Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11
Petrus beskryf die eerste lesers van sy brief as “dié wat dieselfde kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van ons God en die Verlosser, Jesus Christus.” Een van die belangrikste dinge wat hulle ontvang het, is dieselfde kosbare geloof as wat die ander kinders van die Here ontvang het.
Dit is immers waar ons lewe met God begin, wanneer ons die genade ontvang om in Hom te glo.
En dit is belangrik om te besef dat hierdie geloof nie soseer iets is wat ‘n mens doen nie. Hierdie geloof is iets wat ons van God af ontvang. Geloof is die werk van God in ons hart, sê Petrus. Geloof is iets wat jy ontvang, iets waarvoor jy nie kan werk nie.
Ons weet uit ander dele van die Skrif dat ons geloof ontvang wanneer ons luister na God se Woord, soos Paulus uitvoerig op verskillende plekke skrywe, bv Romeine 10. Geloof kom wanneer die Woord van God só ‘n impak maak op jou hart dat jy nie anders kan as om te sê, ja, Here, ek glo in U. Hoe weet ‘n mens nie altyd nie, maar dat jy glo, dít weet jy. Dit is ‘n diep wete in jou hart.
Geloof moet groei
Maar geloof is ook iets wat maklik onder skoot kom as dit begin moeilik gaan. Geloof word ernstig deur die storms van die lewe aangevat. Dink net weer aan die verhaal van Jesus en sy dissipels op die See van Galilea. Hoe die dissipels bang geword het vir die branders wat in die boot gebreek het. Hulle was bang hulle vergaan, en hulle was baie ontsteld dat Jesus agter in die boot rustig geslaap het (Matt 8).
Toe hulle Jesus wakker maak, het Hy hulle egter aangespreek vir hulle klein geloof, dat hulle Hom nie kon vertrou dat Hy vir hulle binne die gevaar sal kan bewaar nie. Dit is juis een van die funksies van geloof, om ons in moeilike tye staande te hou as dinge moeilik begin raak.
Geloof is dus iets wat moet groei, wat sterker moet word, wat die aanvegtinge van die lewe moet kan teenstaan, wat die storms van die lewe moet kan trotseer.
Maar dit kan ons net doen as ons gefokus is daarop om in geloof te groei.
Hoe bou ons ons geloof?
Download the English translation: Build your faith – 2 Peter 1.docx
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)








