Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël

Biddag vir reën Somerstrand 14 Februarie 2018

Verwelkoming

Ek gaan julle in gebed begelei aan die hand van die profesie van Joël. Ek het die bewegings in die boek in ses dele opgedeel. Daar gaan by vier daarvan tyd vir stilgebed wees. Volg net die PowerPoint en my instruksies. (more…)

Continue ReadingWie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël

Extract from Nik Ripken’s book “The Insanity of God”

This is the story of my journey. Please hear this well: I do not have answers to all of my questions. In fact, I am still not exactly sure where this journey might lead. But I am certain that the questions are worth asking—and I am certain that God is a patient, though sometimes demanding, teacher. I am not completely sure about the ending of the story. But the beginning, I believe, was a plane trip to hell . . . (more…)

Continue ReadingExtract from Nik Ripken’s book “The Insanity of God”

Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23

Paulus het die reg om te deel in die voorregte van die evangelie

Paulus reageer hier in 1 Korintiërs 9 op mense wat kritiek lewer op sy bediening. Hy gebruik ‘n reeks retoriese vrae waarmee hy bevestig dat hy ‘n apostel is en die voorregte daaraan verbonde sou kon geniet.

  • Het ek nie vir Jesus, ons Here, persoonlik na sy opstanding gesien nie (vers 1)?
  • Is julle dan nie die vrug van my werk nie (vers 2)?
  • Het ek nie die reg om deur julle onderhou te word nie (vers 4)?

En telkens is die antwoord natuurlik, ja.

  • Hy het die Here Jesus gesien.
  • Die Korintiërs is die vrug van sy arbeid.
  • Hy het die reg om deur hulle onderhou te word.

Hy gaan voort om hierdie reg te begrond in die wet van God, want dit is wat die Skrif ook sê.

  • Wie dien ooit op eie koste as soldaat?
  • Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrugte nie?
  • Jy mag mos nie ‘n bees waarmee jy graan dors se bek toebind nie (Deut 25:4)?

Tog het Paulus besluit om dié voorregte nie te gebruik nie, sodat niemand beswaar kon maak dat Paulus homself verryk deur die bediening nie. Hoekom nie?

Want: “Dit alles doen ek ter wille van die evangelie!

Die evangelie is vir hom belangriker as sy eie belang. Hy gaan liewer dood as om iets van hulle te vra as hulle dit nie self gee nie! Trouens dit is sy roem en eer dat hy dit kosteloos doen, al het hy die reg om van hulle afhanklik te wees vir sy lewensonderhoud.

DOWNLOAD THE ENGLISH TRANSLATION

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingDit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23

Knowing God – Genesis 3:1-15

The Bushmen in the Kalahari Desert talk about the two “hungers”. There is the Great Hunger and there is the Little Hunger. The Little Hunger wants food for the belly; but the Great Hunger, the greatest hunger of all, is the hunger for meaning…

The hunger for meaning. For us it means we have to talk about God, for He is the one, we believe, that gives ultimate meaning. Not only happiness or significance, but ultimate meaning.

That is what we will focus on tonight. In our search for meaning, how do we get to know God? (more…)

Continue ReadingKnowing God – Genesis 3:1-15

Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31

Geluk begin by gehoorsaamheid

Happy families are all alike; every unhappy family is unhappy in its own way.” (Anna Karenina, Leo Tolstoy).

Dit is een van die beroemdste eerste sinne ooit van ‘n roman. Dit vat in ‘n neutedop die kontras tussen twee van die hoofkarakters in Tolstoy se roman saam, Konstantin Levin en Anna Karenina.

Aan die een kant het jy Levin wat kies vir lojaliteit aan sy vrou Kitty Shcherbatsky en hulle familie, al het dit bloedsweet gekos. Hulle beleef uiteindelik liefde, geluk en vrede.

Aan die ander kant het jy Anna wat kies vir ‘n buite-egtelike verhouding met Alexei Vronsky om te ontsnap aan haar ongelukkige huwelik met die baie ouer Alexei Karenin. Dit eindig tragies in ongeluk, onvrede, verwydering, selfs van haar seun, en uiteindelik selfmoord.

‘n Mens is in die lees van die boek óf in die meeleef met die rolprent aanvanklik opgevang in die romantiek van die passie wat Anna het vir Vronsky, maar besef algaande die selfvernietigende pad waarop sy haarself en almal rondom haar plaas. Jy begin algaande besef dat dit onafwendbaar op ‘n tragedie gaan afstuur.

Die omgekeerde is waar van die verhouding van Levin en Kitty wat deur hoeveel drama en stryd, misverstande en versoekings gaan, maar vir wie die keuse vir eerbaarheid en lojaliteit ‘n fondament gee vir uiteindelike geluk en vrede.

Dit illustreer vir my die eeueoue waarheid: Geluk (of Saligheid as jy die Bergrede ernstig neem) begin by Gehoorsaamheid. Jy kan net gelukkig leef as jy luister na die waarhede wat ingebed lê in ons oorgelewerde Christelike waardes.  In terme van ons gemeente se visie – luister kom voor leef; leef spruit uit luister.

Gelukkige families is almal dieselfde.  Hulle kies om eerbaar te wees.  Hulle kies om mekaar eerste te stel.  Hulle kies om God se wil vir die lewe na te volg.  Hulle kies om getrou te bly aan mekaar.  Hulle kies om hulle self te gee, hulle self te verloën, selfs tot die punt van die dood. Dit beteken nie dat alles voorspoedig met hulle gaan nie. Dit beteken nie dat hulle nie daagliks moet werk aan hulle familiewees nie. Maar die geluk lê alreeds in die besef dat julle die regte keuses maak, om gehoorsaam aan God te wees en lojaal aan mekaar.

Ongelukkige families se ongeluk kom van verskillende hoeke af.  Hulle is soms nie eerbaar nie.  Hulle is soms selfsugtig en plaas eiebelang bo die familie s’n, soos Anna haar passie vir Vronsky bó alles gestel het. Hulle is soms ontrou, dislojaal, goddeloos. En onthou, goddeloosheid lê nie net in die aktiewe dien van afgode nie, maar in apatie, in traak-my-nie-agtigheid, in belangeloosheid. Selfs die voorspoed wat sulke families beleef, bring nie vir hulle geluk nie.

Geluk lê immers nie in die voorspoed as sodanig nie, maar in die diep tevredenheid wat jy put uit dit wat reg is, dit wat reg gedoen word, dit wat volgens God se wil is, dit wat in lyn is met die bron van al ons waardes, die Woord van God.

Vier beginsels

Ek gaan daarom vier beginsels uitlig uit 1 Korintiërs 7.  Vier beginsels wat Paulus hier vir ons deurgee.  Dit is die dinge wat hy van die Here ontvang het rondom familiewees, waaraan ons gehoorsaam moet wees, waaraan ons geluk in ons families verbind is.  Dit is ook die vier dinge wat die Here op my hart gelê het om reg aan die begin van die jaar vir ons almal te gee as rigtingwysers vir ons verhoudinge, met God en met mekaar.

(Download the English translation: 1 Corinthians 7:29-31.DOCX)

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingDie koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31

Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20

Dit is nie om dowe neute dat Paulus 1 Korintiërs 6 begin het met die etiese kwessie van die gemeente se hantering van onreg nie.  Hy wou hulle leer om hulle onderlinge verskille te hanteer – d.w.s. om uit die howe te bly – sowel as hoe om seksueel onberispelik te lewe.  Hoekom?  Want albei dié twee sake het met onreg te make.

Die hoofsaak in kwessies waar sterk verskil van mening is, sê Paulus, is om onreg te vermy. En hoe doen jy dit?  Jy vermy onreg deur nie jou toevlug tot die howe te neem nie, maar dit in die geloofsgemeenskap uit te sorteer. Die howe is ‘n onvriendelike plek vir gelowiges.  Die howe werk met ander wette, nie met dié van die Bybel nie.

Op soortgelyke wyse, in kwessies van seksualiteit en moraliteit, is die hoofsaak om onreg te vermy deur nie buite die wil van God met seksualiteit om te beweeg nie.  Dit is wat agter sy absolute voorskrif lê dat ons onsedelikheid moet vermy.  Want onsedelikheid doen ‘n onreg aan ander, bv. met owerspel, bv. met egbreuk, bv. met prostitusie ensomeer.  En laat ons nooit vergeet nie; jy loop die gevaar dat jy die ewigheid kan mis weens jou onsedelikheid.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

(more…)

Continue ReadingVerheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20

Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12

Ons weet min van hierdie sterrekenners af.  In die oorlewering van die geskiedenis het hulle name gekry, Caspar, Melchior en Balthasar, maar daar is geen historiese getuienis wat dit bevestig nie.  Dit is nie eers seker of hulle wel drie mans was nie.  Dit is afgelei uit die drie geskenke wat hulle aan die voete van Jesus neergelê het.  Sommige noem hulle ook konings op voetspoor van Jes. 60:3: “Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.”

Daar is ‘n moontlikheid dat hulle volgelinge van Zoroaster was, ‘n priester van ‘n monoteïstiese godsdiens in wat vandag bekend staan as Iran.  Dit sou hulle goeie kennis van die sterrekunde verklaar, omdat Zoroasters bekend was daarvoor.  Die Grieke het bv. hulle sterrekunde by die Zoroasters geleer.

Ons weet ook nie baie van die ster af nie.  Dit kon ‘n supernova of ‘n samekoms van ‘n paar planete of doodgewoon ‘n Goddelike natuurwonder gewees het.  En hoe hulle die ster se pad bereken het en toe gevolg het – dit weet ons ook nie.

Maar dit is nie vir Matteus belangrik nie.  Hy het iets heeltemal anders op sy agenda.  Wat vir hom saak maak, is nie wie die sterrekenners of die ster was nie.  Wat saak maak is die Een wat hulle kom soek het, die Een wat gebore is in die stal in Betlehem, Jesus.

Matteus fokus dus in sy verhaal van die sterrekenners op die reaksies op die goeie nuus van die geboorte van Jesus.

Vier dinge tref my van die reaksies op Jesus in die verhaal van die sterrekenners:

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

(more…)

Continue ReadingDie verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12

Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17

Waaroor gaan dit in die geestelike lewe?  Petrus spel vir ons drie sirkels van geestelike groei uit in die teks wat ons gelees het:

  1. Ons is geroep om geestelik te groei deur die Woord. Dit is ‘n baie persoonlike roeping.  Die eerste sirkel van geestelike groei.  En dit het met die Woord te make, die “suiwer melk van die Woord”.  Dit is wat Petrus in hfst. 2:1-3 sê.
  2. Ons is geroep om opgebou te word as ‘n geestelike huis vir die Here. Die tweede sirkel van geestelike groei.  In ons erediens bring ons geestelike offers aan die Here.  En dit is iets wat jy nie op jou eie kan doen nie.  Jy moet ‘n “lewende steen” in die gebou van God word.  Dit is wat Petrus in hfst. 2:4-10 sê.
  3. Ons is gestuur om goed te doen in die gemeenskap. Dit is wat Petrus in hfst. 2:11-17 sê.  Dit is eweneens iets wat ons nie alleen kan doen nie.  Ons het mekaar nodig om ‘n impak in die wêreld te maak. “No man is an island!” (John Donne)

Petrus sal verder aan nog twee ander sirkels van geestelike groei uitlig, ons arbeidsverhoudinge en die huwelik en gesinslewe.  Daar is vyf in totaal.  Maar, ek gaan vandag net op hierdie derde een van die sirkels van geestelike groei fokus.  Jy kan by die huis sorg dat jy ook na die ander kyk.

English.docxAfrikaans.pdf; 1 Petrus 2 teks met verwysings.pdf

Hier volg die hele erediens:

(more…)

Continue ReadingGeroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17

Sola Scriptura – Alleen die Skrif

Ek dink min van ons weet vandag presies hoe ‘n radikale idee die belydenis Sola Scriptura was en is.

Die radikaliteit lê natuurlik alreeds in die taal.  Sola beteken Alleen.  In kombinasie met Scriptura beteken Sola Scriptura daar is niks, en daar mag niks langsaan of bo-oor die Skrif wees nie.  Sola Scriptura sê daar is nie ‘n hoër gesag as die Skrif, en die Skrif Alleen nie.  En onthou, Scriptura beteken die Skrif, die geskrewe Woord van God.  Scriptura beteken dus die Bybel in al sy onderdele sowel as in sy geheel.

As jy dus sê Sola Scriptura beteken dit dat jy akkoord gaan dat ‘n mens die Bybel alléén gebruik om God se wil uit te lê. Dit is wat die taal sê.  Sola Scriptura is nie prima Scriptura nie. D.w.s., ek lees nie eers die Bybel en dan ook ander menings oor wat vir leer en lewe belangrik is nie, soos sommige teoloë dit vandag doen nie (Scott McKnight bv.).  Ek lees nét die Skrif om agter te kom wat God wil of wat Hy nie wil nie.

Hier volg die hele erediens:

(more…)

Continue ReadingSola Scriptura – Alleen die Skrif

Sola Fide – Lukas 7:1-10

Dit is 10 Februarie 1554.  Twee dae voor Lady Jane Grey die skavot met die guillotine bestyg. Die Katolieke kapelaan John Feckenham besoek Jane in haar sel in die Tower of London in die hoop om haar siel te red. Of so dink hy.

Koningin Mary (ook bekend as “Bloody Mary”) het haar niggie Jane se doodsvonnis reeds onderteken, maar sy het haar gesoute kapelaan gestuur om te sien of hy Jane kon terugbring na Rome voor haar teregstelling. Jane is sewentien jaar oud.

‘n Heftige debat volg – Feckenham, die Katolieke apologeet en Jane die Gereformeerde tiener. Hy beklemtoon dat regverdiging deur geloof en werke kom; Sy staan ​​vas op grond van sola fide. Hy beweer dat die Nagmaalsbrood en -wyn werklik die liggaam en bloed van Christus is; sy hou vol dat die elemente Jesus se reddingswerk simboliseer. Hy bevestig die Katolieke Kerk se gesag naas die Skrif; sy dring daarop aan dat die kerk onder die deurdringende blik van God se woord val.

“Ek is seker ons twee sal nooit weer ontmoet nie,” sê Feckenham uiteindelik vir Jane, wat haar veroordeling impliseer. Maar Jane draai die waarskuwing terug na hom: “Die waarheid is, ons sal nooit weer ontmoet nie, tensy God jou hart bekeer.”

(more…)

Continue ReadingSola Fide – Lukas 7:1-10