4. Angels and Cherubim

Spiritual Beings

Theme: 4. Angels and Cherubim

Summerstrand 18 August 2019 18:30

INTRODUCTION

I begin with an overview of the essence and work of angels, cherubim and seraphim. Then I will focus on Acts 12 where an angel’s exceptional involvement in the life and ministry of Peter is told, as well as the manner in which an angel killed Herod because he did not honour God.

My focus is: “And the chains fell off his hands”. This story attest to the reality of angels and the power of prayer.

VIDEO

Video on the Angels and Cherubim

Watch the video Angels and Cherubim – 58,7 MB

Spiritual Beings are copyright 2019 by The Bible Project and are available for viewing at www.thebibleproject.com“. (more…)

Continue Reading4. Angels and Cherubim

Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8

Ons almal ken die grappie van die man wat ‘n grassnyer nodig gehad het. Maar, terwyl hy loop om sy buurman se grassnyer te gaan leen, werk hy hom so op daaroor dat die buurman moontlik gaan nee sê, dat toe die deur oopgaan, hy sommer sê: “Man, hou jou grassnyer!”

‘n Mens kan jou só opwerk oor ‘n moontlike nee-antwoord dat jy nooit eers by vra uitkom nie. Jy besluit sommer self wat die antwoord gaan wees, en kom nie eers sover om te vra nie.

Die gevaar is natuurlik dat só ‘n ervaring ons sommer negatief kan maak in ander situasies. Later skop jy die hond, by wyse van spreke, omdat jy moedeloos is dat jy nie jou sin in die werk of in jou huwelik gaan kry nie.

Jesus het geweet dat ons die werklikheid só kan ervaar, en dat veral die negatiewe ervarings van die lewe ons negatief kan maak oor God, en dat ons kan dink dat Hy soos jou buurman is wat jy dink nie sy grassnyer vir jou sal leen nie.

Die gevaar is dat sulke ervarings ons Godsbeeld kan affekteer. Dat ons later kan dink, maar God is soos ons buurman. En dan óf moedeloos raak om te bid, óf nog erger, ophou om te bid.

Daarom vertel Hy vir ons ‘n gelykenis om ons te bemoedig. En Hy gebruik ‘n voorbeeld uit die regstelsel, ‘n regter wat goddeloos en liefdeloos was, wat nie volgens God se wette optree nie, en ook nie volgens die samelewing se wette nie. ‘n Korrupte vent.

En Jesus kontrasteer God met hierdie korrupte regter om ons iets belangriks van God te leer – Lukas 18:1-8.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: Ask without ceasing – Luke 18 (more…)

Continue ReadingVra sonder ophou – Lukas 18:1-8

3. Divine Council

Spiritual Beings

Theme: 3. Divine Council

Summerstrand 11 August 18:30

INTRODUCTION

We are not alone!

To recap

1. In the beginning God created two realms, the heavens and the earth. This is the setting for the story of the Bible.

We are more familiar with the human and earthly side of it. But there is another set of characters, the spiritual beings of the heavenly realm who also take part in this earthly story.

God is not alone!

2. One category of spiritual beings is the Elohim. They attest to the fact that we live in a god-congested universe. We focussed on two types of Elohim, the gods of the nations, and the gods of religion. And we heard that God is above those Elohim, He is the Elohim of the Elohim. As Paul says:

“For although there are many that that are called gods in heaven or on earth (as indeed there are many gods and many lords) – yet for us there is One God, the Father, from whom are all things and for whom we exist, and one Lord, Jesus Christ, through whom are all things and through whom we exist.” (1 Cor 8:5-6)

3. There is a fascinating group of Spiritual Beings that is called the Divine Council. Let’s look at the third of our videos on the Spiritual Beings. (more…)

Continue Reading3. Divine Council

Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8

Miskien het jy die video van komediant DJ Pryor met sy 19 maande ou seun gesien: https://www.youtube.com/watch?v=Yn8j4XRxSck.

DJ is natuurlik briljant deurdat hy sin maak van sy seun se brabbeltaal. En dit in ‘n betekenisvolle gesprek verander. Die seuntjie beïndruk ‘n mens ook met sy gebare en konneksie met sy pa en die kamera. Maar, dit bly brabbeltaal!

Dit het my laat dink oor gebed, en dat iets daarvan ook in ons gebede gebeur. Dat God sin maak van ons brabbeltaal, omdat ons in ‘n verhouding is met Hom. Dat Hy reageer op ons gebare vanuit die konneksie met ons.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Download English translation: Trust God to listen – Nehemiah 1 (more…)

Continue ReadingVertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8

2. Elohim

Spiritual Beings

Theme: 2. Elohim

Summerstrand 18:30 4 August

INTRODUCTION

We are not alone!

To recap

In the beginning God created two realms, the heavens and the earth. This is the setting for the story of the Bible.

We are more familiar with the human and earthly side of it. But there is another set of characters, the spiritual beings of the heavenly realm who also take part in this earthly story.

Let’s look at the second of our videos on the Spiritual Beings. (more…)

Continue Reading2. Elohim

Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31

Die Christen straatprediker Oluwole Ilesanmi is onlangs gearresteer in London, omdat hy die evangelie verkondig het. Die polisie het die Bybel uit sy hand uit geruk en hom kilometers ver daarvandaan afgelaai, sonder geld en sonder sy Bybel. Net omdat hy die evangelie in die openbaar op ‘n straathoek verkondig het.

Oluwole het wel ‘n week terug sy saak gewen teen Scotland Yard, met die ondersteuning van die organisasie Christian Concern, en hulle het hom ‘n paar pond gegee vir sy onregmatige arrestasie.

Die vraag is egter of hy dit weer sal doen. En ander straatpredikers?

Wat sou jy doen?

Dit is ‘n situasie waarin die eerste gemeente hulle ook bevind het.

Hulle was al ‘n gemeente van 5 000 lidmate wat ‘n groeiende impak op Jerusalem gehad het, waar wonderwerke amper daagliks gebeur het. Hulle het in die tempel gepreek. Op die strate gepraat.

Skielik word hulle leiers egter in die tronk gegooi. Hulle publieke stem word brutaal stilgemaak. Hulle word beveel om op geen manier hoegenaamd verder oor Jesus in die openbaar te praat of mense te onderrig in die evangelie nie. Nie in die tempel nie. Nie op die strate nie.

Die gevaar was groot dat almal glossofobie ontwikkel – die vrees waaraan een uit elke vier mense lei – die vrees om in die openbaar te praat.

Wat gaan hulle nou doen?

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

English translation: Proclaim boldly (more…)

Continue ReadingVerkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31

1. Spiritual Beings

Spiritual Beings

Theme: 1. Spiritual Beings

Summerstrand 18:30 21 July

INTRODUCTION

We are not alone!

God created two overlapping realms, the heavens and the earth

In the beginning God created two realms, the heavens and the earth (Gen 1:1). This is the setting for the story of the Bible. In the garden of Eden humans squandered their chance to rule the earth on God’s behalf and lost their access to this paradise because of their foolish rebellion against God’s will (Gen 3). This is the earthly part of the story we are quite familiar with.

But there is another set of characters, the spiritual beings of the heavenly realm who also take part in this earthly story. These two realms, the heavens and the earth, overlap. With that part of the story we are not so familiar.

We are not alone!

Plus, there are deep misunderstandings of what the Bible actually teaches about these spiritual beings.

We will look in our series of seven sermons amongst others at the “host of heaven”, as Genesis 2:1 calls the sun, moon, and the stars that were created to rule over the day and the night (Gen 1:14-19). These heavenly bodies are real but also double up as symbols of real spiritual beings. The same goes for the snake in Genesis 3 who is both a real snake as well as a representative of a real spiritual being (Rev 12:9; 20:2).

Series of seven sermons

We are going to look at the following spiritual characters in the Bible:

1. SPIRITUAL BEINGS
2. ELOHIM
3. DIVINE COUNCIL
4. ANGELS AND CHERUBIM
5. THE ANGEL OF THE LORD
6. THE SATAN AND DEMONS
7. THE NEW HUMANITY

The series will focus on a lot of content out of the Bible. Maybe stuff that you have never heard of. Maybe stuff that you have forgotten of.

This content is absolutely necessary. We have to grow in knowledge before we will be able to understand, and engage, and live the life God has called us to. Before we will be able to trust God for the life He has called us to.

We have to know the what before we can get to the how. (more…)

Continue Reading1. Spiritual Beings

Vertrou die Helper – Johannes 14-16

Hoe dink jy oor die Heilige Gees?

Ek onthou hoe ek direk na my bekering ‘n boekie gelees het, iets soos die Oorvloedige Lewe. Dit het gegaan oor die vervulling met die Heilige Gees. Ek onthou goed as jong tiener die ervaring van geluk en vrede wat ek gehad het in my aanvanklike bewuswording van die Heilige Gees.

Dit is hoe baie mense die Heilige Gees ervaar. Sommige beskryf vervulling as ‘n stroom van onuitputlike liefde. Ander as ‘n tot rus kom in jouself. Ander as ‘n vrede wat jou verstand te bowe gaan.

Tog, het ek later van ander groot manne en vroue se ervaringe met die Heilige Gees gelees wat my laat wonder het, mis ek nie iets nie? Veral in die boek They Found the Secret: Twenty Lives That Reveal a Touch of Eternity.

Daarin is die wonderlike verhale van onder andere Hudson Taylor, Charles Finney, Dwight Moody, Andrew Murray, en Eugenia Price. Hulle verhale het my geïnspireer, maar ook laat wonder. Mis ek nie iets nie, want my ervaring was baie keer so ‘n bietjie op en af. Soms baie bewus. Soms ‘n bietjie minder.

Miskien het jy ook al gewonder?

Deur die jare het ek ook ervarings gesien wat my heeltemal teen die bors stuit. Die Toronto Blessing van mense wat in ‘n beswyming gaan, aan die hardloop gaan, weird en selfs skokkende dinge doen. Kyk maar net na die videos van mense soos Benny Hinn waar mense platgedruk word en aan die bewe gaan, soms heeltemal onbeheerbaar.

En dan wonder ‘n mens wat is die waarheid?

Wie is die Heilige Gees? Hoe werk vervulling? Wat kan jy verwag?

Begin by God se Openbaring

Dit is altyd belangrik om by die openbaring wat God vir ons gegee het, te begin. Om te begin met wat God vir ons in sy Woord openbaar het. Dan voorkom ‘n mens dat jy mislei word.

Wie is die Heilige Gees? Wat doen Hy? Wat leer ons in die Bybel?

Daar is drie aspekte van die Gees se werk wat ek wil uitlig in die OT. Daar is uiteraard meer.

Download the English Translation: Trust the Helper – John 14

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingVertrou die Helper – Johannes 14-16

Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16

Wat is jou idee van ‘n geseënde en gelukkig lewe?

In die fliek The Pursuit of Happyness is geluk vir Chris Gardner (Will Smith) om ‘n lewe te kan maak waarin hy vir hom en sy seun ‘n toekoms kan verseker. Waarin hy ook ‘n Ferrari kan besit. En hy hét geluk gevind in die besigheidswêreld. Sy droom om bó uit te kom, is bewaarheid.

In die Bergrede spel Jesus sy idee van ‘n geseënde en gelukkige lewe uit. Julle ken dit goed. Maar veral die laaste een verras ‘n mens nogal:

“Geseënd is julle wanneer die mense julle om My ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig van alles wat sleg is. Wees bly en jubel omdat julle beloning groot is in die hemele. Hulle het immers die profete vóór julle net so vervolg.”

Geluk lê in beledigings, vervolgings, en beskuldigings! Wees bly en jubel! Regtig?

Die verklaring hiervoor lê in wat Jesus net daarna sê, oor sout en oor lig.

Download the English Translation: You are the salt of the earth – Matthew 5_13-16.docx

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingJulle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16

Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26

Wie het Finding Nemo gesien?

Bruce is ‘n groot wit dood haai in die fliek. Hy is die leier van die Vis-vriendelike Haaie-ondersteuningsgroep wat vriende maak met Marlin, Nemo se pa, die anemoonvis, en Dory, die doktersvis, wie se geheue haar so in die steek laat.

By een van sy Vis-vriendelike Haaie-ondersteuningsgroep sessies – geskoei op Alkoholiste Anoniem se 12 stap program – word Marlin en Dory saamgenooi met twee ander haaie, Anchor en Chum. Dit is immers die viering van stap 5: Bring ‘n vis-vriend.

Ongelukkig kom daar ‘n bietjie bloed in die water en Bruce se natuurlike instinkte skop in. Sy oë verander van helderblou tot donkerswart en hy wil met alle mag en geweld sy nuutgevonde vis-vriende, Marlin en Dory, opeet. Dit is net met moeite wat Marlin en Dory aan dié bloeddorstige wit dood haai ontkom.

Bruce is ‘n goeie siel. ‘n Aangename haai. Hy is vrolik, vol grappies, almal se pel. “Visse is vriende, nie voedsel nie,” so herinner Bruce homself telkens. Maar sy persoonlikheid verander die oomblik wanneer sy instinkte inskop, en dit maak van hom ‘n “mindless eating machine”.

Instink is sterker as afrigting

Nou, dit is maar ‘n fliek. Maar, in die werklike lewe is dit steeds ‘n realiteit. Instink by wilde diere is doodgewoon sterker as enige afrigting. Jy kan ‘n dier tem, maar jy kan nooit heeltemal die instink beheer nie. As jy weghardloop van ‘n cheetah, selfs in ‘n beheerde omgewing, sal hy jou probeer vang.

Dit is nie anders in die geestelike lewe nie. Ons leef in ‘n wêreld wat van God afvallig geraak het. In ‘n wêreld wat leef asof Hy nie bestaan nie. En die suigkrag van hierdie sondige wêreld kom nie net van buite af na ons toe nie. Dit is binne ons. Dit is deel van ons. Dit is deel van ons sondige natuur.

Ons het deel gekry aan God se natuur. Watter genade! So het ons in 2 Petrus 1 gelees. Maar die sondige natuur bly steeds lewendig in ons. En God se natuur en ons sondige natuur is in ‘n voortdurende konflik met mekaar. Soos ek met die grafika probeer illustreer. Die water en die vuur in stryd met mekaar in ons harte.

Wat is die oplossing?

Wat is die oplossing dan vir die konflik binne ons? Hoe kry ons dit reg dat ons nie kop verloor soos Bruce, die groot wit dood haai, nie.

Kom ons lees wat Paulus daaroor skryf in Galasiërs 5:

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Download the English Translation: Live by the Spirit – Galations 5_13-26 (more…)

Continue ReadingLeef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26