Seksualiteit is ‘n onderwerp waaroor min gepraat word. Veral in die kerk.
Seksualiteit is deel van God se goeie skepping
Die Bybel vermy die onderwerp van seksualiteit egter glad nie. Want seksualiteit is deel van God se goeie skepping.
Die Here sê reg aan die begin: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal ‘n hulp maak wat by hom pas.”(Gen 2:18). Hy maak hulle “helpers en helftes” vir mekaar. Dit is wat daardie frase beteken. Hulle pas soos “helftes” van die geheel by mekaar wat mekaar bystaan en ondersteun,. Hulle is “helpers” vir mekaar.
Geen wonder dat die Genesis skrywer uit hulle verbintenis die gevolgtrekking maak dat die man sy ma en pa sal verlaat: “en sy vrou aankleef.” (Gen 2:24). “Helftes” en “helpers” wat mekaar nie sal kan weerstaan nie. En die skrywer voeg daarby: “Hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.” (Gen 2:25).
Die Bybel is dus nie skaam om oor seksualiteit te skryf nie. Van die begin af word daaroor in gloeiende positiewe terme geskryf. Tot in die fynste detail van die fisieke aard van ons seksualiteit. (more…)
Dit is fassinerend om Johannes se verhaal van die opstanding met nougesette aandag te lees. As jy dit lees en herlees en nogmaals herlees begin fyn detail uitstaan wat jou begrip van wat hier gebeur nie net verdiep nie, maar jou eintlik intrek in wat hier gebeur.
‘n Goeie verhaal is mos so. Dit is asof jy in die lees ingetrek word. Dit is asof jy dit saam begin beleef. Asof jy daar is. Dit is wat Johannes ook met ‘n mens regkry in hierdie verhaal van die opstanding.
In my voorbereiding het hierdie teks van Jesus se dood en begrafnis in Johannes 19 my aanvanklik swaarmoedig gestem. Ek het dit gelees, en weer gelees en nog ‘n keer gelees. Ek het gesukkel om ‘n boodskap daarin raak te sien wat ek vir julle kan bring.
Ek is só bewus van die feit dat ons hoop nodig het in ons lewe en ons land. Daar is soveel negatiewe dinge wat ons beleef. Soveel dinge wat ons wanhopig maak. En ek het só ‘n behoefte om ‘n boodskap van hoop te bring.
Maar die groeiende donkerte van Jesus se ervaring aan die kruis het my gemoed bekruip soos die skaduwees in die klowe tussen die berge. Jy dink nog daar is ‘n bietjie sonskyn oor dan verdwyn die son agter die berge.
Wat sê ‘n mens as só ‘n donkerte jou bekruip en oorval? En dit uit die Bybel, uit die teks wat ons vir Goeie Vrydag eintlik móét lees?
Ek het soos ek altyd maak die verwysings in die Skrif nagegaan, die talle verwysings wat Johannes gebruik as agtergrond vir die beskrywing van Jesus se dood en begrafnis.
Die eerste was die eerste twee OT verwysings na die sug wat deur Jesus se dorre lippe ontsnap het: “Ek is dors”.
1. “Ek is dors”
Maar die twee verwysings na die OT in hierdie uitspraak van Jesus het my nog verder in die donkerte ingeneem, en gelaat met ‘n gevoel van verydeling. Soveel leed. Soveel pyn. So lank reeds voorspel:
Tennebrae diens Donderdag 29 Maart 18:00 Somerstrand
PowerPoint 1: Dit is Volbring!
Dulce Jesus Mio speel.
Doof musiek uit en PowerPoint af
Chris lees inleiding:
Beleef die laaste ses uur van Jesus se kruisiging met woord en beeld. Uur vir uur. Soos die Skrif dit vir ons vertel. Sewe kruiswoorde troef die leed en die laster. Genade vir jou. En vir my. Dit is Volbring!
Daar is drie reise of bewegings opgesluit in die boodskap van Johannes 19:17-27.
Die reis van Gabbata na Golgota
Die eerste beweging is die letterlike reis van Gabbata na Golgota, van die huis van Pilatus na die kruis van Jesus, van die regsverydeling van die mensdom na die reddingsdaad van God self.
Die reis van Gabbata na Golgota begin, van Pilatus se plek, die “Klipplaveisel”, na Jesus se kruisiging, die “Kopbeenplek”.
Gabbata was ‘n plek wat ‘n mooi plaveisel van klip as vloer gehad het, ‘n teken van beskawing, van reg en orde. ‘n Plek soos hier in die kerk. Netjiese teëls. Imposant.
Golgota was ‘n plek waar mense doodgemaak is, waar kopbene rondgelê het, baie keer nie eers met respek in ‘n graf neergelê nie. ‘n Plek soos ons ashope, die plek waar afval weggegooi is, die plek waar niemand wou kom nie.
Die doel van hierdie beskrywing is om jou te oortuig dat dit werklik was; dat Jesus regtig die lydingspad geloop het; dat Hy regtig aan ‘n kruis gehang het; vir jou.
Maar die beweging is nie net ‘n fisiese reis van beskawing na begraafplaas nie. Dit is ook ‘n geestelike reis.
Dit is ‘n reis ván die plek waar Pilatus kies om sy lewe te behou, maar dit juis uiteindelik verloor, omdat hy die Een wat die lewe in sy hand hou, verraai en verwerp.
Dit is ‘n reis ná die plek waar Jesus kies om sy lewe te gee in die dood, sodat dié wat in Hom glo, die lewe sal kan behou.
Dit is daarom egter nie net ‘n reis van verydeling nie. Dit is ook ’n beweging vanaf Pilatus se regsverydeling, ter wille van sy eie lewe, na Jesus se reddingsdaad, ter wille van ander se lewe. Wat beteken, al is dit swaar, al was dit ‘n pad van pyn, was dit ook ‘n reis van redding.
Ons gemeenskap beloon populariteit. Die gewildste mense is die grootste mense. Jesus werk heeltemal anders. Hy wys dat die grootste mens die Een is wat dien, in sy geval tot aan sy dood aan die kruis.
Ons bely in die Apostoliese Geloofsbelydenis oor Jesus: “wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is.”
Ons fokus vandag op Jesus voor Pilatus, volgende week op die kruisiging, Goeie Vrydag op sy dood en begrafnis en Paassondag uit Johannes 20 op die opstanding, soos ons bely: “wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode”.
Tussen-in gaan ons ook ‘n Tennebrae (donker) diens hou Donderdagaand 29 Maart 18:00. Ons fokus met video, woord en lied op Jesus se kruisiging: Dit is volbring!
Die skildery van Mihály Munkácsy (1844–1900) Le Christ devant Pilate dien as agtergrond vir vandag se PowerPoint.
“Van dié wat U My gegee het, het Ek niemand verlore laat gaan nie.”
Tussen twee tuine
Die verhaal van die laaste dag in Jesus se aardse lewe speel hom af tussentwee tuine. Die tuin van Getsemane by die Kedronspruit aan die voete van die Olyfberg waar Jesus verraai is (Joh 18:1). En die tuin van Josef van Arimatea waar Jesus se liggaam toegedraai en begrawe is na sy kruisiging en dood (Joh 19:38).
Petrus verloën die Here Jesus in die binnehof
Tussen-in is daar die verhaal van die binnehof van die hoëpriester Annas waar Petrus by ‘n vuur gestaan het in die koue en die Here Jesus drie keer verloën het (Joh 18:15-18; 25-27).
‘n Mens het in die eerste tuin nog gesien dat Petrus vir die Here Jesus opkom. Judas het daar die Here Jesus verraai en sy genade verwerp. Petrus het daar egter nog die Here Jesus verdedig deur Malgus se oor af te kap. Sy verbintenis aan Jesus, al was dit op ’n verkeerde manier, was nog stewig.
Maar hier waar die gety draai teen Jesus, waar Jesus van kerk na staat gestuur word om die hoogste prys te betaal, hier faal Petrus se moed hom, en verloën hy die Here Jesus. Drie keer.
“Die diensmeisie wat deurwagter was, sê toe vir Petrus: ‘Jy is tog nie ook een van hierdie man se dissipels nie?’ ‘Nee, ek is nie!’ antwoord hy.” (Joh 18:17).
‘n Rukkie later: “Die mense by die vuur vra toe vir hom: ‘Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie?’ Hy het dit ontken en gesê: ‘Nee, ek is nie!’”
En nog later: “Een van die hoëpriester se slawe wat familie was van die een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: ‘Het ek jou dan nie in die tuin by hom gesien nie?’ Petrus het dit weer ontken, en net daarna het daar ’n haan gekraai.”
Die “regte pad” word deur ons waardes en beginsels bepaal
Spreuke maak geweldig baie van die idee dat daar ’n “regte pad” is om op te loop, en ’n verkeerde een. Alles moet in die stryd gewerp word om dié regte pad te vind. Niks moet jou daarvan weerhou nie. En alles moontlik moet gedoen word om die verkeerde pad te vermy.
In die lig van uitdagings en versoekings wat oor ons pad kom, word die besluite wat ons neem deur ons waardes en beginsels bepaal. Al die situasies het nie altyd ’n voor die hand liggende regte en verkeerde antwoord nie. Om wysheid te hê in die situasie, beteken dat jy ’n sterk waardesisteem moet hê, ‘n sterk stel beginsels waarmee jy besluite kan neem.
So ’n sterk beginselvaste waardesisteem groei uit ons verhouding met God. (more…)
Elke geslag gelowiges word deur dieselfde uitdagings gekonfronteer – twyfel, moedeloosheid, vrees, verdeeldheid, verwerping – en die stryd teen materialisme en apatie. Koppel dit aan die uitdagings van ons politiek en die ekonomie, en in hierdie tyd heel spesifiek doodgewoon die uitdaging van die droogte, en dit word ‘n amper dodelike aanslag op ons geloof.
Die verhaal van Jesus in Betanië
Daar is ‘n verhaal in die evangelies wat ons help om dié uitdagings die hoof te bied, die verhaal van Jesus in die dorpie Betanië, die dorpie net langs Jerusalem. Dit is ‘n verhaal van vier episodes waarin Jesus se interaksie met die drie karakters van Maria en Marta en hulle broer Lasarus ons help om die uitdagings van hierdie lewe die hoof te bied.
Die eerste episode fokus op die verhaal van die Barmhartige Samaritaan wat ons help verstaan hoe belangrik deernis is, om ‘n naaste te word vir die mense wat oor jou pad kom (Luk 10). Die tweede episode fokus op die verhaal van Lasarus, die een waarop ek gaan fokus in die prediking (Joh 11). Die derde episode fokus op die laaste week van Jesus voor sy kruisiging waarin Maria Hom salf vir sy begrafnis (Matt 21 vv). Die vierde episode fokus op die hemelvaart, want dit is van Betanië af wat Jesus hemel toe is (Luk 24).
Ek wil ietsie sê oor die eerste episode, voordat ons kyk na Johannes 11, want dit dek die tafel vir wat gaan gebeur in die tweede episode.
Jesus vertel die verhaal van die Barmhartige Samaritaan in Betanië met Maria aan sy voete terwyl Marta effe vervaard rondhardloop in haar poging tot gasvryheid (Luk 10). Jesus illustreer met die verhaal dat barmhartigheid van verrassende kante af kom, van mense wat jy dit nie verwag nie. Die Samaritaan help die man wat onder die rowers deurgeloop het op die pad na Jerigo, terwyl die Leviet en priester onbetrokke bly.
Daarmee moedig Jesus ons aan om op dieselfde manier ‘n naaste vir ander te wees. Nog dieper, om enigiemand wat oor ons pad te kom as ‘n naaste te hanteer. Trouens, om ‘n naaste te wees. Want die moedeloosheid en vrees en verdeeldheid in hierdie wêreld word stukkie vir stukkie opgelos deur die deernis waarmee ons ons naaste begroet en bedien en waarmee ons ‘n naaste word. Dit is waarheen ons opgeroep word.
Twyfel en apatie word die hoof gebied deur uit te reik en betrokke te raak, om ‘n naaste te wees vir dié wat oor jou pad kom, om deernis en liefde en omgee te gee sonder om iets terug te verwag. Om bereid te wees om nie net iemand op jou donkie te laai nie, maar plek in ‘n herberg te gee, en selfs te betaal vir die hele herstel periode. Dit is die weg tot genesing. Vir ander. Vir jouself. Vir hierdie wêreld.
In die verhaal van die Barmhartige Samaritaan het die man, wat onder rowers geval het, dus oorleef weens die deernis van sy weldoener. En onthou, met die gelykenis het Jesus eintlik Homself as die eintlike Barmhartige Een op die tafel gesit. Dit is immers hoe God is, die een wat Barmhartig is, lankmoedig, vol deernis en liefde. Die Barmhartige Samaritaan het opgetree soos God self dit doen.
Die vraag was egter, wat sou Jesus, die Barmhartige, die Deernisvolle Een, doen as ‘n vriend van Hom siek word?
Evening service Summerstrand DRC 18:30 11 February 2018
The prophet Jeremiah wrestles in his book with his calling to proclaim destruction and judgment on the people of Judah and their leaders. His message is that the people forgot God and refused to acknowledge Him. They are so useless in the relationship with God as a worn belt for His body.
Therefore, the Lord is no longer pleased with them and has no mercy with them anymore. And even though it breaks Jeremiah’s heart, he proclaims their breaking, as if they were clay pots. The Lord will break the people and their city. The captivity in Babylon will be their punishment. The Lord will not spare them and let them be taken away by their enemies.
Ironically, however, the captivity is also their salvation. As part of Jeremiah’s call to build and settle, he described the captivated captives as a basket of good figs, and in a letter he proclaimed the Lord’s good mercy to them:
“11 For I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future. 12 Then you will call on me and come and pray to me, and I will listen to you.” (29:11-12).
This is in a nutshell what Jeremiah’s calling involved. He was faithful and obedient to this. Ever since he was a young teenage son until his death as an old man in Egypt.