Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land

Die oggendlig breek stadig oor die berge.  Die paadjie is koel onder my voete.  Ek stap al vinniger af na die hek.  Die koerant is gelukkig al daar.  Ek het die hele nag gewag vir dié oomblik.  Gretig slaan ek dit sommer daar in die oprit oop. In die middel, want dit is waar die lyste van name is.  Ek soek my skool se naam.  Die A’s, B’s, C, en dan die D’s.  My vinger gly deur die name op die lys van Hoërskool Durbanville.  En dan die verligting.  Van Wyk, ACV.  Ek is deur.  ‘n Klein tekentjie vir universiteitstoelating.

Dit bly lekker om jou naam op ‘n lys te soek en te kry, nie waar nie?  Matriekuitslae.  Sportspanne.  Universiteitsvakke. Die vreugde as jy jou naam kry.  Die skop in die maag as jy egter jou naam nie vind nie.  As jy dit nie gemaak het nie.  Dis asof jou binnekant in mekaar krimp.  Asof die wêreld gaan stilstaan.  Asof jy dit net nie kan glo nie.  Dit kan mos nie waar wees nie?  Maak ek nie ‘n fout nie?  Het hulle nie ‘n fout gemaak nie?

(more…)

Continue ReadingNumeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land

Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?

Dié vraag het onvermydelik by my opgekom toe ek die leesroosterteks vir vandag lees, Matteus 13:24-30; 36-40, die gelykenis van die onkruid (drabok) tussen die koring en Jesus se verklaring daarvan. Die prentjie op die PowerPoint wys hoe eenders die onkruid en die koring lyk terwyl dit nog jonk is. Dit is eers met die oes wat hulle hulle ware aard wys.

Jesus is hier besig om sy derde toespraak in Matteus af te sluit met die koninkryksrede.  Hy gebruik agt gelykenisse om te fokus op die koninkryk en veral op die wyse waarop mense op die evangelie van die koninkryk gaan reageer.

Twee van dié gelykenisse is baie prominent.  Die gelykenis van die Saaier en die gelykenis van die onkruid tussen die koring.

En laasgenoemde gelykenis handel spesifiek oor die vraag na die onderskeid tussen die ware en die valse kerk, soos dit ook in die Nederlandse Geloofsbelydenis van Guido de Bres, artikel 29, een van ons kerk se geloofsbelydenisse, beskryf word.

Twee vooraf opmerkings oor die gelykenisse van die koninkryk:

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

(more…)

Continue ReadingMatteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?

2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het

Paulus skryf sy twee briewe aan Tessalonika (Salonika in Griekeland) in 50-51 n.C., ongeveer 16 jaar na sy dramatiese bekering op die pad na Damaskus.  Hy het die gemeente gestig tydens sy tweede sendingreis saam met Silas en Timoteus.  Interessant genoeg het die stad later bekend gestaan as die “Ortodokse Stad” weens hulle standvastigheid en evangelisering van ander nasies.  Paulus het dus goeie werk daar gedoen!

Paulus werk op dié stadium in Korinte waar hy 18 maande sou bly en nie net in die gemeente daar leiding sou neem nie, maar met sy briewe begin om al die gemeentes wat hy gestig het, te bemoedig in die geloof.

Die gelowiges in Tessalonika was onder groot druk van veral die Jode, later natuurlik ook van die Romeinse owerhede.  Paulus wou hulle help om te groei te midde van die vervolging.  Daarom bevestig Paulus hulle in hulle geloofservaring en spits hy hom toe op lering oor die kernsake van die geloof sowel as op die praktiese vrae wat hulle vra.  Hy wou hulle help om heilig en verantwoordelik te lewe in die gemeente sowel as in die gemeenskap.

Dwarsdeur die twee briewe is daar ’n duidelike klem op die wederkoms, sodat hulle soms Paulus se eskatologiese of eindtyd briewe genoem word (ta eschata = die laaste dinge). Die rede daarvoor is dat Paulus oortuig was dat jy jou hele lewe moet beskou in die lig van die wederkoms; dat jy moet leer om te leef, te dink, te praat en te werk in die verwagting van die Here wat kom. (more…)

Continue Reading2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het

Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom

Vandag se teks is ‘n heerlike vrou-soek verhaal, want Abraham besluit ná Sara se dood dat die tyd gekom het om vir Isak ‘n maat, ‘n metgesel, te soek. Die skrywer herinner ons aan die seën wat hy ervaar het in sy verhouding met die Here. Hy wou nou van dié seën vir sy seun aangee.

Maar dit is ook duidelik ‘n verhaal van God wat in dit alles die leiding neem en ‘n vrou vir Isak gee wat by hom kan pas sodat hy die rol kan speel wat God in die heilsgeskiedenis vir hom beplan het. Soos Abraham die gasvrye een gewees het in die vorige geslag sou Rebekka dit nou wees in die volgende geslag.  Haar gasvryheid sou verseker ook haar skoonpa se goedkeuring weggedra het!  Haar naam rym ook met die Hebreeuse woord vir seën, bē·rǎḵ, wat in die eerste vers van Abraham gebruik word.

Die verhaal wil egter nie net die lewe van die karakters en hulle optrede illustreer vir ons nie. Die verhaal wil ook iets doen. Dit wil iets doen aan en met ons.

Die skrywer wil hê dat ons onsself in die wel en wee van die verskillende karakters ontdek; onsself daarin terugvind, dat ons tot selfinsig kom.  Soos die verhaal ontvou, kan ons onsself ontdek. Ons kan opnuut weer leer wat dit beteken om God te vertrou, God se wil te soek, en saam met familie en lewensmaats te leef. (more…)

Continue ReadingGenesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom

Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade

Ek gebruik die verhaal van Hagar en Ismael in Genesis 21 om te gesels oor God se verkiesende genade.  Ons bely dat ons gered is sola gratia – alleen uit genade.  Uit die konflik in die verhaal tussen Isak – die seun volgens die belofte – en Ismael – die seun volgens die natuur – lê die geheim van sola gratia en die verkiesende genade van die Here opgesluit.

Ek gaan die teks lees met kommentaar en daarna ‘n paar perspektiewe gee oor God se verkiesende sola gratia genade(more…)

Continue ReadingGenesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade

Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk

Die afgelope week het ons massiewe storms in die Wes-Kaap gehad wat ongelooflike verwoesting gesaai het.  Sommige wyt dit aan aardverwarming.  Ander sê dit het niks met aardverwarming te doene nie, maar is doodgewoon deel van groter siklusse van verskuiwende weerpatrone waarop die mens nie juis ‘n impak het nie.  Nog ander sê dit is maniere waarop God die sondige samelewing straf waarin ons leef.  Nog ander sien die wyses raak waarop mense nou uitreik na mekaar en hulp verleen en staan verstom met die medemenslikheid wat aan mekaar gewys word.

Ons het die afgelope week ook die ergste vernietiging ooit van woongebiede in die Knysna omgewing gehad deur veldbrande wat doodgewoon hand uit geruk het.  Die verhale van verwoesting het aan ons harte geruk.  ‘n Mens kan moeilik ‘n greep kry op die omvang van die leed wat mense tans daar ervaar.  Sommige wyt die verwoesting aan brandstigting. Ander aan ‘n vuur wat al lankal gesmeul het in die bos en geïgnoreer is.  Nog ander sê dit is maniere waarop God sy toorn laat wys oor die verval in die wêreld.  Nog ander sien ook die wyses raak waarop mense nou uitreik na mekaar en hulp verleen, van regoor die land, ook van PE, en omgee en ophelp.

Wat sien Dawid?

Kom ons luister na Dawid in Psalm 8.  Kom ons hoor wat hy sien as hy kyk na die aarde …

Download the English translation: Psalm 8 – English.docx ; Psalm 8 – English.pdf

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingPsalm 8 – As ek kyk … as God kyk

Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense

Inleiding

Die gemeente van Kolosse is waarskynlik nie deur Paulus gestig nie (Kol 2:1), hoewel hy op ‘n keer deur die landstreek van Frigië, waar hulle geleë was, gereis het (Hand 16:6).  Hulle was egter duidelik sterk onder sy invloed.  Epafras wat van Kolosse af was – en ook Paulus se medewerker – was moontlik die skakel tussen hulle, en ‘n moontlike stigter van die gemeente (Kol 1:7; 4:12).  Die stad was geleë naby Efese in Klein-Asië (160 km na die ooste), in die suid-weste van wat vandag as Turkye bekend staan.  Hulle was ook nou verbind aan die naburige gemeentes in Laodisea en Hiërapolis (4:13,15). (more…)

Continue ReadingKolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense

Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER

Jesus begin Johannes 14:15-31 met hierdie oorhoofse beskrywing van die Christelike lewe. Dit is diegene wat Hom liefhet wat sy opdragte uitvoer. ‘n Mens sou dit ook kan omdraai. Dit is diegene wat sy opdragte uitvoer wat Hom liefhet. Liefde is gehoorsaamheid aan sy woorde.

Gehoorsaamheid is liefde vir Jesus. Jou liefde word gewys deurdat jy sy opdragte uitvoer.
Hiermee, sê Jesus: liefde is nie ‘n gevoel nie. Liefde is gehoorsaamheid. Jy bewys jou liefde deur jou bereidheid om te doen wat Jesus van jou vra. Jou gehoorsaamheid lê nie in die gevoelens van liefde wat jy uitspreek in gebed of in ‘n lied teenoor Hom of in ‘n gesprek met ander nie, maar in hoe jy die woorde van die Here uitvoer.

Dit is vir hierdie mense, sê Jesus, dié wat Hom liefhet en sy opdragte uitvoer dat Hy sy Gees gee.

* Maar wat is die verband tussen Jesus se woorde en die woorde van sy Vader in die Eerste Testament?
* En wat is verband tussen Jesus se woorde en die woord van die Heilige Gees in die Tweede Testament wie se taak dit is om ons te herinner aan alles wat Jesus gesê het?

Dit is lewensbelangrik om antwoorde hierop te kry, want dit is slegs dán wat jy die boodskap van hierdie gedeelte sal kan omarm:

“As jy meer van God in jou lewe soek, groei in jou liefde vir Hom. As jy meer van God se inwoning in jou lewe soek, sorg dat jy sy woorde ter harte neem.”

Lees verder na Jesus se boodskap aan ons uit Johannes 14:19-31 by hierdie erediens: (more…)

Continue ReadingJohannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER

Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8

Wat is respek?

Wat is respek?  Die woordeboeke beskryf dit as om iemand te bewonder of om iemand hoog te ag.

As jy iemand bewonder, het jy respek omdat jy hulle as waardevol beskou weens hulle vermoëns, hulle kwaliteite, of hulle prestasies.  Ons bewonder sportmanne wat die hoogste sport bereik. Ons het respek vir Wayde van Niekerk en Usain Bolt.  Ons het respek vir wetenskaplikes soos Albert Einstein en Stephen Hawking. Ons bewonder hulle vermoëns en prestasies.

As jy iemand hoog ag, kan dit steeds wees weens hulle bewonderenswaardige kenmerke, maar dit kan ook wees weens ‘n waarde wat jyself aan hulle toeken, ongeag of hulle dit verdien of nie.  Ons het respek vir oumense nie omdat hulle baie vermoëns het nie, maar omdat hulle oud is en ons aan hulle ‘n waarde toeken, ongeag of hulle dit verdien of nie, trouens soms juis ten spyte van wie of wat hulle is. Ons het respek vir gestremdes en randfigure, nie omdat ons hulle vermoëns of prestasies bewonder nie, maar juis ten spyte van hulle gebreke en tekortkominge.  Ons ag hulle hoog, ons respekteer hulle, omdat ons kies om dit te doen.

In die een geval dwing mense respek by ons af.  Hulle verdien ons respek.  Hulle ontlok by ons respek.  Ons bewonder hulle.

In die ander geval gee ons respek.  Hulle verdien nie ons respek nie, maar ons gee dit in elk geval, omdat ons wil, omdat ons kies om hulle hoog te ag.  Ons bewonder hulle nie juis nie, maar dit maak nie saak nie.  Ons respekteer hulle omdat ons besluit om hulle te respekteer. (more…)

Continue ReadingRespek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8

Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder

Dit is vandag Goeie Herdersondag.  Ons dink na oor Jesus as die Goeie Herder, en in ‘n sekondêre sin ook oor ons eie rol as goeie herders.

Dit was vir my interessant dat ons by ons sel dié week eintlik gelyktydig oor albei hierdie aspekte gesels het.  Ons het gesels oor die mense vir wie ons herders is, ons kinders, ander mense aan wie ons verbind is. En ons het gesels oor die Goeie Herder, die een wat vir ons ‘n herder is, Jesus, want dit is eintlik wat die teks vir ons sê.  En ons het geheen-en-weer hieroor.  God se rol.  Ons rol.  God se herderskap.  Ons herderskap.

Op ‘n punt het dit net skielik helder en duidelik vir my geword dat die twee aspekte van die gesprek eintlik direk met mekaar te make het.  Die gesprek oor ons kinders het met ons leefwêreld te make, en dit is uit die aard van die saak baie relevant vir ons.  Die gesprek oor die Goeie Herder het met die Bybel te make, en die wyse waarop die Here met ons uit die gedeelte praat.

En in die interaksie tussen ons leefwêreld en die Bybel se woord het die gedagte diep in my binneste grondgevat.  Die een wat eintlik verantwoordelikheid vir ons neem, is Jesus self.  Want, en dit is vir my ‘n kosbare gedagte, Hy is die eintlike verantwoordelike een.  Hy is die Goeie Herder.  Nie ek nie.  Nie my vrou nie.  Nie enigeen van ons by die sel nie.  Jesus is die Goeie Herder.  Dit is wat die teks in die eerste plek vir ons wil sê.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingJohannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder