Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie

A man walking towards a cross with sunbeams
A man walking towards a cross with sunbeams

Die sweet begin pêrel teen die ou man se slape.  Die berg is steil. Hy gaan staan om asem te skep.   Sy oë dwaal terug.  Sy mense is net ‘n veraf spikkeltjie in die dynserige hitte van die vlakte.  Hy weet hulle sal vir hom wag.  Hy sluk swaar.  Wat sê hy vir hulle as hy leë hande terugkeer?

Hy draai om.  Daar is nie meer tyd vir draal nie.  Die tyd het gekom.  Hulle moet die berg uit.  Hy trek sy gordel reg waaraan die mes hang.  Hy versit die potjie met kole na sy ander hand.  Dan kyk hy links.  Sy seun het darem regtig sterk geraak.  Hy dra die hout met gemak.  Sy treë is lank.  Die man weet hy sal homself al hoe meer moet inspan om by te hou.  Sy hart swel van trots …

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingLukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie

Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel

Horace Vernet, Jeremiah on the ruins of Jerusalem (1844)
Horace Vernet, Jeremiah on the ruins of Jerusalem (1844)

Die roeping van Jeremia

Ek wil vandag gesels oor roeping.  En ek wil Jeremia as lens gebruik dat jy oor jou eie roeping as kind van die Here kan dink.  Want, ek is oortuig, die groei in ‘n mens se geestelike lewe begin by jou bewussyn van roeping.  En ek sal afsluit met ‘n paar gedagtes oor ons roeping as geloofsgemeenskap.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

(more…)

Continue ReadingJeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel

Living “Questionable” Lives

BELLS websliderBells Challenge

Ons gaan dié kwartaal aandag gee aan geloofsgewoontes, spiritual disciplines, that will help us become missional.  We will discuss five habits that will help us live generous, hospitable, Spirit-led, Christlike lives.  Why?  Because we are missionaries to our own neighborhoods as we heard in our Mission’s Week.

Wat ons gehoor het in Sendingweek moet nou deel van ons lewens raak, en ons gaan julle daarmee help.  Vanaand skets ek ‘n raamwerk vir die BELLS Challenge, die vyf geloofsgewoontes, wat ons gaan inoefen, en ons manier van leef gaan bepaal: Bless, Eat, Listen, Learn, en Sent.  Seën, eet, luister, leer, en gestuur.  Julle kan weereens volg op die Bybel app. (more…)

Continue ReadingLiving “Questionable” Lives

Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals”

pilgrim-18Ek is op ‘n plek in my geestelike lewe wat ek al hoe meer van twee goed bewus raak – die “hiernamaals” waarheen God ons wil neem, en die suigkrag van die “hiermaals” wat ons die vreugde van God se teenwoordigheid kan ontneem.

Ek is aan die een kant al hoe meer bewus van die bestemming wat God vir ons as kinders van die Here het. Hy wil ons as sy kinders verwelkom in sy koninkryk om “heilig, sonder foute en onberispelik” voor Hom te lewe – die “hiernamaals” wat Paulus in hoofstuk een van Kolossense uitgespel het (1:27). Dit is die grootste geskenk wat enigiemand kan kry. Nie net omdat dit ‘n wonderlike uitsig is nie – en dit moet jy goed hoor – maar omdat dit hiérdie lewe heeltemal verander. As ek weet waarheen ek op pad is, kan ek bykans enigiets wat met my hier gebeur, hanteer. Om die waarheid te sê, my ewige bestemming verdryf my vrees vir enige bedreiging op hierdie aarde. Dit is ómdat ek ‘n “hiernamaals” het waarna ek uitsien, dat die “hiermaals” – soos Lina Spies daarvan praat – nie net vir my draaglik word nie, maar deurdrenk met die teenwoordigheid van God self.

Ek is egter aan die ander kant ook al hoe meer bewus van die suigkrag wat die “hiermaals”, dié wêreld, op ons uitoefen, die beklemming van die verydeling wat ons hier beleef, en ons van die vreugde van dié bestemming en van die reis daarheen wil beroof. Die wêreld se waardes en lewenstyl raak soos molasse waarin jy trap, wat jou vryheid beperk, wat jou menswees inkort, wat jou verhouding met die Here vervlak en uiteindelik tot stilstand kan ruk.

Dit is in dié beklemmende situasie wat Paulus se helder woord uit Kolossense 2:6-23 my tref en terugbring by die hoop op die heerlikheid wat daar in Christus Jesus is. Die geheim van hierdie lewe, van die “hiermaals”, is Christus. Die geheim van die volgende lewe, van die “hiernamaals”, is ook Christus. Dit was die punt van Paulus se boodskap in hoofstuk 1. “Christus is in julle (die hiermaals), Hy is die hoop op die heerlikheid (die hiernamaals).” (1:27).

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:
(more…)

Continue ReadingKolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals”

Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God

holyspiritmotion1Ons verloor baie keer perspektief op wat op die spel is in die evangelie van Jesus Christus.  Ons lê klem op die inhoud van die evangelie, op die liefde wat Hy vir ons het, op die vrede wat Hy bring, op die bevryding deur die vergifnis van sondes.

En dit is reg so, want dit is die goeie nuus wat ons deel geword het in Christus.

Maar, ons vergeet van die feit dat ons “uit die mag van die duisternis gered” is en “verplaas” is “na die koninkryk” van God se “geliefde Seun”.  Die goeie nuus het vir ons ‘n werklikheid geword midde in die duisternis van hierdie sondige wêreld.

Jesus wil ons “heilig, sonder foute en onberispelik” voor God stel.

Dit is dus waarheen ons op pad is.  Om aan die einde van die tyd in ‘n groot kosmiese skouspel, as “heiliges”, mense wat sonder foute is, mense wat onberispelik is, voor God gestel te word, sodat God Homself in ons kan verlustig, en kan sê, sien julle, daar is my mense, dié mense wat ek nou vir ewig in gemeenskap met My intrek en vir ewig met hulle sal lewe.  Hulle is my volk, en Ek is hulle God.  Ons hoort nou bymekaar vir ewig.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingKolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God

Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4

I come to the garden alone

Austin Miles het ‘n ongelooflike lied geskryf: I come to the garden alone. Ek wil dit graag vir julle lees.

I come to the garden alone

while the dew is still on the roses,

and the voice I hear falling on my ear

the Son of God discloses.

Refrain:

And he walks with me, and he talks with me,

and he tells me I am his own;

and the joy we share as we tarry there,

none other has ever known.

  1. He speaks, and the sound of his voice,

is so sweet the birds hush their singing,

and the melody that he gave to me

within my heart is ringing. (Refrain)

  1. I’d stay in the garden with him

though the night around me be falling,

but he bids me go; thru the voice of woe

his voice to me is calling. (Refrain)

Austin Miles (1913)

Dit is ‘n ongelooflike raak beskrywing van die ervaring wat ‘n mens het as jy in ‘n noue gemeenskap met die Here wandel.  Daar is ‘n stuk ontsluiting van God wat in gebed kom wat nie met woorde beskryf kan word nie.  En daar is altyd ‘n stuk roeping daarin, “he bids me go” en dit sluit baie keer moeilike tye in “thru the voice of woe”.  Maar, die vreugde van die intimiteit met God is onvergelykbaar met enigiets anders.

En dít is die roeping van elke kind van God.  Dít is die deel van elke kind van God.  Dít is waarvoor ons geskape is.  Dít is waarvoor ons verlos is.  Om in ‘n ononderbroke gemeenskap met God te lewe.

Maar, dié lied van C. Austin Miles roep twee Skrifgedeeltes na vore, een van verlies, en een van vreugde.  Skrifgedeeltes wat nodig is om die omvang van die betekenis van Miles se lied te kan verstaan.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingDie nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4

Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16

Ons aanbid wat ons liefhet

Air FB advertensie2Ons het verskeie insette gehad dié kwartaal oor aanbidding.  Dink ‘n bietjie terug aan alles wat julle dié kwartaal al gehoor het.  Ek onthou dat ek die reeks afgeskop het met die gedagte dat ons aanbid wat ons liefhet. Ek het gesê dat ‘n mens kan agterkom wat jy aanbid, deur te dink oor die dinge wat jy liefhet.   Of dit nou ons behoeftes is aan seks, of mag, of geld.  Enigeen van dié drie basiese dinge kan die dinge raak wat ons aanbid, wat ons lewens stempel.  Soos Maarten Luther gesê het: “Whatever your heart clings to and confides in, that is really your god.”

Ons is wat ons liefhet.  Ons aanbid wat ons liefhet.  Ons lewens word bepaal deur wat ons liefhet.

En ek het gesê dat jy baie vinnig kan agterkom wat en wie dit is wat jy aanbid.  Kyk net na wat jy elke dag doen, waarna jy luister, waarna jy kyk, waaroor jy dagdroom, waaroor jy wakker lê.  Volg die spoor van jou tyd.  Dink oor jou voorliefdes, jou energie, jou geld, jou lojaliteit. Aan die einde van dié spoor sal jy ‘n troon sien, en daarop sal dié ding of dié persoon wees wat vir jou van die hoogste waarde is, dié ding of dié persoon wat jy die meeste op prys stel, wat jy aanbid.

En ek het drie dinge uitgespel wat jou sal help om die regte dinge lief te hê, die regte God te aanbid: en dit is die Woord, die Heilige Gees en die gemeente.  En ek het die voorbeeld van Tomas gebruik wat nie daar was toe Jesus aan die ander dissipels verskyn het nie.  Dit het hom skepties en geïsoleerd gemaak, totdat hy die moeite gedoen het om saam met die dissipels te vergader, en die transformasie van Jesus se teenwoordigheid ervaar het.

Dit is steeds so – die Here praat deur sy Woord, Hy gebruik sy Gees om jou te begelei, en ons is as gemeente vir mekaar gegee om ons te transformeer.  Jy ignoreer jou gelowige vriende tot jou eie nadeel, en dit sal die aanbidding in jou lewe tot ‘n stilstand bring, en ander dinge, ander liefdes, vir jou belangrik laat wees, en dit sál jou van die pad af neem.  Jou lewe sál nie meer in aanbidding voor die Here kan wees nie. (more…)

Continue ReadingLips and Lives – Hebreërs 13:15-16

Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9

KragtigWebsliderEk dink ons almal dink meesal oor die vervulling met die Heilige Gees – om “vol te wees van die Gees”, soos die BDV dit vertaal – dat Hy ons binnekant volmaak, dat Hy ons vervul, dat Hy ons met sy heiligheid en goedheid en waarheid volmaak en dan loop ons harte en lewens oor van wat die Gees in ons bewerk.

Ons dink op dieselfde wyse oor die vrug van die Heilige Gees.  As ons bid dat die Gees ons sal volmaak met Homself, dan sal Hy die liefde en die vrede en die vriendelikheid uit ons laat vloei, soos Gal. 5:22 daarvan praat.  Die Gees sal deur ons lewens die vrug van die Gees dra.

Daarom sal ons saam met Peterson die teks kan vertaal: “Drink the Spirit of God, huge draughts of him.” (The Message).  Want, as ons van Hom drink, groot teue van die Gees, by wyse van spreke, dan sal ons vol word van Hom en oorloop van sy goedheid en heiligheid.  Dit sal half outomaties gebeur, as ons in plaas van baie wyn te drink, baie van die Gees drink, dan sal ons onder die invloed van die Gees kom, en sal ons lewe deur Hom bepaal word.

Soos wat drank ‘n mens kan laat slinger van sy invloed, só sal die Gees ons lewenstyl in die wêreld bepaal.  Hoe meer Gees, hoe meer leef ons soos Hy dit bedoel. Hoe minder Gees, hoe minder leef ons soos Hy dit bedoel.

En dit is natuurlik presies soos Handelinge 2 daaroor praat. Die Heilige Gees het die 120 gelowiges volgemaak van Homself en hulle het in verskillende tale – die tale van die vyftiental nasies wat daar teenwoordig was – die boodskap van Jesus Christus aan die wêreld verkondig.

Nou, dít is ‘n wonderlike ervaring, en iets wat elke kind van God se deel is, die dag dat jy tot bekering kom.  En meesal is daar iets wonderliks verbonde aan die eerste ervaring daarvan in jou lewe.  En bring dit groot vreugde in jou wandel met die Here.

En as dít nog nie jou deel was nie, dan is dit nooit te laat nie.  Die Bybel belowe, as jy in die Here Jesus Christus glo en jou tot Hom bekeer, sal jy die belofte van die Heilige Gees ontvang (Hand. 2:38).  En sal Hy van binne af jou lewe transformeer.

Maar, dit is nie die enigste manier waarop die Gees in ons lewe werk nie.  Trouens, dit is ‘n vraag of ‘n mens hierdie vers só moet vertaal, en of dit nie beter is om eerder te vertaal: “Wees vol deur die Gees.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingDie vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9

Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4

AthansiusTydmors?

Baie mense sê teoloë mors tyd en energie met hulle ivoortoring debatte.  Daarmee bedoel mense dat hulle moeg raak vir die oënskynlik sinlose teologiese debatte en die eindelose worstelinge met perspektiewe wat vir baie nie regtig met die werklike lewe te make het nie.

Is sulke debatte nie net tydmors nie?  Daar sal in elk geval nooit ‘n einde aan kom nie, nie waar nie?

‘n Mens sou vir Athanasius, die aartsbiskop van Alexandrië in die 4de eeu n.C. daarvan kon beskuldig, dat sy debatte met die kerk en met die vier keisers van sy tyd tydmors was.  Hy het vir vyf dekades lank hom beywer nie net vir ‘n frase of ‘n woord in die geloofsbelydenis van Nicea nie, maar om een letter daaruit te hou.  Een enkele letter.

Geen wonder dat die mense van hom gepraat het as “Athanasius Contra Mundum” – Athanasius teen die wêreld.

Die ding is net, as Athanasius ingegee het, as hy opgehou worstel het, as hy tou opgegooi het, was ons almal vandag in die moeilikheid.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingDie eenheid van die Gees – Efesiërs 4

Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07

7-Psalms-A5-flyerPinkster 7 – 15 Mei 2016

Ons begin met lof en dank.  Die Psalmis sê: “2 Dit is goed om die HERE te dank.”  Die Hebreeuse woord yā∙ḏā(h) kan ook met “loof” vertaal word.  Dit kan soms selfs bely beteken, wanneer dit in die konteks met negatiewe dinge gekoppel word.  Hier beteken die woord loof of dank weens die dinge waarvoor die Psalmis sê ons die Here moet dank.

Die Psalmis noem God se “troue liefde” en sy “trou in die nag”.   Hy wil dit uitjubel met verskillende instrumente: “Want U maak my bly met u werk, HERE,  oor u handewerk juig ek.”  Trouens, dit gaan ook nie net oor God se werk in die skepping nie, maar oor die gedagtes wat daaragter lê: “6 Hoe groot is u werke, HERE,  hoe diep u gedagtes.”

Daar is min dinge wat ‘n mens meer bewus maak van die teenwoordigheid van die Here as om in lofprysing en danksegging voor die Here te verkeer.

Hier volg die hele erediens (more…)

Continue ReadingPsalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07