Pinkster 03 – Bekeer jou – Openbaring 3

“Ek kom gou”
Tema: Bekeer jou
Pinkster 3 – Somerstrand Youtube 18:30 24 Mei 2020 

KYK DIE VIDEO – LAAI DIE BOEK AF

Verwelkoming

Baie welkom by die derde Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring. Ons is besig met die sewe briewe. Ons het in die tweede diens stilgestaan by Smirna. In hierdie derde diens staan ons stil by Laodisea.

Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.

Kyk na die video by Youtube: VideokanaalLike sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. (more…)

Continue ReadingPinkster 03 – Bekeer jou – Openbaring 3

Pinkster 02 – Bly getrou – Openbaring 2

“Ek kom gou”
Tema: Bly getrou
Pinkster 2 – Somerstrand Youtube 09:00 24 Mei 2020 

Kyk die video hier - laai die boek af hier

Verwelkoming

Welkom – van naby en van ver. Klein en groot. Ingeperk of met meer vryheid, omdat jy ‘n essensiële diens lewer. Ek bid veral vir julle, veral dié wat met kos en klere voorsiening help. En dié wat in die voorste linies in ons gesondheidsdienste werk. Ook die onderwysers wat dié week begin om die skole gereed te kry.

Ons verlang egter na geloofsgemeenskap en om ons rol in die samelewing te speel. Soos president Trump dit nou moontlik gemaak het in die VSA. Met onmiddellike effek. Ons bid vir dieselfde om hier by ons te gebeur. Dat ons regering rede sal insien, hoewel dit wel lyk asof nie sal kan sing as dit uiteindelik gaan gebeur nie!

Maar die positiewe is dat dit lyk asof families by ons op nuwe maniere aan mekaar verbind word. Die familie word herontdek as ‘n geloofseenheid. En dit is ‘n onverwagte bonus van hierdie inperkingstyd.

Juliette en David le Roux en hulle gesin het ingeskakel by die Dink-Jeug program. Hulle vind baie baat by hulle programme. Julle is welkom om daar te gaan rondblaai en van die programme te volg. Ek het self met die Milo-klub al van hulle programme gevolg.

Daar word oral nuut gedink oor die toekoms. Oor werk. Oor skool. Oor familiewees. Oor kerkwees. En dit is ‘n goeie ding. Ons gaan nuwe maniere van saamwees moet ontwikkel. Dieselfde geld ons barmhartigheid en sending.

Bid saam met ons dat ons aan die een kant die beproefde dinge wat die Here vir ons in die Woord geleer het, nie sal verlaat nie. Maar, aan die ander kant ook nuwe maniere van kontak maak en van kommunikeer sal aanleer.

Pinkster

Dit sien ons immers ook in Jesus se sewe briewe aan die sewe gemeentes van Turkye.

Ons kan dus baie daarby leer, want dit is duidelik briewe wat gerig is aan alle gemeentes soos elke brief afgesluit word: “luister na wat die Gees aan die gemeentes (meervoud) sê.”

Jesus het ‘n weegskaal waarmee Hy gemeentes aan sewe kernwaarhede meet – liefde, getrouheid, lering, moraliteit, lewe, gehoorsaamheid, en dade. ‘n Wonderlike sinopsis van waaroor gemeentewees gaan.

En waar die gemeentes goed doen daarmee, prys Jesus hulle. Waar hulle tekort skiet, waarsku Hy hulle en gee voorstelle hoe hulle kan verander. En waar hulle saak met Hom reg is, moedig Hy hulle aan om te volhard – soos by Smirna – en die oop deure wat Hy gee – soos by Filadelfia – te benut.

Ek wil fokus op Smirna vanoggend en Laodisea vanaand. Met verwysing na die ander gemeentes.

Youtube: Videokanaal – Boek: “Ek kom gou!” (more…)

Continue ReadingPinkster 02 – Bly getrou – Openbaring 2

Pinkster 01 – Jesus kom weer – Hemelvaart

“Ek kom gou”
Tema: Jesus kom weer
Pinkster 1 – Somerstrand Youtube 18:30 Hemelvaart 21 Mei 2020 

Youtube Videokanaal – Boek: “Ek kom gou!”

Verwelkoming

Ons vier Hemelvaart vandag. Vandaar die pragtige inleiding met die orrel om die grootsheid van God aan te kondig. Dit kom uit ‘n verwerking van Psalm 117, ‘n Psalm wat ons hierdie week op 19 Mei in die Eenjaar Bybelleesprogram gelees het, dié wat die program van die begin van die jaar af volg. Die koor gaan die verwerking ook vir ons aan die begin sing.

Hemelvaart

Hemelvaart is ‘n belangrike herdenking in die kerklike jaar.

Ons dink terug aan die dag toe Jesus sy plek as God op die troon van God gaan inneem het. Dat Hy sy posisie as Koning van die kerk en die koninkryk ingeneem het. Vandaar het Hy sy Gees uitgestort op die kerk en die proses van die verspreiding van die evangelie begin.

En watter kragtige beweging het dit nie van stapel gestuur nie. Die hele bekende wêreld van daardie tyd het die evangelie gehoor, selfs al het dit baie keer geweldige teenstand uitgelok van die politieke en godsdienstige heersers van daardie tyd. Die Goddelike kant van die hemelvaart is ‘n buitengewone inspirasie vir ons om moed te hou in ons volharding as sy dissipels.

Ons dink ook terug aan hemelvaart as die dag wat Jesus as mens sy plek in die hemel ingeneem het. Iemand wat ons verteenwoordig in die hemel voor God die Vader. Dit is daar wat Hy vir ons as sy dissipels intree. Dit is ‘n buitengewone troos vir ons dat Hy weet wat dit is om mens te wees, om versoekings te moet deurstaan, om leed te ervaar. Hy is immers nie net die Seun van God nie, maar ook die seun van ‘n mens, gebore uit die maagd Maria. En daarom kan Hy as ‘n mens vir ons met begrip en deernis pleit en intree, daar aan die regterhand van die Vader.

Die Gees in ons is alreeds ‘n waarborg van ons ewige bestemming in die hemel. Maar, dat Jesus reeds daar in die hemel is, is ‘n dubbele waarborg dat ons ook daar sal kan kom. Die hemel is nie net ’n plek vir God en sy engele nie. Dis ook ’n plek vir God se mense. Dit is wat Jesus se hemelvaart vir ons sê.

Dit is met hierdie boodskap wat Openbaring begin. Jesus op die troon in die hemel. In sy Goddelike-menslike gestalte. Wat vir ons moed gee vir ons stryd vir die geloof. Hy is vanuit die hemel besig om sy koninkryk te vestig. Wat ons troos vir die uitdagings wat ons moet trotseer. Hy weet waardeur ons gaan. Hy het trouens dieselfde dinge gely en getriomfeer.

En waarmee Hy die eerste hoofstuk begin is om nie net sy hemelvaart te beklemtoon nie, maar sy wederkoms. “Kyk, Ek kom gou!” Jesus kom weer!

Dit is die boodskap van hierdie Pinkster. Dit is waarmee die Here Jesus jou wil troos en jou wil moed inpraat vir die stryd vir die evangelie in hierdie wêreld. (more…)

Continue ReadingPinkster 01 – Jesus kom weer – Hemelvaart

Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11
Somerstrand 19 Mei 2020

Verwelkoming

Daar is min dinge wat ‘n geloofsgemeenskap só in harmonie kan laat funksioneer as die fokus aan die een kant op onderlinge versorging en aan die ander kant op standvastig saamstaan in die geloof.

In dié mate wat ons vir mekaar voorbeelde van standvastigheid in die geloof verskaf, in dié mate versterk ons die band wat ons aan mekaar bind.

Dit is iets wat van leiers gevra word. Dit is iets wat net soseer van volgelinge gevra word.

Dit is die boodskap wat Petrus vir ons in hoofstuk 5 van sy eerste hoofstuk gaan gee. Staan sterk in die geloof sodat ons kan Volhard vol van Vreugde, die tema van ons reeks.

Dit is so heerlik om die onderlinge hulpbetoon waar te neem. Mense wat ons noodfonds ondersteun. Mense wat help met hulpverlening. Uitsortering van klere. Kos. Bel.

Hou so aan! (more…)

Continue ReadingStaan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11

Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5
Somerstrand 10 Mei 2020

Verwelkoming

Dit is al ses weke!

Aan die een kant raak ‘n mens nou al gewoond aan die situasie. Is jy bly dat jy darem ‘n bietjie kan stap, draf of fietsry. Al is ‘n masker ‘n moeilike ding! En daar is ‘n bietjie meer lewe in die sentrums en op die paaie.

Aan die ander kant dink ‘n mens al hoe dieper oor wat regtig aangaan. Die globale inperking van nuus wat met die heersende narratief verskil, is onrusbarend. In plaas daarvan dat ons geleer word hoe om die waarheid van die valsheid te onderskei, word ons gedwing om net een weergawe te hoor.

Daar is egter min wat ‘n mens daaraan kan doen. Waaraan ons wel kan werk, is om onsself ingelig te hou. Om nie alles vir soetkoek op te vreet nie, maar dieper vrae te vra. Na verskillende stemme te luister.

Dit is immers wat die reeks oor die eerste brief van Petrus ons leer. Saam met die opdrag om steeds bly te wees in die Here, en te smag na die waarheid, die Woord van God, en te fokus op eensgesindheid, wil Petrus ons hierdie week aanspoor om die wil van die Here te soek en daarvoor te leef.

Pinkster 2020 – “Ek kom gou!”

Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes. Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld.

“Ek kom gou!” Dit is die boodskap van Jesus met Pinkster 2020. Dit is die hart van sy Openbaring aan die kerk van die eeue. “Ek kom gou!”

Die seëls is gebreek. Die trompette blaas. Die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Die bruilofsfees van die Lam en sy bruid is amper daar. Die nuwe hemel en aarde is amper voltooi.

Bid saam met die Gees en die kerk van die eeue: “Amen! Kom, Here Jesus!”

Ons begin op Hemelvaart 21 Mei 18:30. Ons sit dit voort vir 10 dae om 18:30 behalwe vir die twee Sondae wat die diens om 09:00 is. Ek stel volgende week by die erediens ‘n boek bekend wat jy vir jou stiltetyd kan gebruik gedurende Pinkster. Jy kan só die hele Openbaring deurwerk.

Ek gee die temas op die webtuiste.

  1. Jesus kom weer – Hemelvaart 21 Mei 18:30 – Openbaring 1
  2. Bly getrou – 24 Mei 09:00 – Openbaring 2
  3. Bekeer julle – 24 Mei 18:30 – Openbaring 3
  4. God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – 25 Mei 18:30 – Openbaring 4-7
  5. God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – 26 Mei 18:30 – Openbaring 8-11
  6. God beskerm sy kerk – 27 Mei 18:30 – Openbaring 12-15
  7. God bevry sy kerk met die sewe bakke – 28 Mei 18:30 – Openbaring 16-18
  8. Die bruilof van die Lam breek aan – 29 Mei 18:30 – Openbaring 19-20
  9. God skep hemel op aarde vir sy volk – Pinksterdag 31 Mei 18:30 – Openbaring 21-22

Skakel in by NG Kerk Somerstrand se Youtube kanaal.

Doen daagliks Bybelstudie uit Chris se boek: “Ek kom gou!”

(more…)

Continue ReadingLeef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5

Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12


Jaar van die Bybel 2020
Tema: Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12
Somerstrand 09:00 Youtube 3 Mei 2020

Kyk die video hier

Verwelkoming

Welkom, van naby en van ver, of jy alleen kyk of saam met jou mense. Ons is familie in Christus.

Ons het verlede week oor die Woord gesels. Dat ons daarna moet smag soos pasgebore babas na suiwer melk. In my leeswerk hierdie week is ek verder deur die boodskap geroer.

Soos Psalm 19 sê die hele skepping vertel al die eer van God. Die een dag stort vir die ander dag ‘n boodskap uit. Maar die Woord van God is volmaak. Dit maak ons harte bly. Dit gee vir ons wysheid.

Psalm 105 wat ons drie dae lank hierdie week in die Eenjaar Bybelleesprogram gaan lees, sê selfs dat die plae in Egipte “woorde” van God was. Woorde om Egipte te oortuig om die Here te gehoorsaam (Ps 105:27-28). Maar hulle het nie op sy “woorde” ag geslaan nie.

Daar is niks wat met jou gebeur waarin die Here nie is nie. Daar is niks wat met jou gebeur wat die Here nie gebruik om sy wil en wens aan jou bekend te maak nie. Die geheim is om op daardie “woorde” van God te reageer, nie op die gebeure self nie. Om te bid en te vra, wat wil U vir my sê. Hoe wil U hê dat ek moet reageer.

Dit maak ons tyd saam as gemeente so opwindend, want Petrus gaan vir ons vandag verder inlei in wat belangrik is in ‘n tyd soos hierdie. Ons het nou al oor blydskap gepraat en oor die Woord. Vandag gaan ons gesels oor eensgesindheid.

En Hy gaan ons help om die Here se wil te onderskei, sodat ons wat op die oomblik gebeur ook as “woorde” van God kan hanteer. (more…)

Continue ReadingWees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12

Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18
Somerstrand 09:00 12 April Paassondag

VIDEO OP YOUTUBE

Verwelkoming

My wêreld, maar is dit nou ‘n plesier om soveel mense van soveel plekke te sien inskakel. Uit Humansdorp, uit Riebeeck-Oos, uit talle plekke in ons land en in die wêreld. Bekendes en vriende wat ons nog moet leer ken. ‘n Gemeenskap van 111 families en lidmate wat gelyk gekyk het na die Goeie Vrydag diens, en aan die einde van die dag 300 keer gekyk is. Die Tenebrae diens het Saterdag al by die 500 kyke getrek. (more…)

Continue ReadingEk het die Here gesien – Johannes 20:1-18