Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12
Jaar van die Bybel 2020 Tema: Die krag van die kruis - Jesaja 53:3-12 Somerstrand 09:00 – Goeie Vrydag – 10 April 2020
Intro Psalm 23

Verwelkoming
Die lidmate wat die Eenjaar Bybelleesprogram volg van die begin van die jaar af, het vanoggend Psalm 80 gelees. Dit is ‘n uitstekende Psalm vir voorbidding vir mense in die geloofsgemeenskap. Twee keer bid Asaf: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (vers 8,20).
Ek wil jou aanmoedig om die Psalm vir jouself, vir jou familie, en vir mense in die breë geloofsgemeenskap te bid: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!”
Verjaarsdae
Annelie Hattingh en Eben Olivier verjaar vandag. Baie geluk!
Votum en Seëngroet
Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die Almagtige. (Openb 1:4-8)
Inleiding
Ons het nagmaal sommer so as vanselfsprekend aanvaar, nie waar nie? Jy weet daar is so vier keer ‘n jaar nagmaal. Jy daag net op en dan vra die dominee nog, is iemand oorgeslaan met die brood of die wyn. Jy sal altyd kan eet en drink. Want, dit is waarvoor die nagmaal is. ‘n Viering van ons gemeenskap met mekaar.
Nou is ons ingeperk. Wat gaan ons nou doen? Daar is eintlik nie enige voorbeelde in die geskiedenis van hoe ‘n gemeente die nagmaal kan hou, as hulle nie in dieselfde plek bymekaar is nie. Jy kan nog ‘n soort huisnagmaal hou, of ‘n familienagmaal. Maar, as gemeente?
Dit is nie so eenvoudig nie, nê? (more…)






