04 Bid die Woord
Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.
Die vierde element van gebed vloei uiteraard voort uit die vorige elemente. Waar ons deur aanbidding en wag op die Here in sy teenwoordigheid gekom het, en ons alles wat skeiding maak tussen ons uit die weg geruim het, kan ons die beloftes van die Here aangryp en in gebede omskep.
Die vierde element is dus om die Woord te bid. Veral waar ‘n mens reeds op die Here gewag het en ‘n belofte van Hom gekry het. Hierdie deel van die gebed is gemik daarop om waar jy reeds ‘n belofte gekry het, die Here doelbewus te herinner aan sy beloftes.
Ons lees in Jesaja daarvan:
6 Op jou stadsmure, Jerusalem, het ek wagte uitgesit. Dwarsdeur die dag en nag sal hulle nie ‘n oomblik lank swyg nie. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, gun julleself geen rus nie! 7 Gun Hom ook geen rus nie, totdat Hy haar gevestig het, totdat Hy Jerusalem ‘n loflied op aarde gemaak het! (Jes 62:6-7)
Dit is ‘n merkwaardige opdrag hierdie van Jesaja:
“6Gun julleself geen rus nie … 7maar gun Hom ook geen rus nie … totdat Hy haar gevestig het!”
Totdat God sy belofte nagekom het om Jerusalem – die geloofsgemeenskap – ‘n loflied op aarde te maak. (more…)