

Continue ReadingPsalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011

Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011

Ons fokus vandag op Psalm 89 wat van die Here se liefdesdade sing en praat van sy alomteenwoordigheid, sy alwetendheid en sy albetrokkenheid, wat ook die belofte van die Messias insluit, ’n baie gepaste teks vir Adventstyd.

Tema: God se trou en versorging dra ons deur die lewe.

Continue ReadingPsalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011

Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011

Die bedreiging van die goddelose

Dit bly ironies dat baie mense vandag nie meer glo nie, maar tog nie geloof en gelowiges kan uitlos nie.  Baie moeite word gedoen om geloof aan te vat – die geloof wat sulke mense sê hulle nie het nie – en as oudmodies, onwetenskaplik, gevaarlik en uitgedien uit te wys.

Dit is die bedreiging van die goddelose.  Nie net dat hulle vir hulle self ’n wet raak, waarin eie belang sonder gewete nagestreef word nie, maar dat hulle God-loos probeer lewe …  En wil hê dat almal so sal leef, sonder God.

Soos in die tyd van Dawid, so is dit ook vandag.  “Die goddelose soek die ondergang van die regverdige en bedreig sy lewe.” (vers 12)  En ons moet nie die vers net verstaan as ’n fisiese bedreiging nie – Dawid skryf natuurlik veral daaroor – maar ook insien dat dit ’n bedreiging vir die gelowige se lewe saam met God is, ’n bedreiging vir die volharding in die geloof in God.

God-loses se doel is die uitwissing van geloof, in die lewe van gelowiges, op watter manier dit ook al kan gebeur.

En die ironie is groot – in hulle poging  om van God en geloof ontslae te raak, is hulle altyd maar weer besig daarmee, in opstand teen iets wat hulle sê dat hulle nie in glo nie.

Maar, die feit dat ek dit as ironies uitwys, voorkom nie dat ons geloof regtig bedreig word daardeur nie.  Dit is een van die groot versoekings vir gelowiges – veral wanneer ’n mens onder druk verkeer, en ons bv agterkom dat dit lyk asof dit goed gaan met hierdie goddeloses – om self God-loos te begin lewe, nie soseer te verval in allerlei goddelose bose dinge nie, maar om net nie meer rekening te hou met God en die lewe in geloof saam met die geloofsgemeenskap nie.

Dit is in dié situasie – die geweldige uitdaging waarvoor die goddeloses gelowiges stel –  wat die Psalm die wyse weg aandui.

 

Continue ReadingPsalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011

Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011

Die Psalm het twee fokuspunte:

  • Die heerlikheid van God in die skepping – met die son as simbool;
  • Die heerlikheid van God se stem aan ons – met die Woord as instrument.

Daarmee bring die Psalm twee aspekte van God onder ons aandag, twee aspekte van God waarvan dit ons wil oortuig:

  • GOD BESTAAN
  • GOD PRAAT

Continue ReadingPsalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011

Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011

Nietig maar waardig

Die Fliek Contact handel oor die debat tussen geloof en wetenskap – is God betrokke of het alles toevallig ontstaan?  En dit gee eintlik ’n baie interessante perspektief daarop.

Ellie Arroway (die navorser) vra op ‘n punt: “So, wat is meer waarskynlik: dat ’n almagtige, misterieuse God die heelal geskep en toe besluit het om geen bewyse van sy bestaan te los vir ons nie, of dat Hy eenvoudig nie bestaan nie en dat ons Hom eintlik geskep het sodat ons nie so klein en alleen sal voel nie?”

Palmer Joss (die predikant): “Ek weet nie.  Ek kan my eintlik nie indink in ’n wêreld waar God nie bestaan nie.  Ek sal nie in só ’n wêreld wou woon nie.”

Ellie :”Hoe weet jy dat jy nie jouself mislei nie?” En verklaar sy, “Ek soek bewyse.”

Palmer stop só ’n oomblik en antwoord dan, “Bewyse. Het jy jou pa lief gehad?”

Verras met die persoonlike vraag, sê Ellie, “Wat?”

Palmer herhaal, “Jou pa, het jy hom lief gehad?”

Ellie antwoord dan, “Ja, baie.”

Palmer kyk dan diep in haar oë en sê, “Bewys dit.”

Waarop sy nie ’n antwoord gehad het nie.

Continue ReadingPsalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011

Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei

’n Diepsee duiker vertel dat hy diep in water moes duik waar dit plotseling stikdonker geword het.  Dit was bitter moeilik om nie gedisoriënteerd en diep angstig te raak nie.  “Dit is ’n verskriklike gevoel,” vertel hy, “om onder die water te wees sonder om eers jou eie hande voor jou gesig te kan sien.  Jy kan geen sentimeter sien nie.  Jy weet nie watter rigting is boontoe nie.  Ek het paniekerig begin raak, sonder koers, en gewonder of ek ooit weer bo sou uitkom.”

“Wat doen jy toe,”  vra ek hom?

“Ek het my instrukteur se woorde onthou en vir die borrels van my asemhaling gevoel,” sê hy.

“Die borrels?”

“Dis reg.  Wanneer dit stikdonker is, en jy het geen idee watter rigting boontoe is nie, met die gevaar dat jy dieper of dwarsweg kan duik, menende dat jy boontoe gaan, steek jy jou hande uit en soek vir die borrels.  Die borrels styg altyd boontoe, in die rigting van die oppervlak.  Wanneer jy nie meer jou eie oordeel of jou eie sintuie kan vertrou nie, kan jy altyd op die borrels vertrou om jou weer bo te kry.”

Mens beland meermale in die lewe in omstandighede waar jy wonder wat waarheid is.  Veral as groot besluite geneem moet word.  Die gevaar is dat mens dan doelloos kan begin rondspartel.  Wat is die regte rigting om in te slaan?

Vir gemeentes en gelowiges is hierdie ’n kritiese belangrike vraag.  Wat is die wil van God?  Wat is die rigting wat God wys?  Hoe bepaal ons wat werklik God se koers is?  Hoe werk geloofsonderskeiding?

Continue ReadingHandelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei

Handelinge 14:1-20 – Nederigheid

Nederigheid kom nie natuurlik vir enigeen van ons nie.  Niemand wil graag aan die onderpunt van die leer wees nie, want dit is hoe ons baiekeer oor nederigheid dink, dat jy soos ‘n vloerlap word waaroor ander kan loop.  Daarom is dit vir ons moeilik om spontaan en konsekwent die minste te wees.  Veral binne ons kultuur waar mag en selfbe-mag-tiging so ’n hoë prioriteit is.  Ons hou van mense wat “goed doen vir hulleself” en bo uitkom.  Ons hou van helde, mense wat bo uit gekom het.

Ons het ook almal ’n behoefte aan erkenning.  Ons wil graag goed voel as ons iets reggekry het.  Ons wil beloon word.  Veral as mens swaargekry het en moes opoffer om iets reg te kry.

Die probleem is dat ’n sug na waardering maklik ’n sug na mag kan word.  Mens kan jou oog van die bal afhaal en erkenning, mag en selfverheerliking begin najaag.

Continue ReadingHandelinge 14:1-20 – Nederigheid

Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis

Die verhaal van Gladys Aylward fassineer my.  Sy het gelewe van 1902 – 1970 en was ’n Britse huisbediende.  En met ’n eenvoudige opleiding – sy was wel ’n groot leser – en ’n passie vir China – sy het later Chinese burgerskap aanvaar – het sy eenvoudig wonders verrig.

Saam met Jeannie Lawson het sy die verste noord van enige sendeling tot op daardie stadium met die evangelie gegaan en só op ’n treffende wyse mense se lewens verander.

Een gesprek met Jeannie het my veral aangegryp.  Reg aan die begin toe sy daar aankom, het sy ’n teregstelling aanskou, en was teen die grond oor die wreedheid daarvan.  Jeannie se perspektief daarop en hoe ons as Christene ook moet dink oor ons roeping en ons passie vir verandering, is as volg:

“There are many things that are horrible in China.  But they will change – one thing at a time with the help of the Lord.  And that’s what we are here for.”

Daarby het sy gevoeg:

“It’s a hard life for a young woman, But it won’t seem hard, I promise you.  When at my age you look back, it will only seem beautiful.”

Continue ReadingHandelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis