Die studente gaan Dinsdagaand die fliek Overcomer kyk by die sel. Ek is gevra om iets oor die fliek te sê en ‘n tema daaruit te gebruik vir die boodskap vanaand.
Die verhaal van Overcomer speel af in Brookshire Christian School. Die afrigter, John Harrison, is baie opgewonde oor wat vir sy span die volgende seisoen in basketbal voorlê. Hulle het die eindstryd gehaal en naelskraaps verloor. Hulle behou egter die meeste van hulle spelers. Volgende jaar moet hulle jaar wees.
Dan tref ‘n tragedie die gemeenskap van Franklin. ‘n Groot fabriek maak toe. Mense verloor hulle werk en begin weg te trek. Dit laat die skool met te min spelers vir die volgende seisoen. Die skool verloor ook onderwysers. So raak John betrokke by die dramaklasse, en rig uiteindelik ook landloop af. Daar is egter net een deelnemer, Hannah Scott. ‘n Probleemkind. Met asma. Wat landloop hardloop.
Dit is kostelik hoe John sy seun Ethan probeer oorreed om saam te hardloop. Hy troef sy pa deur te sê, hy sal hardloop, as jy pa ook hardloop. Dit werk dus nie.
Dan ontmoet John vir Thomas, ‘n voormalige goeie atleet. En Thomas begin hom van landloop leer, en van die lewe, en van die Here. En ‘n mens begin leer van verhoudings, van volharding, van vergifnis, van God en sy Vaderskap.
Thomas leer hom om te begin met die vraag: “Wie is jy?” En as jy sê jy is ‘n Christen, ‘n kind van God, wat is sy posisie in jou lewe? Watter prioriteit het God in jou lewe? Hoe belangrik is jou Christenskap vir jou? As jy sê jy gaan bid vir iemand, en jy doen dit nie, wat sê dit van jou? Is jy nie dan maar net skynheilig nie?
En dan begin die fliek baie interessant word …
Die vraag is: “Wie is jy?”
Die vraag wat Paulus in Efesiërs 2 aanspreek is presies hierdie vraag van die fliek.
Kom ons bid saam. (more…)