Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06

7-Psalms-A5-flyerPinkster 6 – 12 Mei 2016

Die Psalm begin met die belydenis dat die Here regeer.  En sy regering is majestueus en omgord met mag.

  • Die plek waarin ‘n mens dit sien, is in die wyse waarop dié dinge wat Hy skep, vas staan.  Die wêreld staan van altyd af vas, dit wankel nie.
  • Dieselfde is waar van God se koningskap.  Dit is van ouds af vas en onwankelbaar: “U troon staan vas van vroeg af; U is van ewigheid af.”  God is omgord met krag en majesteit.  Sy skepping is onwankelbaar.  Sy regering is onwankelbaar.

Daarom is God meer as in staat om enigiets op sy plek, die aarde, en met sy mense, die nasies, te hanteer.  Die Psalmis praat die druising van die ”seestrome” en die gedreun van die “baie waters”, ook die “golwe van die see” wat waarskynlik staan vir beide die geraas van oerwaters van Genesis (vers 4; vgl. Gen. 1:2) wat die oerchaos waaruit God geskep het, in herinnering roep, sowel as vir die geraas van die nasies wat ons samelewing in herinnering roep, soos op ander plekke in die Bybel vermeld word (Jes. 17:12 – vgl. Ps. 2).

Dit is betekenisvol.  God troon dus oor die skepping sowel as oor die mensdom.  Hy bring orde in die omgewing rondom ons.  Hy bring orde in die samelewing rondom ons.  God is die God van die aarde en Hy is die God van die mense.  Hy voorsien vir die aarde en vir die mense.

Hier volg die hele erediens (more…)

Continue ReadingPsalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06

Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05

7-Psalms-A5-flyerPinkster 5 – 11 Mei 2016

Psalm 81 is op Donderdae gebid met verwysing na die vyfde dag van die Skepping waarop die voëls en die visse gemaak is om sy Naam te prys.  Die titel kom uit die eerste vers: “Juig tot eer van God, ons krag“.

Psalm 81 is ’n “liturgiese preek” wat:

  • ’n oproep tot lof bevat vir God se krag (vers 2-6);
  • ’n openbaring (preek) wat handel oor God se voorsiening, die volk se koppigheid, maar ook God se gereedheid om te help as hulle sou luister (vers 7-15);
  • ’n appèl aan die einde om die Here te dien, omdat dit God se voorsiening vir hulle sal ontsluit (16-17).

Ek wil dié Psalm daarom gebruik om die erediens te struktureer.  Ek gaan die eerste deel lees en dan gaan ons die Here loof met sang.

Hier volg die hele erediens (more…)

Continue ReadingPsalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05

Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04

7-Psalms-A5-flyerPinkster 4 – 10 Mei 2016

‘n God wat vergeld, is voorwaar ‘n vreemde prentjie van God vir ons postmoderne oë.  Ons samelewing werk mos eintlik net met die idee dat God liefde is, en dat Hy ons in sy genade insluit, en op geen manier ons aan enige standaard hou nie.  Ons wêreld dink aan ‘n universele genade waarin niemand uitgesluit word nie, en niemand verantwoordelik gehou word nie. Trouens, daar is baie teoloë wat ook so dink.

Die Psalmis stem egter nie saam nie.  Hy skets ‘n heel ander prentjie van God as die idee wat baie vandag het van God as net goed.  Die God van die Bybel, sê die Psalmis, is nie net goed nie, maar ook heilig en ontsagwekkend.  Die Psalmis begin dus met hierdie prentjie van ‘n God wat vergeld, wat mense nie net hou aan sy standaarde nie, maar inderdaad as “regter van die aarde” optree en mense kan vergeld vir wat hulle doen.

En daar is drie redes waarom dié prentjie sin maak en ‘n noodsaaklike korreksie op ons samelewing se idee van God is.

  • Die eerste is dat dit God se reg erken om die wêreld aan te spreek en verantwoordelik te hou. Hy is immers die Skepper van alle dinge, van die son en maan en sterre.  As Hy vir ons lig in die Skepping voorsien het, het Hy die reg om van alle mense te verwag dat hulle die lig wat Hy in terme van sy Geskrewe Woord verskaf, sal gehoorsaam.  En dié Woord is onverbreekbaar, soos Jesus sê in Matt. 10.
  • Die tweede is dat dit God se reg erken om ons aan te spreek en verantwoordelik te hou. Ons kan nie maar leef soos ons wil nie.  Ons het ‘n onontwykbare verpligting om die werke van die vlees in ons eie lewe dood te maak, en die goeie werke wat God vir ons voorberei het, te begin doen (Rom. 8).  Ons leef deur die Gees.  Daarom moet die Gees ons lewe en lewenstyl bepaal (Gal. 5:25).
  • Die derde is dat die Psalm ons ingebore sin vir regverdigheid nie net bevestig nie, maar inderdaad vir ons uitnooi om vir God se optrede in te tree, te bid dat Hy wat inderdaad dinge kan regstel, dit sal doen waar onreg vermeerder en mense krepeer van ellende.

Hier volg die hele erediens (more…)

Continue ReadingPsalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04

Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03

7-Psalms-A5-flyerPinkster 3 – 9 Mei 2016

Dit is ‘n kort Psalm, maar een wat soos geen ander Psalm is nie.

Die eerste ding wat uitstaan van die Psalm is dat dit ’n direkte visioen op ’n “hemelse vergadering” bevat en dat die lede van dié hemelse vergadering as “gode” beskryf word.  Die vraag is dus wie dié “gode” is?

  • Sommige interpreteer die “gode” in die Psalm as hemelse wesens in die lig van God se optrede om dié vergadering te “gatecrash”. Hulle kan dus as afgode geïnterpreteer word, bv. die Kanaänitiese groep afgode.  Indien dié interpretasie geldig is, teken die Psalm vir God as die een wat die afgode se wanpraktyke, onreg, partydigheid en duistere praktyke aan die kaak stel en hulle tot niet maak, soos mense laat uitsterf en soos leiers van hulle magsposisie beroof (vers 7).    Sommige vind hierin ook ‘n oordeel oor die politeïsme waarin die monoteïsme van Israel verheerlik word en as die enigste geldige interpretasie van die werklikheid geteken word.
  • Sommige interpreteer die “gode” as mense, en dink dat die “gode” verbind kan word met regters of amptenare voor wie die volk vir allerlei uitsprake en handelinge moes verskyn. In ’n oordragtelike sin dui die “gode” dus ook op mense wat in magsposisies is, d.w.s. leiers – soos in die regspraak en die regering – en dat hulle daaroor aangespreek kan word.

In ’n sekere sin dui die “gode” dus op afgode en leiers wat in gemeenskap met mekaar boosheid bedryf (Tate).

Hier volg die hele erediens (more…)

Continue ReadingPsalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03

Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02

7-Psalms-A5-flyerPinkster 2 – 6 Mei 2016

Verwelkoming

Verhaal van die sewe Psalms

Die eerste tyd tussen hemelvaart en Pinkster was ‘n baie besondere tyd.  Die dissipels moes die afskeid van die Here Jesus verwerk.  Hulle moes fokus op die leierskap en het iemand in die plek van Judas gekies as dissipel.  En hulle het gedoen wat die Here Jesus hulle gevra het.  Hulle het gebid, omdat die Here gesê het dat hulle binne dae met die Heilige Gees vervul sou word.  En dít is wat hulle gedoen het.  Hulle het eendragtig bymekaar gekom en gebid.

Wat sou hulle as gebede gebruik het?  Uiteraard sou hulle waarskynlik gebede gebid het wat die Here Jesus hulle geleer het, bv. die Ons Vader gebed wat Matteus (hfst. 6) en Lukas (hfst. 11) later in hulle evangelies sou opneem en waarskynlik ook spontane gebede, soos Jesus die Samaritaanse vrou geleer het (Joh. 4).

Die moontlikheid is egter sterk dat hulle in dié week tussen Hemelvaart en Pinkster sou aangesluit het by die gebruik van die Fees van die weke of “sabbatsweek” wat in dié tyd gehou is.  Ons lees daarvan op ‘n paar plekke in die OT (Eks. 34:22, Deut. 16:10,16; Num. 28:26; Lev. 23:15).  Uit  Numeri is dit duidelik dat hierdie week sewe weke na paasfees gehou is, en dat dit die fees van die weke genoem is.  Dit is ‘n fees wat tot eer van die Here gevier moes word aan die einde van die oes as ‘n gewyde tyd waarin hulle geen gewone werk moes doen nie.

Omdat dit gehou is sewe weke ná die Paasfees, het dit gelei daartoe dat die naam van “Pinkster” (die woord beteken “vyftig”) mettertyd aan dié fees gekoppel is.

Mettertyd is daar Psalms vir dié tyd ontwikkel en een van die voorskrifte vir dié tyd was die lees en bid van die sewe “sabbatsweek” Psalms, een vir elke dag van die “Fees van die weke”, deur baie genoem: Shir Shel Yom (“lied vir die dag”).  In die Griekse vertaling van die Psalms in die LXX, die OT Bybel wat die vroeë kerk gebruik het, is daar hierdie sewe Psalms wat in die opskrifte só aangedui word, en in volgorde vir die “sabbatsweek” of “Fees van die weke” voorgeskryf is. (more…)

Continue ReadingPsalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02

Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01

7-Psalms-A5-flyerPinkster 1 – 6 Mei 2016

Verwelkoming

Pinkster in die NG Kerk familie

Die 10 dae tussen Hemelvaart en Pinksterdag was nog altyd ’n baie besondere tyd in die NG Kerk familie.  Vir meer as 150 jaar al word die tyd aan Pinksterbidure afgestaan.  Die fokus is op die werk van die Heilige Gees, die nuwe lewe wat Hy bring, en die krag wat Hy gee, veral in gebed, sodat ons by God se werk in die lewe kan aansluit.

Die stimulus daarvoor begin interessant genoeg in ’n North Dutch Reformed kerk in Fulton straat, New York in Amerika, en ironies genoeg in 1857, presies in dieselfde jaar van die gewraakte besluit “ten gevolge van de zwakheid van sommige” wat hier by ons tot aparte kerkvorming gelei het.

Amerika was in ‘n toestand van sosiale, morele, politieke, geestelike en ekonomiese verval. Op 14 Oktober dié jaar het die bankstelsel van die VSA ineengestort. Die spoorweë het bankrot gespeel.  Fabrieke het toegemaak.  Die onrus oor die nagevolge slawerny was aan die oplaai.  Burgeroorlog het gedreig.  Mense was radeloos en sonder hoop. Die toekoms was donker.

Jeremiah Lanphier, ‘n stadsendeling van die gemeente in Fultonstraat, was baie bekommerd oor die impak van die landsituasie op die geestelike toestand van die mense van New York. Hy besluit toe om elke week ‘n middaguur-gebedsbyeenkoms tussen 12:00 en 13:00 te hou. Hy het pamflette laat druk om mense uit te nooi vir die eerste byeenkoms op 23 September 1857.  Dit sou plaasvind in die konsistorie van die kerk in Fultonstraat.

Slegs 6 mense het die eerste week se byeenkoms bygewoon. Die tweede week het die bidders verdriedubbel.  20 mense het kom bid. Die derde week was daar 40. Die vierde week was daar 100. Binne enkele weke was die kerkgebou vol en het mense van toe af daagliks bymekaargekom om tydens middagete te bid. Mettertyd is daar nog en nog gebedsbyeenkomste gereël. By sommige was daar tot 5000 teenwoordig. Voor die einde van 1857 was daar honderde gebedsbyeenkomste in verskillende areas en het dit daagliks gegroei. Dit is beleef as ‘n herlewende werk van God. (more…)

Continue ReadingPsalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01

PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON

Psalm-47HEMELVAART 2016

Die Psalm is geskryf vir die musiekleier – 55 Psalms word só getipeer – waarskynlik vir gebruik in die tempel liturgie, en baie spesifiek vir onderrig, soos vers 8 aandui.

Die Psalms is só belangrik vir ons onderrig.  Ons leer hier wat God se doel is met alles.  Ons leer hier hoe ons God moet dien.  Ons leer hier hoe ons God moet loof en prys, en wat ons moet doen as dit swaar gaan.

Let op hoe dit alles beskryf word as dinge wat tegelykertyd by die tempel (vers 6) gebeur as voor sy troon (vers 9).  Jesus het nie verniet gebid, laat u wil geskied in die hemel so ook op die aarde.  Hemel en aarde is altyd betrek op mekaar.  Hemel en aarde het altyd alles met mekaar te doene.

Die Psalm leer ons dus ons lewe gelewe word tussen tempel en troon, tussen die aardse teenwoordigheid van God en die hemelse teenwoordigheid van God waarmee eintlik die hele geskape werklikheid ingesluit word.  (more…)

Continue ReadingPSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON

Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13

Ek fokus vandag op die vyf voorregte wat ons het in die gemeenskap van die Gees.

  1. God het uitnemende projekte vir ons voorberei.

Die-gemeenskap-van-die-GeesEk sluit eers aan by vers 10 se boodskap wat ek met ons toewyding gelees het.  Noudat ons van ons sondeskuld bevry is, en ons ons toelê daarop om in gehoorsaamheid aan God en sy Woord te leef, wag daar vir ons ‘n paar wonderlike dinge in die vrygemaakte lewe saam met God.

Die eerste voorreg wat ons het, is in vers 10. ’n Mens kan vers 10 ook as volg vertaal: “Want ons is sy meesterstuk, geskep in Christus Jesus vir uitnemende projekte, wat God voorberei het, dat ons dit sal uitvoer.”

Dit is ’n baie belangrike perspektief op die geestelike lewe.  Ons doen nie maar wat ons wil, of wat een of ander geestelike leier vir ons voorsê nie.  Ons hoor by God in Sy Woord en deur Sy Gees watter dinge Hy wil hê ons by betrokke moet raak – en dit is die dinge wat ons dan doen.  Dit is presies wat Jesus bedoel het, toe hy aan sy dissipels gesê het (in die verhaal van die Samaritaanse vrou by die put van Jakob): “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” (Joh. 4:34).

Dit het direkte persoonlike implikasies.  God het vir my ‘n werk om te doen.  God het ‘n werk vir jou om te doen.  Uitnemende projekte.  Dinge wat pas by ons as God se meesterstukke.  Ravi Zacharias sê in sy inspirerende boek The Great Weaver dat God met ons besig is soos ‘n Meesterwewer.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS – Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2The fellowship of the Spirit – Ephesians 2

(more…)

Continue ReadingDie gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13

Die ding wat ons doen

Die-ding-wat-ons-doenThe Air I Breath

Ons begin vanaand met ‘n nuwe reeks: The Air I Breath.  Dit is gebaseer op Louie Giglio se boek met dieselfde titel.  Dit handel oor aanbidding.

Die titel van sy boek laat my dink aan die liedjie van die Hollies in die vroeg sewentigerjare, laerskool vir my, “All I need is the air that I breath, yes, to love you.” (Mike Hazlewood en Albert Hammand).  ‘n Mens hoor dit nog baie oor die radio.

Ons is wat ons liefhet

En dit is nogal gepas, want hulle liedjie onderstreep ‘n baie belangrike ding van die lewe.  Ons is wat ons liefhet.  Ons word bepaal deur wat ons liefhet. Al wat ons nodig het, is die ding, of die mens wat ons liefhet.  Meer as ons denke, meer as ons kennis, word ons bepaal en beïnvloed deur wat ons in ons diepste wese liefhet.

Ons aanbid wat ons liefhet

Want, ons aanbid wat ons liefhet.  Of dit nou ons behoeftes is aan seks, of mag, of geld.  Enigeen van dié drie basiese dinge kan die dinge raak wat ons aanbid, wat ons lewens stempel.  Soos Maarten Luther gesê het: “Whatever your heart clings to and confides in, that is really your god.”

Ons is wat ons liefhet.  Ons aanbid wat ons liefhet.  Ons lewens word bepaal deur wat ons liefhet.

Laai die Afrikaans hier afDownload the English here

Hier volg die hele erediens:

(more…)

Continue ReadingDie ding wat ons doen

Johannes 20:19-23

Johannes-20_19-23Die verhaal van die eerste opstandingsdag vind die dissipels in die bovertrek besig om die gebeure van die dag te oordink.  Die nuus het vinnig versprei dat Maria vroeg die oggend by die graf was en dit leeg gevind het.  Petrus en Johannes het gaan kyk en selfs ingegaan om self te sien dat dit leeg is. Verder het twee wat op pad na Emmaus was, ook kom vertel dat hulle die opgestane Jesus ontmoet het.

Terwyl die dissipels hieroor diep in gesprek was, staan Jesus meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!” En skielik is alles anders!

Laai die Afrikaans hier afDownload the English here

Hier volg die hele erediens:

(more…)

Continue ReadingJohannes 20:19-23