Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet
Maleagi sluit die OT af met ‘n opdrag – onthou die wet van my dienaar Moses, die voorskrifte en die bepalings – en ‘n belofte – dat Hy die profeet Elia sal stuur voordat die Verlosser, die son van geregtigheid, sal kom (Mal 4:4-6).
Wanneer Lukas sy verhaal begin in die eerste hoofstuk, is dit alreeds amper 430 jaar ná die profesie van Maleagi.
En dit is interessant dat Lukas sy verhaal begin by ‘n priesterlike vrou en haar man, Elisabet en Sagaria.
‘n Mens se verwagting is dus geprikkel dat hier iets besonders gaan gebeur. Want, let op wat van Elisabet en Sagaria gesê word. Elisabet en Sagaria, sê Lukas, “was albei regverdig voor God, en het onberispelik geleef volgens al die gebooie en voorskrifte van die Here.” (Luk 1:6).
Kan jy nou meer!
- Maleagi sê: “Onthou die wet, die voorskrifte en bepalings”. Dit is die reëls en die regulasies van die wet, soos dit ook vertaal kan word.
- Lukas sê: hier is twee mense wat onberispelik geleef het volgens al die gebooie en voorskrifte van die Here. Dit is die reëls en die regulasies van die wet, soos dit ook vertaal kan word.
‘n Mens se opgewondenheid groei dus, want hier is iemand wat leef soos Maleagi beveel en voorsien het.
Kan dit wees dat die belofte van die Here ná 430 jaar in vervulling kan gaan? Kan dit wees dat die Here vir Elia sal stuur, sodat die harte van die gelowiges weer met mekaar en God versoen kan word?
Luister verder na die verhaal van Elisabet … en spring van vreugde saam met haar ongebore kind, Johannes die Doper: Die Verlosser is hier! (more…)








