God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39

Jaar van die Bybel 2020
Tema: God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39
Somerstrand 5 April 09:00 Passie Sondag

Verwelkoming en aankondigings

Dit is vandag Palm Sondag, die Sondag waarop ons herdenk Jesus se Intog in Jerusalem. Met die palmtakke wat geswaai is, die klere wat op die grond neergegooi is, die Hosannas wat die skare gesing het, om Jesus as die Koning te ontvang.

Ons noem hierdie Sondag ook Passie Sondag, die Sondag wat die week inlei waarin Jesus se pad onwrikbaar op die kruis van Golgota afgestuur het. Na die worsteling in Getsemane. Die roerende gebed of die beker nie by hom verby kan gaan nie. En die uiteindelike dood aan die kruis op Golgota.

Ek gee aan die einde ‘n skakel na ‘n pdf wat jy kan gebruik om die verhaal van Jesus se laaste week te lees, soos die vier evangelies dit vir ons vertel. Dit is opgedeel in die dae van die week, sodat jy dit van vandag af tot volgende Sondag kan lees.

Ek noem dit Heilige Week. Die mense wat die Prontuit die Waarheid boek het, sal die tekste kan volg in hulle boek. Die ander sal die tekste in hulle Bybels kan volg.

Dankie vir die bydrae wat verlede week gekom het vir die sopkombuis. Theo is baie dankbaar. Theo het vir ons ‘n lysie van benodigdhede gegee vir Willowpark en Barcelona. Jaco het met die Sasol vulstasie gereël dat dit daar gelos kan word.

Hugo het ook vir ons ‘n video gestuur oor die verspreiding van kos in Kaïro. Hulle het 1 300 mense kos gegee. Kom ons luister wat Hugo vertel.

Verjaarsdae: Lang-Piet de Villiers verjaar vandag. Ons wens hom geluk. Ook die ander wat verjaar. Die name is op die webtuiste met die selnommers. Reik uit en wens mekaar geluk.

SKAKEL NA DIE YOUTUBE VIDEO

Votum en seën (more…)

Continue ReadingGod se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39

Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14

Jaar van die Bybel 2020
Tema:Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe” – Esegiël 37:1-14
Somerstrand 09:00 29 Maart 2020

Verwelkoming en Aankondigings

  • Welkom by ons tweede uitsending. Julle is welkom om te reageer. Ook met eie insette. Vrae. Ek antwoord graag.
  • Onthou ons webtuiste vir inligting. Ook die Facebook Dit is die plek waar ons kommunikeer. Julle kan my ook Whatsapp by die nommer op die webtuiste.
  • Ek het ook ‘n Youtube kanaal vir die gemeente geskep. Die ander kanaal sal ook werk. Dit is my eie kanaal. Maar mettertyd sal hierdie NGK Somerstrand kanaal die enigste een wees wat ons gebruik. Boekmerk dit sodat jy altyd daar kan uitkom.
  • Ons dink vanoggend aan almal wat siek is. Die COVID-19 virus is nie die enigste gevaar nie. Ek het met van die mense wat in die hospitaal was, gesels, maar besoeke is uiteraard nou gestop. Dit gaan goed met Wynand en Annelise Viljoen. Annelise se behandeling word voortgesit in hierdie tyd. Dieselfde geld Leonora Clark. Sy moet ook nog ingaan vir behandeling, maar Tony kan haar darem rondry. Dieselfde geld Dido du Plessis. Mag die Here julle dra in hierdie tyd.
  • Ons dink spesiaal aan Hennie en Ivo Meyer. Gwen Meyer is hierdie week oorlede en ons het haar Donderdag begrawe. Ons meelewing in hierdie moeilike tyd vir die uitgebreide familie in ons gemeente – Elsje, Cecile, Hennie, Dalene, Clairwyn en die kleinkinders – ook Hennie se dogter in die Kaap, Eldoline, wat self met uitdagings sit, sowel as die vriendekring.
  • Geluk met die verjaarsdae. Dit gaan uiteraard nou meer intieme geleenthede wees! Geluk Philip Loots en Tom van Deemter. Julle verjaar vandag. Die res van die verjaarsdae kan julle op die webtuiste sien. Bel en reik uit!
  • Dink aan Theo Havemann. Hy probeer steeds voortgaan met dienslewering in Helenvale vir 350 kinders sowel as die min of meer 30 mense in die karavaanpark. Dit was uitdagend om goedkeuring te kry. Dit lyk my ons het dit reggekry. Maar, met geen inkomste by die karavaanpark kom alles nou uit sy sak. Ons sal waardeer as die Here dit op jou hart lê om betrokke te raak.
  • Laastens, ons het Snapscan Julle kan nou ook met die toep op julle selfone betaal. Hier is ‘n verduideliking van hoe dit werk. Dié wat weet, kan doodgewoon hulle selfone in die toep wys na die grafika op die skerm en die instruksies volg.

(more…)

Continue ReadingEk sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14

As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25

Dit by maar moeilik om te vergewe, nê?

http://bible.com/events/7135655

Jy vertel iets vir iemand as ‘n geheim. En dan hoor jy die storie het oral versprei.

Of iemand sê iets oor jou wat nie waarheid is nie. En jy probeer dit regstel, maar hulle wil jou nie glo nie. Versprei valse stories oor jou.

Ek dink dit is een van die redes waarom baie mense van wraakflieks hou. Flieks soos The Equalizer. Daar is nou ook ‘n weergawe 2 uit. Baie gewelddadig. Ouderdomsbeperking van 16+.

Die storielyn is baie eenvoudig. Robert McCall (Denzel Washington) is ‘n afgetrede Marine en verdedigingsagent wat by ‘n Home Mart hardeware winkel werk. Hy neem wraak namens ander mense. Met sy kaal hande maak hy sake gelyk deur die skurke in die verhaal uit te wis.

Daar is min vergifnis in daardie fliek. Dit is ook nie nodig nie, want almal wat sleg is, word doodgemaak. Sake word gelykgestel.

Ek dink baie van ons wens ons kan soos Denzel Washington wees. Ook dinge so regstel. Sommer net so met ons kaal hande.

Die dissipels in die NT was ook so.

Hulle wou ook hê dinge moet reggestel word. (more…)

Continue ReadingAs julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25

Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13

Daar is ‘n kameraadskap wat kom in ware vriendskap, veral wanneer ‘n mens ‘n paar sakke sout saam opgeëet het, wat die toets van die tyd dubbel en dwars kan deurstaan.

Jy sal self ‘n paar sulke vriendskappe in jou lewe gehad het. Op skool. In die weermag. Op universiteit. By die werk. Met jou kinders se maats wie se ouers ook vir jou diep vriende geword het.

As julle mekaar ‘n lang tyd nie gesien het nie, dan is dit asof die jare net wegval, en jy die drade net weer optel asof julle mekaar gister gesien het.

Dit is daarom geen wonder dat die Bybel by die idee van vriendskap aansluit om vir ons iets wesentlik van God te vertel nie.

Jesus vertel die gelykenis van die ware vriend om vir ons die waarheid oor God te onderstreep. Dat God ‘n Vriend duisend is:

Download English translation: The Parable of the True Friend – Luke 11_5-13

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

(more…)

Continue ReadingDie gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13

Nogtans – Habakuk 3:17-19

Jaar van die Bybel 2020
Tema: NOGTANS! – Habakuk 3:17-19
Somerstrand 1 Maart 2020 18:30

Video

Barcelona 92 – Derek Redmond – 400 m finaal

Bid sonder ophou

Ons het verlede week oor gebed gepraat, en oor die Psalms.

Hoe gaan dit met die: “Dankie Here? En die: “Wat nou Here”? En die: “Vergewe my”?

Bid sonder ophou!

Onthou die belofte:

“If you don’t know what you’re doing, pray to the Father. He loves to help. You’ll get his help, and won’t be condescended to when you ask for it. Ask boldly, believingly, without a second thought.” (Jak 1:5).

Bid sonder ophou, selfs al gaan dit hoe sleg!

“Nogtans”

Daar is ‘n profeet in die OT wat vir ons ‘n gebed leer wat bedoel is vir regtig moeilike tye. Tye wat jy twyfel of dit ooit weer goed sal gaan. ‘n Gebed wat begin met die woordjie אָֽנִי (‘ani): “Nogtans”. In Engels: “Yet”.

Dit is wat die profeet Habakuk ons leer. Hy wil ons met die woordjie “nogtans” help om kontak te maak met die Here as Hy ver voel; as dit regtig swaar gaan. (more…)

Continue ReadingNogtans – Habakuk 3:17-19

Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12

Troues in die ou Nabye Ooste was ‘n ongelooflike belangrike geleentheid vir families, gesinne en enkellopendes – net soos in die moderne tyd.

Vir Jode was ‘n troue ‘n feestelike geleentheid.

Die bruid het op die bruilofsdag aanbreek wit klere aangetrek (dikwels ryklik geborduur), haar met juwele versier, ‘n bruidsgordel om haar middel vasgemaak, haar gesig bedek met ‘n sluier en ‘n krans op haar kop geplaas.

Die bruidegom, geklee in sy beste klere, met ‘n mooi kopdoek op sy kop, het na die huis van die bruid se ouers vertrek. Hy is vergesel deur sy vriende, deur musikante en sangers. As dit in die aand was, het daar mans met fakkels saamgeloop.

Die bruidegom het sy bruid van haar ouers ontvang met hul seëninge en vriende se wense. Daarna het hy die hele partytjie terug begelei na sy eie huis of sy pa se huis. Daar is gesing en gedans met baie musiek.

Op pad terug het die vriende van die bruid en bruidegom ook aangesluit. Daar was groot vreugde en baie vrolikheid. Die aand is die bruid deur haar ouers na die huwelikskamer begelei, en die bruidegom deur sy metgeselle of ook deur die ouers van die bruid. Die volgende dag is die feestelikhede hervat. Dit het sewe dae lank aangegaan.

Johannes vertel vir ons van só ‘n troue:

Download English translation: Jesus turns water into wine – John 2_1-12

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

(more…)

Continue ReadingJesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12

Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23

Dit is eenvoudige ‘n feit dat sommige mense na die Woord luister en dit vergeet, nooit iets daarmee doen nie. Dit het gee effek in hulle lewe nie. Sommige luister en raak selfs opgewonde daaroor, maar kry nie dit reg om te doen wat die Woord sê nie. Ander luister nog dieper, maar as slegte dinge met hulle gebeur of goeie dinge hulle aandag aflei, dan volhard hulle nie om na die Woord te luister en dit te doen nie.

Gelukkig is daar ook dié mense wat aanhou luister en aanhou om te leef in die Woord. Dit is hulle wat vrug dra in die koninkryk van God. Hulle kan deur God gebruik word om sy wil te laat geskied.

“Wie ore het, moet luister.”

Download the English translation: He who has ears let him listen – Matthew 13_18-23

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingWie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23

Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23

Eendag het ’n boer saad in sy land gaan saai.

  • ’n Deel van die saad beland toe op die pad. Die voëls het dit vinnig opgepik.
  • ’n Ander deel het tussen ’n klomp klippe geval. Omdat daar ’n klein bietjie grond tussen die klippe was, het die saad gou begin groei. Maar die saad se wortels kon nie diep wortel skiet nie. Daarom het die son die plantjies gou dood gebrand.
  • Van die ander saad het tussen die dorings en die bossies beland. Dit het die plantjies verstrik en dood gegroei.
  • ’n Ander deel van die saad het in goeie grond geval. Dit het begin groei en groot plante geword. Hierdie plante het baie meer graan gegee as wat almal gedink het.”

“Wie ore het, moet luister.” (more…)

Continue ReadingWie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23