Wat doen jy as jy hartseer is? – Klaagliedere 03

Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy hartseer is? – Klaagliedere 3
Youtube 09:00 21 Junie 2020  Somerstrand Familiediens

Verwelkoming

Welkom van waar jy ook al inskakel in die wêreld. Die Youtube dienste is gewild. Ons het gemiddeld 341 kyke van ons Familiedienste om 09:00 tot dusver. Met ons aanddiens is dit gesamentlik 571 kyke ‘n Sondag. Dankie vir almal wat hieraan meewerk. Dit help ons nie net om hierdie tyd van inperking te oorbrug nie, maar skep waarskynlik ‘n nuwe manier van gemeentewees.

Covid-19

Ons is saam bly met dié wat hierdie week ‘n bietjie verligting gekry het met die oopstel van die gasvryheid en skoonheidsbedryf. Dit wis nie noodwendig die verliese uit nie, maar maak die moedeloosheid minder.

Ons is ook bly oor die eerste werklike stukkie goeie nuus oor behandeling wat mense in suurstof nood gaan help. Die pille word onder andere hier in die Metropool vervaardig. So, ons stad lewer ook ‘n bydrae waarvoor ons dankbaar is.

Aanhef lê egter nog voor en bid vir elkeen wat sukkel met die inperking en die gevolge vir hulle persoonlike, sosiale en ekonomiese lewe.

Mense bel my steeds om te weet wanneer ons met eredienste in die kerk begin. Dit is egter nog te vroeg om daarmee te begin. Ons is besig met ‘n Covid-19 bedryfsplan vir voorlegging aan die kerkraad. Ons vergader môreaand 22 Junie om 17:00. Ons sal die gemeente ingelig hou oor hoe ons planne ontwikkel.

Verjaarsdae

Jenny Troskie, Rehet van der Walt, Gerda van der Westhuizen en Karien Venter verjaar vandag. Baie geluk. Hulle name en nommers verskyn op die web. Bel en sê geluk. Die res van die week se verjaarsdae is ook op die web.

Behoeftes

Onthou die swart sakke vir ons Lent projek met klere wat julle kan aflewer by Jaco en Annemarie by Bognorstraat 6 enige tyd deur die dag.

Julle kan steeds kos bydra vir Theo se lysie en Elsje se ACVV lysie.

Bydraes vir die Noodsfonds is ook steeds welkom. Merk dit net “Noodfonds” as jy EFT.

Jy is welkom om, as jy weet van nood waartoe ons kan bydra, vir my te kontak. Ons sal dit diskreet hanteer.

Pulse

Ons het ons tweede informele erediens gehad verlede week. Die eerste diens het al 253 kyke gehad en die tweede een 207 teen Vrydag hierdie week.

Vanaand gaan dit oor Ouer-Kind verhoudinge met ds Wouter Olivier van La Rochelle gemeente in Bellville. Tema: Om die kombuistafel. 18:00 op dieselfde kanaal. Dit is ook in ‘n aparte playlist gesit om makliker daarby uit te kom. Skakels op die web, Whatsapp en Mailchimp.

Klaagliedere

Ons lees hierdie week hoofstuk drie van die Klaagliedere van Jeremia. Jy kan steeds my boek vir stiltetyd en kleingroepe op die webtuiste aflaai.

Youtube

Like sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy hartseer is? – Klaagliedere 03

Wat doen jy as jy moedeloos is? – Klaagliedere 2


Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy moedeloos is? – Klaagliedere 2
Youtube 09:00 14 Junie 2020  Somerstrand Familiediens

Verwelkoming

Die lidmate wat die Eenjaar Bybelleesprogram volg van die begin van die jaar af, het vanoggend Psalm 133 gelees. Hierdie Psalm gebruik die ideaal van broers uit dieselfde uitgebreide familie wat eensgesind saamwoon op hulle gesamentlike erfporsie as metafoor vir almal in die kerk:

“Kyk hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon.”

Waar die pelgrims uit alle rigtings bymekaar gekom het in Jerusalem het hulle saam hierdie lied gesing. Want, hulle was een in die Here. Die feeste in Jerusalem was die gom wat hulle saamgebind het, sodat hulle daarna weer elkeen in sy eie rigting kon teruggaan na hulle eie stukkie van die grondgebied van Israel, maar steeds verbind bly aan mekaar as een geloofsgemeenskap.

Hierdie erediens is die viering van ‘n diep geestelike eenheid tussen ons. God se seën versprei hier op ‘n besondere manier na almal van ons. Dit is soos kosbare reukolie wat van die kop af in die baard van Aäron, die hoëpriester, tot op sy klere afloop. Tot by ons.

Hierdie seën het ook ‘n impak op ons gewone lewe. Soos Psalm 133 in die tweede metafoor in die Psalm sê, die eenheid wat ons hier ervaar, is soos oorvloedige dou wat versprei na ons alledaagse lewe. Die seën wat ons hier ervaar verander selfs die ekologie en die ekonomie, só sê Psalm 133.

Die punt is, waar ons die Here eensgesind dien, waar ons al hoe meer groei in ons gehoorsaamheid aan Hom, daar beleef ons ‘n ongelooflike seën, geestelik en gemeenskaplik.

Dit is my gebed vir hierdie erediens, my gebed vir jou.

Lament

Dit is waarom ons vandag ook ons gesamentlike angs en vrees voor die Here bring. Want, hierdie uitmergelende tyd van inperking bring ons by lament. Ons is bewus van die moedeloosheid en die verlies. Ons kies om te fokus op ons emosies en behoeftes en dit na die Here te bring. Dit is ‘n tyd om tot stilstand te kom, om te treur met die wat treur, om te ween met die wat ween.

Ons praat met die God wat hoor, die God wat sien, die God wat ons seer in sy eie liggaam ervaar het. En ons kan ons eie seer voor God uitstort sowel as die seer van ons eie tyd: om geregtigheid, om genade, om uitkoms. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy moedeloos is? – Klaagliedere 2

Wat doen jy as jy bang is? – Klaagliedere 1


Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy bang is?
Youtube 09:00 7 Junie 2020  Somerstrand Familiediens

YOUTUBEBOEK

Verwelkoming

Ek begin met ‘n reeks oor Klaagliedere. Die vyf gedigte is geskryf net na die val van Jerusalem en die tempel in 586 v.C. Jeremia huil in hierdie boek hartroerend oor die toorn van God wat hy oor die land sien losbars het. In hartverskeurende detail brei hy uit oor die dodelike impak daarvan op die geloofsgemeenskap: “My oë is gedaan van huil, dit brand in my, my moed is gebreek …” (Klg 2:11)

Die vraag was brandende: Hoe kon God soveel ellende oor Sy volk laat kom? Waar laat dit hulle nou? Sou daar nog iets oor wees vir die toekoms? Wat kon hulle nou van God verwag? Sou daar ’n omkeer moontlik wees?

Dit is vrae wat ons ook vra oor die situasie waarin ons is. Vrae oor die verlies wat ons ervaar. Die ontwrigting. Die onsekerheid. Die toekoms.

Hoewel Jeremia vir ‘n ander tyd skryf, verwoord hy met sy Klaagliedere die hartseer en verydeling van die volk. Sy digwerk gee woorde aan die worsteling, gee redes vir die oordeelsvoltrekking. Daarom bring Jeremia met sy Klaagliedere uiteindelik ’n boodskap van hoop en troos vir die toekoms, terwyl hy ook nie wegskram daarvan om die valse teologie wat hulle tot ’n val gebring het, te ontbloot nie.

En hy leer ‘n nuwe lied oor die troue liefde van die HERE aan: “The steadfast love of the Lord never ceases.” En dit is waaruit ons kan leer hoe ons met die Here ‘n pad kan stap in sulke tye van ontwrigting.

Dit sal goed wees as julle die boek vir stiltetyd en in kleingroepe saam met my lees. Uiteraard is ons in ‘n ander situasie en is die redes vir die virus nie dieselfde as die redes vir die ballingskap in Jeremia se tyd nie. Maar daar is raakpunte met die lesse wat die volk moes leer.

Lees saam met my een hoofstuk ‘n week. Vir die volgende vyf weke. Stuur vrae en bydraes vir my. Dan werk ek dit in my prediking die volgende week in. Ek het dit net nodig voor Vrydag elke week.

Laai die boek af op die webtuiste en gebruik die tyd van die inperking wys. Om na te dink, maar ook ‘n nuwe lied aan te leer. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy bang is? – Klaagliedere 1

Pinkster 09 – God skep hemel op aarde vir sy volk – Openbaring 21-22


“Ek kom gou!”
Tema: God skep hemel op aarde vir sy volk
Pinkster 9 – Somerstrand Youtube 09:00 31 Mei 2020 – Pinksterdag – Nagmaal

KYK DIE VIDEO – LAAI DIE BOEK AF

Verwelkoming

Baie welkom by die negende Pinksterdiens op Pinksterdag. Dit is ook ‘n nasionale biddag vir die Covid-19 virus.

Kerke word van môre af toegelaat om eredienste by te woon. Jy kan kyk na die amptelike regulasie in hierdie Staatskoerant. Die dagbestuur sal dit bestudeer, maar met die eerste oogopslag sal die uitvoering van die regulasies groot koste meebring – die kerk, voorportaal, kleedkamers en klaskamers moet gedisinfekteer word vóór en ná elke erediens en ‘n register moet gehou word van elke bywoner, om maar net twee goed te noem. En bó sestigs word in elk aangeraai om niks by te woon nie. So, ons gaan vir eers voort met die Youtube video’s tot verdere kennisgewing.

Waaroor ons bly is, is dat leraars tot ‘n essensiële diens verklaar is, wat ten minste ons vrystel om met meer vryheid diens te lewer. Ons sal egter dit ook met versigtigheid hanteer.

Verjaarsdae

7 Mense verjaar vandag! Besonders, gegewe die betekenis van die getal sewe in die boek Openbaring! Baie geluk: Neels Anker, Helane Botha, Asta Louw, Pieter-Willem Moolman, Kaylin Mostert, Tilla Olivier, Hennie Snyman. Mooi jaar vir julle. En vir die ander wat die week verjaar. Ek plaas hulle verjaarsdae op die web.

Pulse

Groot nuus is dat ons ons informele erediens hervat. Dit het ‘n nuwe naam. Jy kan op die video bo na Karin Becker vir ‘n lusmaker vir volgende week.

Volgende erediens

Ek dink en bid nog oor die volgende reeks vir ons Familiediens op Sondae. Klaagliedere het my oog gevang, omdat ek iets daaruit gaan gebruik vir Pulse.

Ek dink, lees en bid baie oor die inperking weens die Covid-19 virus.

Daar is baie positiewe gevolge van die inperking. Al is dit die eerste keer in die geskiedenis dat gesonde mense ingeperk word, en nie siekes nie, het dit natuurlik aanvanklik die gewenste uitwerking. Die spoed waarteen mense geïnfekteer word, is stadiger. Families kan meer fokus op mekaar, en die waarde daarvan sal waarskynlik vir lank met ons wees.

Daar is egter ook baie negatiewe gevolge van die inperking. Gesonde mense word ingeperk. Sosiale verkeer word afgeskaf. Die ekonomie krimp teen ‘n enorme spoed in. Eensaamheid neem toe. Onsekerheid neem toe. Skuld hoop op. Werkloosheid neem toe. Besighede maak toe. Mense gaan nie vir noodsaaklike mediese ondersoeke nie. Ons kinders word noodsaaklike sosiale interaksie ontneem.

Nou, ek wil nie hiermee kritiek lewer nie. Dit is nog te naby aan ‘n mens se lyf. Maar, ek wil hoop preek in ‘n situasie wat ‘n groot invloed gaan hê vir nie net maande nie, maar waarskynlik jare. En daar is seker nie ‘n beter boek om te lees juis in só ‘n tydperk nie. Die Klaagliedere van Jeremia.

Hoor hoe kla hy oor die ballingskap wat aangebreek het in 586 vC met al die hooggeplaastes wat weggevoer is. En ‘n bedremmelde klompie mense wat saam met Jeremia in die land agter gebly het.

  • “Ag, hoe verlate sit die stad wat vol mense was!” (Klg 1:1).
  • “My kinders is verbyster” (Klg 1:16).
  • “My jongvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.” (Klg 1:18).
  • “My hart draai om in my binneste.” (Klg 1:20).

Wat maak ‘n mens in só ‘n situasie?

Wel, een ding het Jeremia geleer. Hy het ‘n nuwe lied geleer, ‘n lied wat wyd oor die wêreld gesing word:

“The steadfast love of the Lord never ceases. His mercies never come to an end.  They are new every morning, new every morning.  Great is Thy faithfulness, O Lord. Great is Thy faithfulness.” (Robert Davidson – Klg 3:21-25)

Ek oorweeg daarom ‘n reeks oor Klaagliedere. Dit sal goed wees as in elk geval julle die boek saam met my lees. Een hoofstuk ‘n week. Vir die volgende vyf weke. Vrae en bydraes vir my stuur. Dan werk ek dit in my prediking die volgende week in.

Laai die boek af op die webtuiste en gebruik die tyd van die inperking wys. Om na te dink, maar ook ‘n nuwe lied aan te leer.

Noodfonds en behoeftes

Mense dra nog steeds by vir ons noodfonds. Onthou Theo se lysie en die ACVV. Enige hulp word waardeer.

Youtube

Like sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. (more…)

Continue ReadingPinkster 09 – God skep hemel op aarde vir sy volk – Openbaring 21-22

Pinkster 08 – Die bruilof van die Lam breek aan – Openbaring 19-20


“Ek kom gou!”
Tema: Die bruilof van die Lam breek aan
Pinkster 8 – Somerstrand Youtube 18:30 29 Mei 2020 

KYK DIE VIDEO – LAAI DIE BOEK AF

Verwelkoming

Baie welkom by die agste Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring.

Die eerste drie hoofstukke van Openbaring handel oor God se teenwoordigheid op aarde in die midde van die sewe gemeentes met die sewe briewe wat Jesus vir hulle stuur.

Die volgende agt hoofstukke – hoofstuk 4-11 – handel oor God op die troon wat deur die Here Jesus sy agenda met sy verlossende oordeel deur sewe seëls en sewe trompette uitvoer. Dit dek die hele tydperk van Jesus se hemelvaart tot by sy wederkoms.

Die volgende sewe hoofstukke – hoofstuk 12-18 – fokus op God se beskerming van sy kerk waarna Hy die kerk bevry van die bose Babilon deur die sewe bakke.

Vanaand fokus ons op die Bruilof van die Lam – hoofstuk 19-20.

  • Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.
  • Like sommer nou die Youtube videokanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe

(more…)

Continue ReadingPinkster 08 – Die bruilof van die Lam breek aan – Openbaring 19-20

Pinkster 07 – God bevry sy kerk – Openbaring 15-18


“Ek kom gou!”
Tema: God bevry sy kerk
Pinkster 7 – Somerstrand Youtube 18:30 28 Mei 2020 

KYK DIE VIDEO – LAAI DIE BOEK AF

Verwelkoming

Baie welkom by die sewende Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring.

Die eerste drie hoofstukke van Openbaring handel oor God se teenwoordigheid op aarde in die midde van die sewe gemeentes.

Die volgende vier hoofstukke – hoofstuk 4-7 – handel oor God op die troon wat deur die Here Jesus sy agenda met sy verlossende oordeel deur sewe seëls uitvoer. Dit dek die hele tydperk van Jesus se hemelvaart tot by sy wederkoms.

Die volgende vier hoofstukke – hoofstuk 8-11 – handel oor dieselfde tydperk met die blaas van die sewe trompette deur die sewe aartsengele, maar fokus ook op die rol van die kerk in gebed en getuienis.

Die volgende drie hoofstukke – hoofstuk 12-14 – fokus op God se beskerming van sy kerk.

Vanaand fokus ons op God wat sy kerk bevry van die bose Babilon deur die sewe bakke.

  • Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.
  • Like sommer nou die Youtube videokanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe

(more…)

Continue ReadingPinkster 07 – God bevry sy kerk – Openbaring 15-18

Pinkster 06 – God beskerm sy kerk – Openbaring 12-14

“Ek kom gou!”
Tema: God beskerm sy kerk
Pinkster 6 – Somerstrand Youtube 18:30 27 Mei 2020

KYK DIE VIDEO – LAAI DIE BOEK AF

Verwelkoming

Baie welkom by die sesde Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring.

Die eerste drie hoofstukke van Openbaring handel oor God se teenwoordigheid op aarde in die midde van die sewe gemeentes.

Die volgende vier hoofstukke – hoofstuk 4-7 – handel oor God op die troon wat deur die Here Jesus sy agenda met sy verlossende oordeel deur sewe seëls uitvoer. Dit dek die hele tydperk van Jesus se hemelvaart tot by sy wederkoms.

Die volgende vier hoofstukke – hoofstuk 8-11 – handel oor dieselfde tydperk met die blaas van die sewe trompette deur die sewe aartsengele, maar fokus ook op die rol van die kerk in gebed en getuienis.

Vanaand doen ons die drie hoofstukke – hoofstuk 12-14 – en fokus op God se beskerming van sy kerk.

  • Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.
  • Like sommer nou die Youtube videokanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe

(more…)

Continue ReadingPinkster 06 – God beskerm sy kerk – Openbaring 12-14

Pinkster 05 – God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – Openbaring 8-11


“Ek kom gou!”
Tema: God se agenda vir die kerk en die sewe trompette
Pinkster 5 – Somerstrand Youtube 18:30 26 Mei 2020 

Kyk die videoLees die boek

Verwelkoming

Baie welkom by die vyfde Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring.

Die eerste drie hoofstukke van Openbaring handel oor God se teenwoordigheid op aarde in die midde van die sewe gemeentes. Die volgende agt hoofstukke handel oor God se teenwoordigheid in die hemel en die uitvoering van sy plan vir die herskepping van die heelal.

Dit teken vir ons ‘n prentjie van God wat op alles wat bestaan ’n verlossende en veroordelende impak het. Daarom word Johannes opgeneem deur die geopende deur in die hemel om vanuit die hemelse perspektief te kan besef wat hierna moet gebeur.

Gister het ons die eerste vier hoofstukke gehanteer, hfste. 4-7. Ons het gefokus op die meer hemelse kant van hierdie deel van Openbaring met die breek van die sewe seëls. Van Jesus se hemelvaart tot by sy wederkoms.

Vanaand fokus ons op die laaste vier hoofstukke van hierdie deel, hfste. 8-11. Daarmee fokus ons meer op die aardse kant met die blaas van die sewe trompette tot by die oordeel aan die einde van die tyd. En ons kyk meer spesifiek na die rol van die kerk in hierdie verlossende oordeel.

Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.

Kyk na die video by Youtube: VideokanaalLike sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. (more…)

Continue ReadingPinkster 05 – God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – Openbaring 8-11

Pinkster 04 – God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – Openbaring 4-7

“Ek kom gou!”
Tema: God se agenda vir die heelal en die sewe seëls
Pinkster 4 – Somerstrand Youtube 18:30 25 Mei 2020 

Kyk die videoLaai die boek af.

Verwelkoming

Baie welkom by die vierde Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring.

Die eerste drie hoofstukke van Openbaring handel oor God se teenwoordigheid op aarde in die midde van die gemeentes. Die volgende agt hoofstukke handel oor God se teenwoordigheid in die hemel en die uitvoering van sy plan vir die herskepping van die heelal.

Dit teken vir ons ‘n prentjie van God wat op alles wat bestaan ’n verlossende en veroordelende impak het. Daarom word Johannes opgeneem deur die geopende deur in die hemel om vanuit die hemelse perspektief te kan besef wat hierna moet gebeur.

Vanaand hanteer ons die eerste vier hoofstukke, hfste. 4-7. En ons fokus meer op die hemelse kant van hierdie deel van Openbaring met die breek van die sewe seëls. Van Jesus se hemelvaart tot by sy wederkoms. Môreaand fokus ons op die laaste vier hoofstukke van hierdie deel, hfste. 8-11. Daarmee fokus ons meer op die aardse kant met die blaas van die sewe trompette tot by die oordeel aan die einde van die tyd. En ons kyk meer spesifiek na die rol van die kerk in hierdie verlossende oordeel.

Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.

Kyk na die video by Youtube: VideokanaalLike sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. (more…)

Continue ReadingPinkster 04 – God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – Openbaring 4-7

Pinkster 03 – Bekeer jou – Openbaring 3

“Ek kom gou”
Tema: Bekeer jou
Pinkster 3 – Somerstrand Youtube 18:30 24 Mei 2020 

KYK DIE VIDEO – LAAI DIE BOEK AF

Verwelkoming

Baie welkom by die derde Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring. Ons is besig met die sewe briewe. Ons het in die tweede diens stilgestaan by Smirna. In hierdie derde diens staan ons stil by Laodisea.

Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.

Kyk na die video by Youtube: VideokanaalLike sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. (more…)

Continue ReadingPinkster 03 – Bekeer jou – Openbaring 3