Wat is jou kosbaarste besitting? Sommige van ons sal miskien dink aan die duurste ding wat jy het. ‘n iMac of ‘n duur diamantring of ‘n goudstaaf. Ek het een keer iemand raakgeloop wat ‘n tassie vol goudmuntstukke met hom rondgedra het, sodat hy te enige tyd die pad kan vat. Kan jy nou meer!
Ander van ons sal miskien kyk na die oudste ding wat jy het, iets wat jy van jou pa of jou ouma of van die voorgeslagte af gekry het. Ander sal miskien dink aan iemand wat naby aan jou is, jou meisie of jou ou, of ‘n mentor wat vir jou baie beteken.
My kosbaarste besitting is ‘n karretjie wat ek van my pa geëerf het, ‘n ou Model T Ford, ‘n speelding uit sy eie kinderjare. Hy het dit volmaak opgepas. Ek hoop ek kan dit ook later vir my seun laat erf. En dit is nie so kosbaar omdat dit so baie werd is nie – dit is waarskynlik baie werd, want dit is in perfekte kondisie en amper tagtig jaar oud. Dit is kosbaar omdat dit iets is wat my aan my pa herinner.
En daar is niks mee verkeerd om sulke kosbare goed te vertroetel nie.
Ons geloof is ‘n kosbare geskenk van God
Maar, die Bybel sê, een van die kosbaarste dinge wat ons ontvang het, is ons geloof.
Petrus beskryf die eerste lesers van sy brief as “dié wat dieselfde kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van ons God en die Verlosser, Jesus Christus.” Een van die belangrikste dinge wat hulle ontvang het, is dieselfde kosbare geloof as wat die ander kinders van die Here ontvang het.
Dit is immers waar ons lewe met God begin, wanneer ons die genade ontvang om in Hom te glo.
Hier volg die hele erediens (Bible Event):
(more…)