Reeks oor gasvryheid
Ons het 'n reeks oor gasvryheid gedoen in die vierde kwartaal 2010. Iemand het my gevra daarna. Daarom het ek hier 'n opsomming gemaak van al die temas en die…
Ons het 'n reeks oor gasvryheid gedoen in die vierde kwartaal 2010. Iemand het my gevra daarna. Daarom het ek hier 'n opsomming gemaak van al die temas en die…
David Wilkerson was, soos gewoonlik, laatnag nog wakker, besig om TV te kyk toe hy vir die eerste keer die vraag vra: “Here, wat sal gebeur as ek die TV stel verkoop en die tyd in gebed spandeer?”
Nadat sy TV regtig verkoop is, het Wilkerson elke nag van 12 tot 2 aan gebed gewy. Een nag het sy gedagtes aanmekaar gefokus op ’n spesifieke uitgawe van die Life-tydskrif op sy lessenaar. Eers het hy dit beveg, maar naderhand gevra: “Here, is daar iets in dié tydskrif wat ek moet raaksien?”
Wat Wilkerson in daardie uitgawe van Life gesien het, sou sy lewe – en die lewe van baie ander - verander. Hy het ’n berig oor ’n bende-verhoor in New York gelees. Hy vertel self: “... my aandag is vasgevang deur die oë van een van die figure in ’n kunstenaar se voorstelling van die verhoor. Dit was ’n seun. Een van sewe seuns wat verhoor word vir moord. Die kunstenaar het só ’n blik van verwildering, haat en wanhoop in sy gelaat vasgevang, dat ek net weer en weer moes kyk. En begin huil het.”
Verwelkoming Flam 80 Weet jy(sit) Votum (Bid Ps 145) Seëngroet Verjaarsdae Lofsang Flam 105 Hy's die Een wat ek liefhet (staan)Lied 450 Vader, Seun, Heil'ge Gees (sit) Omgee – Miranda…
Die Saharawoestyn word gekenmerk deur oases waar jy op reis tot verhaal kan kom, water kan kry om te drink en jy lafenis kan ontvang. Geoloë het ontdek dat daar diep, diep onder die onherbergsame woestyn groot watermere voorkom. Plek-plek borrel hierdie water bo die oppervlak uit wat van sommige plekke in die Sahara vrygewige en gasvrye plekke maak – wat ons ken as oases.
Die foto op die PowerPoint is juis van só ‘n oase, die Oasis Hotel by Abu Simbel, by die Nasser meer, digby die grens met Soedan. Daarsonder kan jy nie in die woestyn reis nie. Die oases bemoedig en versterk. Dit maak die reis veilig. Die kamele drink hulleself knuppeldik, sodat die handelskaravaan sy reis kan voortsit. Die waterhouers vir menslike gebruik is ’n slag weer gevul. Lewe, ook in die harde Sahara, is moontlik danksy die woestyn se verrassende gasvryheid. Hoe harder die omgewing, hoe meer lewensbedreigend die omstandighede, hoe meer verstommend en verkwikkend is hierdie geskenk van gasvryheid.
Verwelkoming & afk. Toetrede Lied 162 U self het ons geroep Votum Ps. 16 Seëngroet Lofsang Ps. 112 God wat oorvloed het voorsien Terugvoer Brinks Gebed Kindertyd Gebed Vonkk 118…
Ek het dié week regtig gesukkel om die woord van die Here te onderskei. Daar is so baie wat oor hierdie gedeelte gesê kan word. Ek het daaroor geskrywe vir die Bybelskool, ek het so drie keer ’n halwe preek geskryf, en dan weer vasgehaak. Ek het gebid en gewag, en ons het by die sel hieroor gesels en ’n hele klompie wonderlike insigte gedeel.
Maar ek kon net nie hoor wat die Here vir ons as gemeente wil sê nie.
Ons Vader neem ons hande en maak ons één
Gelukkig moes ek die week ’n lied se woorde leer, een wat Cantatori nou-nou gaan sing. Lied 532 in die Liedboek: So nimm denn meine Hände van Friedrich Silcher, waarvan ons die weergawe van Hans du Plessis in ons Liedboek het: Ons Vader neem ons hande en maak ons één.
En toe ek die lied oor en oor lees, so tussen die preekmaak deur, het ek skielik besef, maar dié lied gee vir my die invalshoek wat ek nodig het. En het ek uiteindelik rigting gekry, omdat dit so presies is wat die tipe reaksie is wat Jesus van ons vra in hierdie gedeelte. Want sien, ek kan sê wat hier staan, ek kan dit in konteks plaas, maar my probleem was om te weet wat ons reaksie daarop moet wees en die woord van die Here daar rondom te verkondig.
En dit is wat die lied my mee gehelp het. Dit voel vir my asof Silcher Johannes 13-14 gelees het toe hy dié lied gekomponeer het – het nie ’n manier gehad om dit uit te vind nie. Maar u kan self beoordeel, uit die aanhoor van die lied. Luister na 2 van die verse:
Skriflesing Die verhaal van die broodvermeerdering vind plaas net voor ‘n Paasfees aan die oorkant van die See van Galilea (by Tiberias – die dorpie is in 22 nC gebou…
Dit is ongelooflik hoe een enkel gebeurtenis die wêreld kan verander.
1994 was ’n jaar van 2 sulke gebeurtenisse:
’n Enkel gebeurtenis kan ’n land en ’n wêreld verander!
Christus is opgewek uit die dood
So ’n gebeurtenis is ook die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Op Paassondag amper 2000 jaar gelede is Jesus Christus opgewek uit die dood (ongeveer 27 vC van ons jaartelling). En dit het ons lewe totaal verander. Nie net die lewe van 45 miljoen mense nie, maar inderdaad biljoene, selfs nie net dié wat vandag lewe nie, maar dié wat voor Hom gelewe het, en dié wat nog kom. Voorwaar ’n verandering wat die wêreld verander het.
Aanbidding 387:1-4 O Heer, uit bloed en wonde 391:1,3,5 Vervul, o Heer, my hart 395:1-3 My Verlosser aan die kruis Jesaja 52:13-53:12 Woordverkondiging Fynbos groei in ’n strook van 100…
EK IS uitsprake oor Jesus:
Gesprekke met 5 rolspelers in die kruisigings- en opstandingsgebeure:
16 liedere – 11 koorstukke (2 solos deur Elsje Nelson) en 5 gemeenteliedere