Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52
My eerste herinnering van die kerk was in die pastorie van ‘n predikant. Ek was afwesig toe die sertifikate vir die eerste jaar Sondagskool by die kerk uitgedeel is. Daarvan onthou ek nie veel nie. Maar, my ma het my gestuur om my sertifikaat te gaan haal by ds Leuvenink in die pastorie op Vredendal. Alleen. Net ses jaar oud. Ek onthou die huiwering by die hekkie; die ontsag wat sy lengte by my ingeboesem het toe hy die deur oopmaak; die gasvryheid van die koeldrank wat hy vir my ingeskink het; die blywende indruk toe ek in die stofstraat terug gestap het: dit is hoe dit moet wees om in God se teenwoordigheid te wees.
Ek sou daarna baie ander ervarings in die kerk hê, ‘n pad stap met wonderlike predikante – di MC Steyn, Jaap Weideman, André Strydom – en wonderlike kategete, en wonderlike lidmate. Maar, daardie eerste ervaring bly my by.
Ek wonder wat was jou eerste ervaring van die kerk? Hoe was dit is? Watter mense het ‘n rol gespeel? Hoe is dit vandag? Wat beteken die kerk vir jou?
Kom ons luister in Handelinge 13 na die mense van Antiogië (Pisidië – Turkye) se eerste ervaring van die kerk. Toe die Here almal wat vir die ewige lewe bestem was deur die prediking van Paulus en Barnabas tot geloof gebring het.
Download English: Receiving Eternal Life
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)








