Wat doen jy as jy uitgelewer is? – Klaagliedere 04
Klaagliedere van Jeremia Tema: Wat doen jy as jy uitgelewer is? – Klaagliedere 4 Youtube 09:00 28 Junie 2020 Somerstrand Familiediens
Verwelkoming
Welkom van waar in die wêreld jy ook al af inskakel.
Psalm 148
Die mense wat die Eenjaar Bybelleesprogram van die begin van die jaar af volg, het vanoggend Psalm 148 gelees. ‘n Wonderlike lofpsalm.
Wat my tref in die Psalm is dat die Psalmis die Here loof vir die orde wat Hy in die skepping en die geskiedenis neergelê het. Trouens, hierdie orde in die heelal word sy wet genoem:
6 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het ’n wet gegee wat geeneen oortree nie.”
Dieselfde geld die natuur – die aarde, die plante, die diere – en die mensdom in sy geskiedenis – oud en jonk, konings en regters. Alles en almal word in die Psalm opgeroep om Hom te loof en te prys.
Lament
Uit die res van die Bybel weet ons dat oral waar God se wet oortree word, word hierdie orde omvergewerp. Neem wanorde en chaos toe. En dit is uit hierdie belewenis van wanorde wat die klaagpsalms gebore is. Soos ons ook nou in die Klaagliedere van Jeremia hoor vanweë die ballingskap.
Soos Mark Vroegop sê:
“Lament stands in the gap between pain and promise.” (Dark Clouds, Deep Mercy: Discovering the Grace of Lament deur Crossway – Learning to Lament).
Dit is juis omdat ons glo wat Psalm 148 sê, dat daar orde is, dat God ‘n wet gegee het, dat ons kan bid dat Hy die orde sal herstel, dat Hy die gaping tussen pyn en belofte sal uitwis.
Dit is waarom die Klaagliedere in die Bybel so belangrik is. Dit gee vir ons woorde vir wat ons beleef ook nou waar ons almal in die greep van hierdie Covid-19 pandemie is.
Klaagliedere
Ons lees hierdie week hoofstuk vier van die Klaagliedere van Jeremia waarin ons fokus op ons gevoel van uitlewering aan kragte buite ons beheer.
En waarin ons gaan hoor dat die doel agter hierdie ervarings is dat ons ons afgode van voorspoed en sukses vaarwel sal roep, en ons toevlug sal neem tot die enigste God wat ons kan help. Jy kan steeds my boek vir stiltetyd en kleingroepe op die webtuiste aflaai. (more…)














