God se liefde maak saak – 2 Samuel 7
Advent Tema: God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 Vierde Sondag van Advent 20 Desember 2020 Youtube 09:00
Advent Tema: God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 Vierde Sondag van Advent 20 Desember 2020 Youtube 09:00

Derde Sondag van Advent
Tema: Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11
Somerstrand 13 Desember 2020 – Youtube 09:00

KERSSANGDIENS
Tema: Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11
Tweede Sondag in Advent – VREDE
Somerstrand 6 Desember 2020 op YouTube 09:00

Eerste Sondag van Advent 29 November 2020 Tema: Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 (U is tog ons Vader, Here) Somerstrand Youtube 09:00
Somerstrand Youtube Pulse 18:00 6 Oktober 2020
Bibleflix
Ons is besig met Bibleflix. Ons fokus op die wonderlike verhale en intriges in die Bybel. Verhale van mense wat besondere goed doen. Mense wat ons leer hoe om ‘n pad met God te stap. Ons leer by hulle hoe ons self verskillende situasies kan hanteer. Want al hierdie verhale is voorbeelde vir ons.
Daniël en sy drie vriende
Vandag fokus ons op Daniël se drie vriende. Hulle het as tieners die oorlog in Jerusalem eerstehands ervaar. Hongersnood. Geweld. Toe gebeur die ergste. Hulle word uit hulle land ontvoer. Na die vreemde stad van Babel. (Foto van vuur)
Nebukadnesar wil hulle verander
En omdat hulle uitblinkers was, het koning Nebukadnesar hulle uitgesonder. Hy wou van hulle goeie burgers van sy land maak. Hy wou hulle verander om soos die mense van Babel te glo, dink, doen en leef.
Dit is mos wat met ons ook gebeur in hierdie wêreld. Ons word konstant uitgedaag om in te pas. Om ons Christelike waardes te verlaat. Om die wêreldse standaarde te aanvaar. Om te doen soos die wêreld doen. Eerder as om aan God gehoorsaam te wees. (more…)
Tema: Yster slyp yster – Spreuke 27:17 Pulse: Youtube 9 Augustus 2020 18:00 Wat is ’n vriend? Kyk video op Youtube
Jaar van die Bybel Tema: God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 Youtube 09:00 19 Julie 2020 Somerstrand Familiediens Kyk op Youtube Kyk na kleiner video (171 MB)…
Jaar van die Bybel Tema: Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 Somerstrand 12 Julie 2030 Youtube 09:00
Verwelkoming
Welkom van waar in die wêreld jy ook al af inskakel.
Die mense wat in Februarie met die Psalms begin het, het vanoggend Psalm 117 gelees. Dit is die kortste Psalm, trouens die kortste hoofstuk in die Bybel. Dit is ook die middelste hoofstuk in die Protestantse Bybel. Daar is 594 hoofstukke daarvoor en 594 hoofstukke daarna, in totaal 1 189 hoofstukke met Psalm 117 ingesluit.
Die Psalm is eintlik net een lang sin.
1 Loof die HERE, alle nasies, besing Hom, alle volke, 2 want magtig oor ons is sy troue liefde, ja, die trou van die HERE is vir ewig. Halleluja!
Die Psalm roep alle nasies saam met die Godsvolk op om God te prys en wel om twee redes.
Dit asof God se liefde as ‘n vertikale werklikheid geteken word, en sy trou as ‘n horisontale werklikheid. Sy trou kom vanuit die oneindigheid van die ooste en strek tot die oneindigheid van die weste. Dieselfde van die suide af tot in die noorde. Daar is geen einde aan God se trou nie.
En as jy dié twee dinge saamgooi, sy groot liefde, en sy oneindige trou, kan ‘n mens dit só opsom: God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons. Daarom moet God geprys word.
Geluk Jolanda Broodryk en Eli du Preez. Geluk ook aan Jean Le Roux (12).
Kategese
Ons skakel vir die laerskool kategese in die tyd van die inperking in by die Lofkabouters van ds Thania Boha van PE Hoogland. Vandag is dit B vir Bybel in haar Geloofsalfabet. Gebruik die 10 minute aanbieding vir gesprek en aktiwiteite met julle kinders. Geniet! https://youtu.be/JaPtQOPNyok
Behoeftes
Onthou die kos en klere projekte wat ons deurlopend hardloop. Bydraes vir Jaco en Annemarie Barnard by Bognorstraat 6 en vir Theo by Total en Elsje en Cecile. Bydraes vir die Noodfonds is ook steeds welkom.
Pulse
Ons informele erediens vanaand, Pulse, gaan weer oor die tema van Seks: Wat sê die Bybel? Net vir bo-13’s. Ouers kan met die lied ná die kindertyd hulle kinders onder-13 net verskoon. Ds Pieter Nel van Hoogland gaan dit hanteer.
Youtube
Teken sommer nou in op die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. Jy kan notifications ook aansit sodat jy kennis kan kry van elke volgende video.
Onthou die kleiner formaat video of die klankbaan. Die skakels is op Whatsapp, nuusbrief, web en Facebook beskikbaar.
Votum en Seëngroet
28Kom na My toe, almal wat moeg is en swaar dra aan laste, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus vind. 30Want my juk is sag en my las is lig.” (Matt 11:25-30 – ASV)
Jaar van die Bybel 2020 Tema: Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 Somerstrand 19 Mei 2020
Verwelkoming
Daar is min dinge wat ‘n geloofsgemeenskap só in harmonie kan laat funksioneer as die fokus aan die een kant op onderlinge versorging en aan die ander kant op standvastig saamstaan in die geloof.
In dié mate wat ons vir mekaar voorbeelde van standvastigheid in die geloof verskaf, in dié mate versterk ons die band wat ons aan mekaar bind.
Dit is iets wat van leiers gevra word. Dit is iets wat net soseer van volgelinge gevra word.
Dit is die boodskap wat Petrus vir ons in hoofstuk 5 van sy eerste hoofstuk gaan gee. Staan sterk in die geloof sodat ons kan Volhard vol van Vreugde, die tema van ons reeks.
Dit is so heerlik om die onderlinge hulpbetoon waar te neem. Mense wat ons noodfonds ondersteun. Mense wat help met hulpverlening. Uitsortering van klere. Kos. Bel.
Hou so aan! (more…)