Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12
Ons weet min van hierdie sterrekenners af. In die oorlewering van die geskiedenis het hulle name gekry, Caspar, Melchior en Balthasar, maar daar is geen historiese getuienis wat dit bevestig nie. Dit is nie eers seker of hulle wel drie mans was nie. Dit is afgelei uit die drie geskenke wat hulle aan die voete van Jesus neergelê het. Sommige noem hulle ook konings op voetspoor van Jes. 60:3: “Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.”
Daar is ‘n moontlikheid dat hulle volgelinge van Zoroaster was, ‘n priester van ‘n monoteïstiese godsdiens in wat vandag bekend staan as Iran. Dit sou hulle goeie kennis van die sterrekunde verklaar, omdat Zoroasters bekend was daarvoor. Die Grieke het bv. hulle sterrekunde by die Zoroasters geleer.
Ons weet ook nie baie van die ster af nie. Dit kon ‘n supernova of ‘n samekoms van ‘n paar planete of doodgewoon ‘n Goddelike natuurwonder gewees het. En hoe hulle die ster se pad bereken het en toe gevolg het – dit weet ons ook nie.
Maar dit is nie vir Matteus belangrik nie. Hy het iets heeltemal anders op sy agenda. Wat vir hom saak maak, is nie wie die sterrekenners of die ster was nie. Wat saak maak is die Een wat hulle kom soek het, die Een wat gebore is in die stal in Betlehem, Jesus.
Matteus fokus dus in sy verhaal van die sterrekenners op die reaksies op die goeie nuus van die geboorte van Jesus.
Vier dinge tref my van die reaksies op Jesus in die verhaal van die sterrekenners:
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS









