God is groot en genadig – 1 Konings 17

Onsekerheid en onrus

Ek dink nie ons was al ooit in ons land in soveel onsekerheid en onrus gedompel nie. Die politieke gevegte in ons stede is vuil en verbete. Die sosiale onrus rondom grond en dienslewering groei by die dag. Ons regstelsel het slagvelde geword waar wydverspreide korrupsie en die grootskaalse kaping van bronne blootgelê word. Selfs die kerk beland in die gedrang waarin die vraag ten diepste is na die gesag wat die Woord van God in mense se lewens behoort te hê.

Hoe maak ‘n mens sin hiervan? Hoe kies ‘n mens koers? Hoe besluit jy wat is die regte ding om te doen?

Fokus op jou Godsbeeld

Die antwoord is om terug te keer na die fundamentele vraag na God. Jou Godsbeeld. Wie Hy is. Wat Hy doen. Wat Hy vra.

Want, jou Godsbeeld beïnvloed jou mens- en wêreldbeeld. Jou Godsbeeld bepaal hoe jy reageer op die uitdagings in die politiek en die gemeenskap. Jou Godsbeeld bepaal hoe jy reageer op die gesag wat die Woord van God in mense se lewens behoort te hê.

Dit leer die verhaal van Elia ons.

(more…)

Continue ReadingGod is groot en genadig – 1 Konings 17

Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14

Julle het gevra dat ek oor resilience praat, veerkragtigheid. Hoe om uit te hou en aan te hou sonder om in te gee of te breek.

Dit is waarom ek vir julle ‘n rekkie uitgedeel. Ek gaan dit as ‘n metafoor gebruik in die erediens om resilience te illustreer.

Kyk eers na jou rekkie. Watter kleur dit is. Hoe lank dit is. Hoe goed dit kan rek. Rek dit en laat dit los, sodat jy die veerkragtigheid daarvan kan toets.

Dink nou aan jou eie ervarings van resilience of veerkragtigheid. Ek is seker baie van julle het al ervarings gehad dat jy soos ‘n rekkie gestrek is tot by breekpunt en geval het byvoorbeeld vir versoeking. Dit is mos hoe dit voel as jy in versoeking kom. Jy hou uit tot dit voel, nou kan ek nie meer nie. En dan val jy vir die versoeking.

Wat gee ‘n mens resilience in geloof?

Wat gee ‘n mens resilience in geloof? Wat help jou te volhard in die geloof al gebeur wat ook al met jou? Hoe kan jy die versoekings wat jou kant toe kom, weerstaan? Hoe kan jy getrou bly aan die Here al gaan jy deur beproewinge? Hoe kan jy gehoorsaam bly aan die Woord van die Here al kos dit jou alles wat jy het?

Dié versoekings kan seksueel van aard wees. Dit kan die versoeking wees om te skinder, of kwaad te praat van iemand. Om jou beter voor te doen as wat jy is. Om iemand te manipuleer sodat jy voordeel daaruit kan trek.

En ons rek tot by breekpunt. En dan gee jou rekkie skiet, by wyse van spreke. Dit gebeur! Met almal van ons. Al is dit op verskillende wyses.

Hoe kan ‘n mens meer weerbaar raak? Hoe kan jy sterker word in die geloof, tough, sonder om in te gee of te breek? Hoe kan jy resilient raak in die geloof, veerkragtig, met ‘n groot uithouvermoë? (more…)

Continue ReadingResilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14

Lojaliteit en waagmoed – Rut 4

Watter plesier is dié pragtige kortverhaal Rut nie. ‘n Mens kan dit eenvoudig lees – as ‘n liefdesverhaal – óf jy kan dit dieper lees – as ‘n verhaal oor immigrasie en grondbesit – of nog dieper as ‘n getuienis van God se getrouheid in hierdie wêreld.

  • Daar is dinge wat jou tone wil laat krul van plesier. ‘n Rut by die voete van Boas (hfst 3). ‘n Boas in die poorte wat op sy voete kan dink (hfst 4)! Sy naam beteken nie verniet “vinnig” nie. Dit is daarom ‘n uitsonderlike liefdesverhaal. Hulle voetwerk dans ‘n toekoms los!
  • Daar is dinge wat jou bewus maak van die broosheid van die lewe. ‘n Naomi wat haarself Mara noem. Die naam Naomi beteken “lieflik”. Die naam Mara beteken “bitter”. Soos die keer by bitter waters van Mara in die woestyn (Eks 15:23). Wat jou laat besef, die lot van immigrante en die geveg om grond is intense vraagstukke. Naomi het die geweld daarvan aan haar lyf gevoel. En die gesprek van Boas in die poorte was deurslaggewend om haar lot om te keer, en so die ouma van ‘n kleinseun te kon word.
  • En dan daar is dinge wat jou asem wil laat wegslaan van ontsag vir God se werk. ‘n Kind wat gebore word vir Rut en Naomi en wat van baie groter betekenis is as wat hulle in hulle wildste drome kon droom. Obed, die dienskneg. Uit wie die Groot Dienskneg gebore sou word. Soos die geslagsregister aan die einde vir ons vertel. Obed se nageslag is Dawid, en Matteus 1 vertel ons dat Jesus weer Dawid se nageslag is. En dit is nie al nie. Naomi se oorlede man was Elimelek; “my God is koning”. Wat ‘n ander perspektief gee op die komende Messias. Hy was en is die Koning van die wêreld.

Wat ‘n mens met die oorhoofse boodskap laat. God weef ons verhale in sy groter verhaal met die wêreld in.

Maar, ek loop die preek vooruit. Ek wil aan al drie hierdie aspekte van die verhaal laat reg geskied. En ek wil jou uitnooi om jou oor te gee aan die verhaal, en die betekenis daarvan vir jouself. En toelaat dat God jou hart roer met die vlammetjie van hoop wat Hy wil aansteek in jou.

Hetsy deur op die liefde te fokus, óf op die grondkwessie wat hier aangespreek word, óf op die groter prentjie van God se trou in jou eie verhaal van lojaliteit en waagmoed, wat dit ook al van jou mag vra.

(more…)

Continue ReadingLojaliteit en waagmoed – Rut 4

By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30

Verhoudings, kinders en geld

Jesus praat in Matteus 19 oor drie wesenlike sake in die koninkryk. Verhoudings, kinders en geld. Of as ‘n mens dit anders wil stel; money, sex and power. Want wat Jesus oor die huwelik sê, het met seks te make. Wat Jesus oor kinders te sê het, het met mag te make. Wat Jesus oor die ryk jongman te sê het, het met geld te make. Dit is so fundamenteel as wat hierdie hoofstuk 19 Jesus se houding oor money, sex and power weergee. (more…)

Continue ReadingBy God is alles moontlik – Matteus 19:16-30

Reën – 1 Konings 17-18

God bring reën

Daar is ‘n ryk tradisie in die Bybel dat God die aarde seën. Dat Hy vrugbaarheid gee. Dat Hy dit laat reën: “Sing ’n danklied tot eer van die Here,” sê Psalm 147:7-8. “Psalmsing tot eer van onse God met die siter; wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit.

God bring droogte

Dit is egter onteenseglik óók so dat hierdie seën nie outomaties was nie. Dit was afhanklik van ‘n gesonde verhouding met die Here. Só het Moses die volk geleer: “As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die Here julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.” (Deut 11:13-14).

Die Here het hulle gewaarsku dat hulle nie van Hom moet afwyk en ander gode dien nie, want dan sou sy toorn oor hulle ontvlam. Hy sou die hemel toesluit: “sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie.” (Deut 11:17).

Die verhaal van Elia illustreer hierdie twee tradisies op geen onseker manier nie. God bring die reën. God bring die droogte. Alles om die volk nie net van sy bestaan te oortuig nie, maar om hulle op te roep om in Hom te glo.

Continue ReadingReën – 1 Konings 17-18

Volhard – Jakobus 5:7-11

Jakobus fokus op die praktiese Christelike lewenswandel. Hy moedig gelowiges aan om te fokus op die praktyk van hulle geloof. Hulle moet geestelik volwasse word om te kan volhard in die geloof.

Elke uitdaging wat hulle beleef, bou hulle geloof, help hulle om te volhard:

sodat hulle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks tekort skiet nie.” (Jak 1:2-4).

Uit die brief lei ons af dat die meeste van die gelowiges arm was. Daar was enkele rykes in hulle geledere, maar Jakobus is nie baie positief oor hulle nie. Hy spreek die rykes baie skerp aan om nie onderskeid te maak tussen dié wat belangrik is en dié wat in oë van die samelewing onbelangrik is nie. En hy brei uit oor hoe hulle die armstes van die armes kan help (Jak 2:13-17).

Maar almal – ryk en arm – word aangemoedig om nie deur wêreldse invloed meegesleur te word nie, want dit sal hulle almal laat uitsak uit die Christelike lewe. Of dit nou is vanweë beproewings (Jak. 1:2, 12), of versoekings (Jak. 1:13), of uitbuiting (Jak. 1:19-21; 2:6; 5:4), of vooroordele (Jak 2:2) of onderlinge konflikte (Jak 4:1).

Hulle moet hulle nie daardeur laat afsit nie. Rykes moet armes nie blameer nie. Armes moet rykes nie blameer nie. Die omstandighede waaronder hulle lei moet hulle nie afskrik om die Here voluit te dien nie.

Die uitdagings wat daar maar altyd in ‘n geloofsgemeenskap is, moet ook nie die skuld kry en jou laat kwaad praat van ander (Jak 4:11) of laat kla oor ander nie (Jak 5:9).

Inteendeel, hulle moet soek vir die vreugdes wat God gee in beproewing (Jak 1:2,12) en eerder die talle kere wat Hy juis hulle gebede verhoor het, vier (Jak 1:5-8). God se vreugdes en sy gebedsverhorings sal hulle help om te volhard beide in vasberade gehoorsaamheid aan die Here en in voortdurende gebed.

Jakobus moedig die geloofsgemeenskap dus aan tot volharding in die geloof. In hoofstuk 5 gee Jakobus vier perspektiewe op God wat hulle hierin moet help. (more…)

Continue ReadingVolhard – Jakobus 5:7-11

Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14

Geloof en geduld

Gisteraand het ons oor geloof gesels, die geloof wat nodig is om die beloftes van God te verkry. Vanaand wil ek gesels oor die pasmaat van geloof, geduld.

Die Hebreërskrywer skryf die volgende oor geduld:

Ons begeer dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer sal toon om tot volle sekerheid van die hoop te kom, sodat julle nie traag word nie, maar hulle navolg wat deur geloof en geduld die beloftes beërf.(Hebr 6:11-12).

Beloftes is daar om beërf te word, om in besit geneem te word, sê die Hebreërskrywer. Dit is God se goeie gawes aan ons. Maar daarvoor het ‘n mens geloof nodig. In God self en in sy goedheid. En jy het geduld nodig, want ‘n mens moet baie keer op die vervulling van God se beloftes wag.

Soos Psalm 27:14 dit só mooi stel:

Wag op die HERE! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die HERE!” (BDV)

En jy het natuurlik volharding nodig om enduit hierdie pad met die Here te stap, om sterk te wees en moed te hou, soos Psalm 27 dit stel. Dit waarmee ons môre die reeks afsluit. (more…)

Continue ReadingGeduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14

Geloof – Hebreërs 10:35-11:6

Ek onthou een nag op die Bergrivier. Ons het vlotte met oliedromme, pale en tou gebou. ‘n Paar planke het as roeispane gedien. Die muskiete was erg. Ons was moeg. Dié dag het ons amper 60 km geloop van Langebaan af tot by Bergrivier pompstasie. Die agt van ons op die leierskapsontwikkeling uitdaging moes nou die rivier aandurf. Dit was donker. Pik nagdonker. Swart wolke. Geen maan. 30 km van Velddrif af. Die gety was nog saam met ons.

Die nag twaalfuur het die gety gedraai. Dagbreek het nog ver gelê. Stadigaan het ons die stryd begin verloor. Al hoe minder van die ouens het geroei. Uitgeput aan die slaap geraak. Die vlot het begin terugdryf. Ons harde werk was stadig besig om ongedaan gemaak te word.

Ek het begin visioene sien. Seker hallusinasies. Swart gedaantes wat op my af swiep. Maar ek het van êrens af die krag gekry om reg in die middel van die vlot te gaan staan. En haal vir haal net te keer dat die vlot nie terugdryf nie. Ná ‘n halfuur se gesukkel, het een vriend van my – later ook ‘n dominee – ook sy spaan in die water gesteek en begin roei. En ons het begin om die stryd te wen.

Die volgende middag net na 12:00 het ons by ons bestemming aangekom. Uitgeput. Uitgelate. Ons het die uitdaging geslaag.

Baie keer dink ek terug aan dié ervaring. Nie ‘n direkte geestelike ervaring nie. Maar tog ‘n ervaring wat my iets van uithouvermoë geleer het. Van die Here se genade wanneer dinge swaar gaan. Want dit is Hy wat my staande gehou het.

En dit laat my ‘n klein ietsie van die uitdaging verstaan wat gelowiges regdeur die eeue in die oë gestaar het. Nie om net by Velddrif uit te kom nie. Nee, om by die vervulling van God se beloftes uit te kom. (more…)

Continue ReadingGeloof – Hebreërs 10:35-11:6

Voorwaardes – Nehemia 1

Die Ierse evangelis Gypsy Smith het een keer gesê: “There are five Gospels. Matthew, Mark, Luke, John, and the Christian, and some people will never read the first four.[1]

In ons gesprek oor beloftes is die gevaar natuurlik lewensgroot dat ons hierna sal luister en nooit sover kom om dit te beproef nie. ‘n Blote intellektuele instemming met die boodskap van die Bybel sal jou nie ver bring nie. Dit sal ook geen effek hê rondom jou nie.

Hierdie Pinkster is gemik daarop dat jy ‘n persoonlike pad  met die Here begin stap rondom sy beloftes. Dat jy sy beloftes sal raaksien wat jou persoonlike behoeftes aanspreek. Dat jy die pad met Hom op ‘n daaglikse basis begin loop, in ‘n persoonlike verhouding, een wat ‘n getuienis aan hierdie wêreld sal wees dat die Here lewe; dat Hy vertrou kan word; dat Hy dit goed bedoel met ons.

Die gevaar is egter ook daar dat ons nie sal raaksien hoe bevoorreg ons in elk geval is nie. Dat ons eintlik God se beloftes sal soek met die spreekwoordelike “wit brood onder die arm”. Dat ons sal vergeet van dié wat rondom ons verswelg van armoede en verwaarlosing. Dat ons die beloftes van die Here sal soek net ter wille van ons eie gerief, ter wille van ons eie veiligheid, ter wille van ons eie voorspoed.

Ek het dus besluit om vanaand weer ‘n praktiese voorbeeld te gee om die tema van God se beloftes te illustreer. Maar ek gaan ‘n voorbeeld uit die OT gebruik, dié van Nehemia, en aan die hand daarvan nie net wys hoe ‘n mens die pad met ‘n belofte tot by sy vervulling stap nie. Maar ook wys dat dit in beloftes nie net gaan oor persoonlike situasies van gebrek nie, maar ook oor dié van die gemeenskap.

Maar voor ons by sy verhaal kom, wil ek eers ‘n paar inleidende dinge sê oor die verskil tussen absolute of onvoorwaardelike beloftes en dié waaraan voorwaardes of vereistes gekoppel is. Want dit is noodsaaklik dat ons die verskil daartussen verstaan. (more…)

Continue ReadingVoorwaardes – Nehemia 1