Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5
Somerstrand 10 Mei 2020

Verwelkoming

Dit is al ses weke!

Aan die een kant raak ‘n mens nou al gewoond aan die situasie. Is jy bly dat jy darem ‘n bietjie kan stap, draf of fietsry. Al is ‘n masker ‘n moeilike ding! En daar is ‘n bietjie meer lewe in die sentrums en op die paaie.

Aan die ander kant dink ‘n mens al hoe dieper oor wat regtig aangaan. Die globale inperking van nuus wat met die heersende narratief verskil, is onrusbarend. In plaas daarvan dat ons geleer word hoe om die waarheid van die valsheid te onderskei, word ons gedwing om net een weergawe te hoor.

Daar is egter min wat ‘n mens daaraan kan doen. Waaraan ons wel kan werk, is om onsself ingelig te hou. Om nie alles vir soetkoek op te vreet nie, maar dieper vrae te vra. Na verskillende stemme te luister.

Dit is immers wat die reeks oor die eerste brief van Petrus ons leer. Saam met die opdrag om steeds bly te wees in die Here, en te smag na die waarheid, die Woord van God, en te fokus op eensgesindheid, wil Petrus ons hierdie week aanspoor om die wil van die Here te soek en daarvoor te leef.

Pinkster 2020 – “Ek kom gou!”

Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes. Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld.

“Ek kom gou!” Dit is die boodskap van Jesus met Pinkster 2020. Dit is die hart van sy Openbaring aan die kerk van die eeue. “Ek kom gou!”

Die seëls is gebreek. Die trompette blaas. Die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Die bruilofsfees van die Lam en sy bruid is amper daar. Die nuwe hemel en aarde is amper voltooi.

Bid saam met die Gees en die kerk van die eeue: “Amen! Kom, Here Jesus!”

Ons begin op Hemelvaart 21 Mei 18:30. Ons sit dit voort vir 10 dae om 18:30 behalwe vir die twee Sondae wat die diens om 09:00 is. Ek stel volgende week by die erediens ‘n boek bekend wat jy vir jou stiltetyd kan gebruik gedurende Pinkster. Jy kan só die hele Openbaring deurwerk.

Ek gee die temas op die webtuiste.

  1. Jesus kom weer – Hemelvaart 21 Mei 18:30 – Openbaring 1
  2. Bly getrou – 24 Mei 09:00 – Openbaring 2
  3. Bekeer julle – 24 Mei 18:30 – Openbaring 3
  4. God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – 25 Mei 18:30 – Openbaring 4-7
  5. God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – 26 Mei 18:30 – Openbaring 8-11
  6. God beskerm sy kerk – 27 Mei 18:30 – Openbaring 12-15
  7. God bevry sy kerk met die sewe bakke – 28 Mei 18:30 – Openbaring 16-18
  8. Die bruilof van die Lam breek aan – 29 Mei 18:30 – Openbaring 19-20
  9. God skep hemel op aarde vir sy volk – Pinksterdag 31 Mei 18:30 – Openbaring 21-22

Skakel in by NG Kerk Somerstrand se Youtube kanaal.

Doen daagliks Bybelstudie uit Chris se boek: “Ek kom gou!”

(more…)

Continue ReadingLeef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5

Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12


Jaar van die Bybel 2020
Tema: Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12
Somerstrand 09:00 Youtube 3 Mei 2020

Kyk die video hier

Verwelkoming

Welkom, van naby en van ver, of jy alleen kyk of saam met jou mense. Ons is familie in Christus.

Ons het verlede week oor die Woord gesels. Dat ons daarna moet smag soos pasgebore babas na suiwer melk. In my leeswerk hierdie week is ek verder deur die boodskap geroer.

Soos Psalm 19 sê die hele skepping vertel al die eer van God. Die een dag stort vir die ander dag ‘n boodskap uit. Maar die Woord van God is volmaak. Dit maak ons harte bly. Dit gee vir ons wysheid.

Psalm 105 wat ons drie dae lank hierdie week in die Eenjaar Bybelleesprogram gaan lees, sê selfs dat die plae in Egipte “woorde” van God was. Woorde om Egipte te oortuig om die Here te gehoorsaam (Ps 105:27-28). Maar hulle het nie op sy “woorde” ag geslaan nie.

Daar is niks wat met jou gebeur waarin die Here nie is nie. Daar is niks wat met jou gebeur wat die Here nie gebruik om sy wil en wens aan jou bekend te maak nie. Die geheim is om op daardie “woorde” van God te reageer, nie op die gebeure self nie. Om te bid en te vra, wat wil U vir my sê. Hoe wil U hê dat ek moet reageer.

Dit maak ons tyd saam as gemeente so opwindend, want Petrus gaan vir ons vandag verder inlei in wat belangrik is in ‘n tyd soos hierdie. Ons het nou al oor blydskap gepraat en oor die Woord. Vandag gaan ons gesels oor eensgesindheid.

En Hy gaan ons help om die Here se wil te onderskei, sodat ons wat op die oomblik gebeur ook as “woorde” van God kan hanteer. (more…)

Continue ReadingWees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12

Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18
Somerstrand 09:00 12 April Paassondag

VIDEO OP YOUTUBE

Verwelkoming

My wêreld, maar is dit nou ‘n plesier om soveel mense van soveel plekke te sien inskakel. Uit Humansdorp, uit Riebeeck-Oos, uit talle plekke in ons land en in die wêreld. Bekendes en vriende wat ons nog moet leer ken. ‘n Gemeenskap van 111 families en lidmate wat gelyk gekyk het na die Goeie Vrydag diens, en aan die einde van die dag 300 keer gekyk is. Die Tenebrae diens het Saterdag al by die 500 kyke getrek. (more…)

Continue ReadingEk het die Here gesien – Johannes 20:1-18

Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Die krag van die kruis - Jesaja 53:3-12
Somerstrand 09:00 – Goeie Vrydag – 10 April 2020

Intro Psalm 23

Alida Bothma

Verwelkoming

Die lidmate wat die Eenjaar Bybelleesprogram volg van die begin van die jaar af, het vanoggend Psalm 80 gelees. Dit is ‘n uitstekende Psalm vir voorbidding vir mense in die geloofsgemeenskap. Twee keer bid Asaf: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (vers 8,20).

Ek wil jou aanmoedig om die Psalm vir jouself, vir jou familie, en vir mense in die breë geloofsgemeenskap te bid: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!”

Verjaarsdae

Annelie Hattingh en Eben Olivier verjaar vandag. Baie geluk!

Votum en Seëngroet

Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die Almagtige. (Openb 1:4-8)

Inleiding

Ons het nagmaal sommer so as vanselfsprekend aanvaar, nie waar nie? Jy weet daar is so vier keer ‘n jaar nagmaal. Jy daag net op en dan vra die dominee nog, is iemand oorgeslaan met die brood of die wyn. Jy sal altyd kan eet en drink. Want, dit is waarvoor die nagmaal is. ‘n Viering van ons gemeenskap met mekaar.

Nou is ons ingeperk. Wat gaan ons nou doen? Daar is eintlik nie enige voorbeelde in die geskiedenis van hoe ‘n gemeente die nagmaal kan hou, as hulle nie in dieselfde plek bymekaar is nie. Jy kan nog ‘n soort huisnagmaal hou, of ‘n familienagmaal. Maar, as gemeente?

Dit is nie so eenvoudig nie, nê? (more…)

Continue ReadingDie krag van die kruis – Jesaja 53:3-12

God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39

Jaar van die Bybel 2020
Tema: God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39
Somerstrand 5 April 09:00 Passie Sondag

Verwelkoming en aankondigings

Dit is vandag Palm Sondag, die Sondag waarop ons herdenk Jesus se Intog in Jerusalem. Met die palmtakke wat geswaai is, die klere wat op die grond neergegooi is, die Hosannas wat die skare gesing het, om Jesus as die Koning te ontvang.

Ons noem hierdie Sondag ook Passie Sondag, die Sondag wat die week inlei waarin Jesus se pad onwrikbaar op die kruis van Golgota afgestuur het. Na die worsteling in Getsemane. Die roerende gebed of die beker nie by hom verby kan gaan nie. En die uiteindelike dood aan die kruis op Golgota.

Ek gee aan die einde ‘n skakel na ‘n pdf wat jy kan gebruik om die verhaal van Jesus se laaste week te lees, soos die vier evangelies dit vir ons vertel. Dit is opgedeel in die dae van die week, sodat jy dit van vandag af tot volgende Sondag kan lees.

Ek noem dit Heilige Week. Die mense wat die Prontuit die Waarheid boek het, sal die tekste kan volg in hulle boek. Die ander sal die tekste in hulle Bybels kan volg.

Dankie vir die bydrae wat verlede week gekom het vir die sopkombuis. Theo is baie dankbaar. Theo het vir ons ‘n lysie van benodigdhede gegee vir Willowpark en Barcelona. Jaco het met die Sasol vulstasie gereël dat dit daar gelos kan word.

Hugo het ook vir ons ‘n video gestuur oor die verspreiding van kos in Kaïro. Hulle het 1 300 mense kos gegee. Kom ons luister wat Hugo vertel.

Verjaarsdae: Lang-Piet de Villiers verjaar vandag. Ons wens hom geluk. Ook die ander wat verjaar. Die name is op die webtuiste met die selnommers. Reik uit en wens mekaar geluk.

SKAKEL NA DIE YOUTUBE VIDEO

Votum en seën (more…)

Continue ReadingGod se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39

Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14

Jaar van die Bybel 2020
Tema:Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe” – Esegiël 37:1-14
Somerstrand 09:00 29 Maart 2020

Verwelkoming en Aankondigings

  • Welkom by ons tweede uitsending. Julle is welkom om te reageer. Ook met eie insette. Vrae. Ek antwoord graag.
  • Onthou ons webtuiste vir inligting. Ook die Facebook Dit is die plek waar ons kommunikeer. Julle kan my ook Whatsapp by die nommer op die webtuiste.
  • Ek het ook ‘n Youtube kanaal vir die gemeente geskep. Die ander kanaal sal ook werk. Dit is my eie kanaal. Maar mettertyd sal hierdie NGK Somerstrand kanaal die enigste een wees wat ons gebruik. Boekmerk dit sodat jy altyd daar kan uitkom.
  • Ons dink vanoggend aan almal wat siek is. Die COVID-19 virus is nie die enigste gevaar nie. Ek het met van die mense wat in die hospitaal was, gesels, maar besoeke is uiteraard nou gestop. Dit gaan goed met Wynand en Annelise Viljoen. Annelise se behandeling word voortgesit in hierdie tyd. Dieselfde geld Leonora Clark. Sy moet ook nog ingaan vir behandeling, maar Tony kan haar darem rondry. Dieselfde geld Dido du Plessis. Mag die Here julle dra in hierdie tyd.
  • Ons dink spesiaal aan Hennie en Ivo Meyer. Gwen Meyer is hierdie week oorlede en ons het haar Donderdag begrawe. Ons meelewing in hierdie moeilike tyd vir die uitgebreide familie in ons gemeente – Elsje, Cecile, Hennie, Dalene, Clairwyn en die kleinkinders – ook Hennie se dogter in die Kaap, Eldoline, wat self met uitdagings sit, sowel as die vriendekring.
  • Geluk met die verjaarsdae. Dit gaan uiteraard nou meer intieme geleenthede wees! Geluk Philip Loots en Tom van Deemter. Julle verjaar vandag. Die res van die verjaarsdae kan julle op die webtuiste sien. Bel en reik uit!
  • Dink aan Theo Havemann. Hy probeer steeds voortgaan met dienslewering in Helenvale vir 350 kinders sowel as die min of meer 30 mense in die karavaanpark. Dit was uitdagend om goedkeuring te kry. Dit lyk my ons het dit reggekry. Maar, met geen inkomste by die karavaanpark kom alles nou uit sy sak. Ons sal waardeer as die Here dit op jou hart lê om betrokke te raak.
  • Laastens, ons het Snapscan Julle kan nou ook met die toep op julle selfone betaal. Hier is ‘n verduideliking van hoe dit werk. Dié wat weet, kan doodgewoon hulle selfone in die toep wys na die grafika op die skerm en die instruksies volg.

(more…)

Continue ReadingEk sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14

As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25

Dit by maar moeilik om te vergewe, nê?

http://bible.com/events/7135655

Jy vertel iets vir iemand as ‘n geheim. En dan hoor jy die storie het oral versprei.

Of iemand sê iets oor jou wat nie waarheid is nie. En jy probeer dit regstel, maar hulle wil jou nie glo nie. Versprei valse stories oor jou.

Ek dink dit is een van die redes waarom baie mense van wraakflieks hou. Flieks soos The Equalizer. Daar is nou ook ‘n weergawe 2 uit. Baie gewelddadig. Ouderdomsbeperking van 16+.

Die storielyn is baie eenvoudig. Robert McCall (Denzel Washington) is ‘n afgetrede Marine en verdedigingsagent wat by ‘n Home Mart hardeware winkel werk. Hy neem wraak namens ander mense. Met sy kaal hande maak hy sake gelyk deur die skurke in die verhaal uit te wis.

Daar is min vergifnis in daardie fliek. Dit is ook nie nodig nie, want almal wat sleg is, word doodgemaak. Sake word gelykgestel.

Ek dink baie van ons wens ons kan soos Denzel Washington wees. Ook dinge so regstel. Sommer net so met ons kaal hande.

Die dissipels in die NT was ook so.

Hulle wou ook hê dinge moet reggestel word. (more…)

Continue ReadingAs julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25