Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16

Ons gemeenskap beloon populariteit. Die gewildste mense is die grootste mense. Jesus werk heeltemal anders. Hy wys dat die grootste mens die Een is wat dien, in sy geval tot aan sy dood aan die kruis.

Ons bely in die Apostoliese Geloofsbelydenis oor Jesus: “wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is.

Ons fokus vandag op Jesus voor Pilatus, volgende week op die kruisiging, Goeie Vrydag op sy dood en begrafnis en Paassondag uit Johannes 20 op die opstanding, soos ons bely: “wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode”.

Tussen-in gaan ons ook ‘n Tennebrae (donker) diens hou Donderdagaand 29 Maart 18:00. Ons fokus met video, woord en lied op Jesus se kruisiging: Dit is volbring!

Die skildery van Mihály Munkácsy  (1844–1900) Le Christ devant Pilate dien as agtergrond vir vandag se PowerPoint.

(more…)

Continue ReadingWat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16

Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27

Van dié wat U My gegee het, het Ek niemand verlore laat gaan nie.

Tussen twee tuine

Die verhaal van die laaste dag in Jesus se aardse lewe speel hom af tussen twee tuine. Die tuin van Getsemane by die Kedronspruit aan die voete van die Olyfberg waar Jesus verraai is (Joh 18:1). En die tuin van Josef van Arimatea waar Jesus se liggaam toegedraai en begrawe is na sy kruisiging en dood (Joh 19:38).

Petrus verloën die Here Jesus in die binnehof

Tussen-in is daar die verhaal van die binnehof van die hoëpriester Annas waar Petrus by ‘n vuur gestaan het in die koue en die Here Jesus drie keer verloën het (Joh 18:15-18; 25-27).

‘n Mens het in die eerste tuin nog gesien dat Petrus vir die Here Jesus opkom. Judas het daar die Here Jesus verraai en sy genade verwerp. Petrus het daar egter nog die Here Jesus verdedig deur Malgus se oor af te kap. Sy verbintenis aan Jesus, al was dit op ’n verkeerde manier, was nog stewig.

Maar hier waar die gety draai teen Jesus, waar Jesus van kerk na staat gestuur word om die hoogste prys te betaal, hier faal Petrus se moed hom, en verloën hy die Here Jesus. Drie keer.

  1. Die diensmeisie wat deurwagter was, sê toe vir Petrus: ‘Jy is tog nie ook een van hierdie man se dissipels nie?’ ‘Nee, ek is nie!’ antwoord hy.” (Joh 18:17).
  2. ‘n Rukkie later: “Die mense by die vuur vra toe vir hom: ‘Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie?’ Hy het dit ontken en gesê: ‘Nee, ek is nie!’
  3. En nog later: “Een van die hoëpriester se slawe wat familie was van die een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: ‘Het ek jou dan nie in die tuin by hom gesien nie?’ Petrus het dit weer ontken, en net daarna het daar ’n haan gekraai.”

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingHy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27

Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12

Somerstrand Aanddiens 25 Februarie 2018

Die “regte pad” word deur ons waardes en beginsels bepaal

Spreuke maak geweldig baie van die idee dat daar ’n “regte pad” is om op te loop, en ’n verkeerde een.  Alles moet in die stryd gewerp word om dié regte pad te vind.  Niks moet jou daarvan weerhou nie.  En alles moontlik moet gedoen word om die verkeerde pad te vermy.

In die lig van uitdagings en versoekings wat oor ons pad kom, word die besluite wat ons neem deur ons waardes en beginsels bepaal. Al die situasies het nie altyd ’n voor die hand liggende regte en verkeerde antwoord nie. Om wysheid te hê in die situasie, beteken dat jy ’n sterk waardesisteem moet hê, ‘n sterk stel beginsels waarmee jy besluite kan neem.

So ’n sterk beginselvaste waardesisteem groei uit ons verhouding met God. (more…)

Continue ReadingVertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12

Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44

Jesus Raises Lazarus From The Dead by Ann Lukesh

Elke geslag gelowiges word deur dieselfde uitdagings gekonfronteer – twyfel, moedeloosheid, vrees, verdeeldheid, verwerping – en die stryd teen materialisme en apatie. Koppel dit aan die uitdagings van ons politiek en die ekonomie, en in hierdie tyd heel spesifiek doodgewoon die uitdaging van die droogte, en dit word ‘n amper dodelike aanslag op ons geloof.

Die verhaal van Jesus in Betanië

Daar is ‘n verhaal in die evangelies wat ons help om dié uitdagings die hoof te bied, die verhaal van Jesus in die dorpie Betanië, die dorpie net langs Jerusalem. Dit is ‘n verhaal van vier episodes waarin Jesus se interaksie met die drie karakters van Maria en Marta en hulle broer Lasarus ons help om die uitdagings van hierdie lewe die hoof te bied.

Die eerste episode fokus op die verhaal van die Barmhartige Samaritaan wat ons help verstaan hoe belangrik deernis is, om ‘n naaste te word vir die mense wat oor jou pad kom (Luk 10). Die tweede episode fokus op die verhaal van Lasarus, die een waarop ek gaan fokus in die prediking (Joh 11). Die derde episode fokus op die laaste week van Jesus voor sy kruisiging waarin Maria Hom salf vir sy begrafnis (Matt 21 vv). Die vierde episode fokus op die hemelvaart, want dit is van Betanië af wat Jesus hemel toe is (Luk 24).

Ek wil ietsie sê oor die eerste episode, voordat ons kyk na Johannes 11, want dit dek die tafel vir wat gaan gebeur in die tweede episode.

Jesus vertel die verhaal van die Barmhartige Samaritaan in Betanië met Maria aan sy voete terwyl Marta effe vervaard rondhardloop in haar poging tot gasvryheid (Luk 10). Jesus illustreer met die verhaal dat barmhartigheid van verrassende kante af kom, van mense wat jy dit nie verwag nie. Die Samaritaan help die man wat onder die rowers deurgeloop het op die pad na Jerigo, terwyl die Leviet en priester onbetrokke bly.

Daarmee moedig Jesus ons aan om op dieselfde manier ‘n naaste vir ander te wees. Nog dieper, om enigiemand wat oor ons pad te kom as ‘n naaste te hanteer. Trouens, om ‘n naaste te wees. Want die moedeloosheid en vrees en verdeeldheid in hierdie wêreld word stukkie vir stukkie opgelos deur die deernis waarmee ons ons naaste begroet en bedien en waarmee ons ‘n naaste word. Dit is waarheen ons opgeroep word.

Twyfel en apatie word die hoof gebied deur uit te reik en betrokke te raak, om ‘n naaste te wees vir dié wat oor jou pad kom, om deernis en liefde en omgee te gee sonder om iets terug te verwag. Om bereid te wees om nie net iemand op jou donkie te laai nie, maar plek in ‘n herberg te gee, en selfs te betaal vir die hele herstel periode. Dit is die weg tot genesing. Vir ander. Vir jouself. Vir hierdie wêreld.

In die verhaal van die Barmhartige Samaritaan het die man, wat onder rowers geval het, dus oorleef weens die deernis van sy weldoener. En onthou, met die gelykenis het Jesus eintlik Homself as die eintlike Barmhartige Een op die tafel gesit. Dit is immers hoe God is, die een wat Barmhartig is, lankmoedig, vol deernis en liefde. Die Barmhartige Samaritaan het opgetree soos God self dit doen.

Die vraag was egter, wat sou Jesus, die Barmhartige, die Deernisvolle Een, doen as ‘n vriend van Hom siek word?

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

(more…)

Continue ReadingLiefde gee lewe – Johannes 11:1-44

God calls me – Jeremiah 1:4-10

 

Evening service Summerstrand DRC 18:30 11 February 2018

The prophet Jeremiah wrestles in his book with his calling to proclaim destruction and judgment on the people of Judah and their leaders. His message is that the people forgot God and refused to acknowledge Him. They are so useless in the relationship with God as a worn belt for His body.

Therefore, the Lord is no longer pleased with them and has no mercy with them anymore. And even though it breaks Jeremiah’s heart, he proclaims their breaking, as if they were clay pots. The Lord will break the people and their city. The captivity in Babylon will be their punishment. The Lord will not spare them and let them be taken away by their enemies.

Ironically, however, the captivity is also their salvation. As part of Jeremiah’s call to build and settle, he described the captivated captives as a basket of good figs, and in a letter he proclaimed the Lord’s good mercy to them:

11 For I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future. 12 Then you will call on me and come and pray to me, and I will listen to you.” (29:11-12).

This is in a nutshell what Jeremiah’s calling involved. He was faithful and obedient to this. Ever since he was a young teenage son until his death as an old man in Egypt.

The whole service follows:

(more…)

Continue ReadingGod calls me – Jeremiah 1:4-10

Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël

Biddag vir reën Somerstrand 14 Februarie 2018

Verwelkoming

Ek gaan julle in gebed begelei aan die hand van die profesie van Joël. Ek het die bewegings in die boek in ses dele opgedeel. Daar gaan by vier daarvan tyd vir stilgebed wees. Volg net die PowerPoint en my instruksies. (more…)

Continue ReadingWie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël

Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23

Paulus het die reg om te deel in die voorregte van die evangelie

Paulus reageer hier in 1 Korintiërs 9 op mense wat kritiek lewer op sy bediening. Hy gebruik ‘n reeks retoriese vrae waarmee hy bevestig dat hy ‘n apostel is en die voorregte daaraan verbonde sou kon geniet.

  • Het ek nie vir Jesus, ons Here, persoonlik na sy opstanding gesien nie (vers 1)?
  • Is julle dan nie die vrug van my werk nie (vers 2)?
  • Het ek nie die reg om deur julle onderhou te word nie (vers 4)?

En telkens is die antwoord natuurlik, ja.

  • Hy het die Here Jesus gesien.
  • Die Korintiërs is die vrug van sy arbeid.
  • Hy het die reg om deur hulle onderhou te word.

Hy gaan voort om hierdie reg te begrond in die wet van God, want dit is wat die Skrif ook sê.

  • Wie dien ooit op eie koste as soldaat?
  • Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrugte nie?
  • Jy mag mos nie ‘n bees waarmee jy graan dors se bek toebind nie (Deut 25:4)?

Tog het Paulus besluit om dié voorregte nie te gebruik nie, sodat niemand beswaar kon maak dat Paulus homself verryk deur die bediening nie. Hoekom nie?

Want: “Dit alles doen ek ter wille van die evangelie!

Die evangelie is vir hom belangriker as sy eie belang. Hy gaan liewer dood as om iets van hulle te vra as hulle dit nie self gee nie! Trouens dit is sy roem en eer dat hy dit kosteloos doen, al het hy die reg om van hulle afhanklik te wees vir sy lewensonderhoud.

DOWNLOAD THE ENGLISH TRANSLATION

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingDit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23

Knowing God – Genesis 3:1-15

The Bushmen in the Kalahari Desert talk about the two “hungers”. There is the Great Hunger and there is the Little Hunger. The Little Hunger wants food for the belly; but the Great Hunger, the greatest hunger of all, is the hunger for meaning…

The hunger for meaning. For us it means we have to talk about God, for He is the one, we believe, that gives ultimate meaning. Not only happiness or significance, but ultimate meaning.

That is what we will focus on tonight. In our search for meaning, how do we get to know God? (more…)

Continue ReadingKnowing God – Genesis 3:1-15

Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31

Geluk begin by gehoorsaamheid

Happy families are all alike; every unhappy family is unhappy in its own way.” (Anna Karenina, Leo Tolstoy).

Dit is een van die beroemdste eerste sinne ooit van ‘n roman. Dit vat in ‘n neutedop die kontras tussen twee van die hoofkarakters in Tolstoy se roman saam, Konstantin Levin en Anna Karenina.

Aan die een kant het jy Levin wat kies vir lojaliteit aan sy vrou Kitty Shcherbatsky en hulle familie, al het dit bloedsweet gekos. Hulle beleef uiteindelik liefde, geluk en vrede.

Aan die ander kant het jy Anna wat kies vir ‘n buite-egtelike verhouding met Alexei Vronsky om te ontsnap aan haar ongelukkige huwelik met die baie ouer Alexei Karenin. Dit eindig tragies in ongeluk, onvrede, verwydering, selfs van haar seun, en uiteindelik selfmoord.

‘n Mens is in die lees van die boek óf in die meeleef met die rolprent aanvanklik opgevang in die romantiek van die passie wat Anna het vir Vronsky, maar besef algaande die selfvernietigende pad waarop sy haarself en almal rondom haar plaas. Jy begin algaande besef dat dit onafwendbaar op ‘n tragedie gaan afstuur.

Die omgekeerde is waar van die verhouding van Levin en Kitty wat deur hoeveel drama en stryd, misverstande en versoekings gaan, maar vir wie die keuse vir eerbaarheid en lojaliteit ‘n fondament gee vir uiteindelike geluk en vrede.

Dit illustreer vir my die eeueoue waarheid: Geluk (of Saligheid as jy die Bergrede ernstig neem) begin by Gehoorsaamheid. Jy kan net gelukkig leef as jy luister na die waarhede wat ingebed lê in ons oorgelewerde Christelike waardes.  In terme van ons gemeente se visie – luister kom voor leef; leef spruit uit luister.

Gelukkige families is almal dieselfde.  Hulle kies om eerbaar te wees.  Hulle kies om mekaar eerste te stel.  Hulle kies om God se wil vir die lewe na te volg.  Hulle kies om getrou te bly aan mekaar.  Hulle kies om hulle self te gee, hulle self te verloën, selfs tot die punt van die dood. Dit beteken nie dat alles voorspoedig met hulle gaan nie. Dit beteken nie dat hulle nie daagliks moet werk aan hulle familiewees nie. Maar die geluk lê alreeds in die besef dat julle die regte keuses maak, om gehoorsaam aan God te wees en lojaal aan mekaar.

Ongelukkige families se ongeluk kom van verskillende hoeke af.  Hulle is soms nie eerbaar nie.  Hulle is soms selfsugtig en plaas eiebelang bo die familie s’n, soos Anna haar passie vir Vronsky bó alles gestel het. Hulle is soms ontrou, dislojaal, goddeloos. En onthou, goddeloosheid lê nie net in die aktiewe dien van afgode nie, maar in apatie, in traak-my-nie-agtigheid, in belangeloosheid. Selfs die voorspoed wat sulke families beleef, bring nie vir hulle geluk nie.

Geluk lê immers nie in die voorspoed as sodanig nie, maar in die diep tevredenheid wat jy put uit dit wat reg is, dit wat reg gedoen word, dit wat volgens God se wil is, dit wat in lyn is met die bron van al ons waardes, die Woord van God.

Vier beginsels

Ek gaan daarom vier beginsels uitlig uit 1 Korintiërs 7.  Vier beginsels wat Paulus hier vir ons deurgee.  Dit is die dinge wat hy van die Here ontvang het rondom familiewees, waaraan ons gehoorsaam moet wees, waaraan ons geluk in ons families verbind is.  Dit is ook die vier dinge wat die Here op my hart gelê het om reg aan die begin van die jaar vir ons almal te gee as rigtingwysers vir ons verhoudinge, met God en met mekaar.

(Download the English translation: 1 Corinthians 7:29-31.DOCX)

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingDie koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31

Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20

Dit is nie om dowe neute dat Paulus 1 Korintiërs 6 begin het met die etiese kwessie van die gemeente se hantering van onreg nie.  Hy wou hulle leer om hulle onderlinge verskille te hanteer – d.w.s. om uit die howe te bly – sowel as hoe om seksueel onberispelik te lewe.  Hoekom?  Want albei dié twee sake het met onreg te make.

Die hoofsaak in kwessies waar sterk verskil van mening is, sê Paulus, is om onreg te vermy. En hoe doen jy dit?  Jy vermy onreg deur nie jou toevlug tot die howe te neem nie, maar dit in die geloofsgemeenskap uit te sorteer. Die howe is ‘n onvriendelike plek vir gelowiges.  Die howe werk met ander wette, nie met dié van die Bybel nie.

Op soortgelyke wyse, in kwessies van seksualiteit en moraliteit, is die hoofsaak om onreg te vermy deur nie buite die wil van God met seksualiteit om te beweeg nie.  Dit is wat agter sy absolute voorskrif lê dat ons onsedelikheid moet vermy.  Want onsedelikheid doen ‘n onreg aan ander, bv. met owerspel, bv. met egbreuk, bv. met prostitusie ensomeer.  En laat ons nooit vergeet nie; jy loop die gevaar dat jy die ewigheid kan mis weens jou onsedelikheid.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

(more…)

Continue ReadingVerheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20