Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010

God nooi ons in en ons kom tot rus

Tema

Palmsondag is die laaste van die Lydensondae. Dit is terselfdertyd die begin van Groot Lydensweek. Daar is dus die element van triomf by die intog in Jerusalem, maar daar is ook die besef dat Jesus gekom het om te ly en te sterf in hierdie einste Jerusalem! Hierdie twee elemente moet ons vandag saam vashou.

En jy word hartlik uitgenooi om hierdie week regtig stil te raak met die hulp van die baie kreatiewe uitbeelding van Jesus se laaste week voor die kruisiging in ons kerkgebou.  Kom enige tyd, neem ‘n handleiding, en raak stil voor God terwyl jy deur die stasies in die kerkgebou beweeg.

Vanoggend se prediking sluit aan daarby met die tema:

Reisgenote van Jesus

Continue ReadingLukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010

Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010

Skriflesing

Daar is ‘n paar fases waardeur jy gaan soos jy geestelik groei.

  • ONTDEKKERS: Op ‘n ontdekkingstog van die boodskap van Christus
  • BEGINNERS: Begin groei in Christus
  • GROEIENDES: Kom naby aan Christus
  • CHRISTUS-GESENTREERDES: Leef Christus gesentreerd

Twee goed - Boublokke - is regtig belangrik in die eerste drie fases:

  • die Bybel en
  • Geestelike Gewoontes.

Maar om regtig te vorder na die vierde fase is daar meer nodig:

  • om te begin dien.

Geen wonder dat Jesus so pertinent gefokus het op DIENS in die laaste fase van sy werk met die dissipels nie.

En wat my tref van sy manier van werk, is dat Hy dit met soveel deernis doen.

Ons lees Markus 10:35-45

Woordverkondiging

Dit is belangrik om die konteks van hierdie verhaal in ag te neem.

Jesus het gekom om te dien

Jesus is besig op reis na Jerusalem (hoofstuk 10 en verder).  Dit is waarvoor Hy gekom het, om in die sentrum van die Joodse geloof, die hoogste prys te betaal.  Sy hele bediening stuur af op hierdie grootste liefdesdaad, om aan ‘n kruis vir die Jode en trouens vir alle mense te sterwe.  Elke ding wat Hy tot dusvêr gedoen het, elke genesing, elke lering, elke diens wat Hy gelewer het, loop uit op die grootste diens wat enigiemand nog ooit aan die mensdom bewys het, om die pad na God deur die kruis en opstanding oop te maak.

Let op hoe Jesus se hele roepingsverstaan opgesluit lê in vers 45, dat Hy gekom het om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense, om hulle uit hulle slawerny aan die sonde los te koop.

Continue ReadingMarkus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010