Geloof in die spervuur – Daniël 3

 

Somerstrand Youtube Pulse 18:00 6 Oktober 2020

Bibleflix

Ons is besig met Bibleflix. Ons fokus op die wonderlike verhale en intriges in die Bybel. Verhale van mense wat besondere goed doen. Mense wat ons leer hoe om ‘n pad met God te stap. Ons leer by hulle hoe ons self verskillende situasies kan hanteer. Want al hierdie verhale is voorbeelde vir ons.

Daniël en sy drie vriende

Vandag fokus ons op Daniël se drie vriende. Hulle het as tieners die oorlog in Jerusalem eerstehands ervaar. Hongersnood. Geweld. Toe gebeur die ergste. Hulle word uit hulle land ontvoer. Na die vreemde stad van Babel. (Foto van vuur)

Nebukadnesar wil hulle verander

En omdat hulle uitblinkers was, het koning Nebukadnesar hulle uitgesonder. Hy wou van hulle goeie burgers van sy land maak. Hy wou hulle verander om soos die mense van Babel te glo, dink, doen en leef.

Dit is mos wat met ons ook gebeur in hierdie wêreld. Ons word konstant uitgedaag om in te pas. Om ons Christelike waardes te verlaat. Om die wêreldse standaarde te aanvaar. Om te doen soos die wêreld doen. Eerder as om aan God gehoorsaam te wees. (more…)

Continue ReadingGeloof in die spervuur – Daniël 3