04 Bid die Woord
Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.
Die vierde element van gebed vloei uiteraard voort uit die vorige elemente. Waar ons deur aanbidding en wag op die Here in sy teenwoordigheid gekom het, en ons alles wat skeiding maak tussen ons uit die weg geruim het, kan ons die beloftes van die Here aangryp en in gebede omskep.
Die vierde element is dus om die Woord te bid. Veral waar ‘n mens reeds op die Here gewag het en ‘n belofte van Hom gekry het. Hierdie deel van die gebed is gemik daarop om waar jy reeds ‘n belofte gekry het, die Here doelbewus te herinner aan sy beloftes.
Ons lees in Jesaja daarvan:
6 Op jou stadsmure, Jerusalem, het ek wagte uitgesit. Dwarsdeur die dag en nag sal hulle nie ‘n oomblik lank swyg nie. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, gun julleself geen rus nie! 7 Gun Hom ook geen rus nie, totdat Hy haar gevestig het, totdat Hy Jerusalem ‘n loflied op aarde gemaak het! (Jes 62:6-7)
Dit is ‘n merkwaardige opdrag hierdie van Jesaja:
“6Gun julleself geen rus nie … 7maar gun Hom ook geen rus nie … totdat Hy haar gevestig het!”
Totdat God sy belofte nagekom het om Jerusalem – die geloofsgemeenskap – ‘n loflied op aarde te maak. (more…)
03 Bely
Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.
As ons regtig tot stilstand gekom het in ons aanbidding en wag op die Here, is dit vanselfsprekend dat ons bewus kan raak van ons eie sonde. Dit is die derde element van ons gebed. (more…)
02 Wag
Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.
Die tweede element van gebed is om op die Here te wag. Dit kan op twee maniere verstaan word. En natuurlik beoefen word.
1. Die eerste manier van wag, is die erkenning van God se teenwoordigheid.
Soos Dawid dit in Psalm 27 sê:
14 Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die Here! (Ps 27:14; vgl Ps 31:25)
Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
Hemelvaart 13 Mei 2021 Somerstrand Youtube
Verwelkoming
Ek lees die hele teks van die Hemelvaart in Handelinge 1 sodat jy vandag daaroor kan nadink. Ek gaan kortliks sewe aspekte van die Hemelvaart uitlig om jou leiding te gee oor waaroor om oor na te dink. Jy kan een daarvan kies en die betekenis daarvan vir jou bepeins. Ek plaas ook die teks van die Heidelbergse Kategismus aan die einde vir verdere leeswerk.
En dan gaan ek jou aanmoedig om jou op gebed toe te lê. Dit is immers wat die dissipels daardie tyd gedoen het. Dit is ook waaroor die Pinkstertema gaan: Waak en Bid. (more…)
01 Aanbid
Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.
Ons begin met die eerste element van gebed: Aanbidding.
Om jou daarvoor voor te berei, wil ek eers iets sê oor die plek waar jy bid.
‘n Alleenplek
Almal van ons het ‘n plek nodig, ‘n plek waar jy alleen kan wees met God. ‘n “Binneste kamer”.
6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon. (Matt 6:6).
00 Waak en bid – inleiding
Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.
Gebed ontsluit God se krag
Ek het al baie oor gebed gepreek. Ook verskillende Pinksterreekse oor gebed gehou. Maar, hierdie reeks is anders.
Hierdie reeks is vir gelowiges wat dieper in die praktyk van gebed wil ingaan. Wat wil leer hoe om beter te bid.
Ek is in my voorbereiding getref deur hierdie stelling van Dick Eastman:
“Where there is an absence of prayer there will be an absence of power. Where there is frequency of prayer there will be a continuing display of God’s power.” (Dick Eastman, The Hour That Changes the World).
Daar is diep in my ‘n behoefte om jou bloot te stel aan hierdie krag van gebed. Aan die werklikheid dat gebed dinge verander. Hoekom? Want God stel Homself oop om op ons versoeke en behoeftes te reageer. Gebed ontsluit God se krag in ons lewe. (more…)
Pinkster 2021 – Waak en bid
Waak en bid - Pinkster 2021 - Inleiding Ek het al baie oor gebed gepreek. Ook verskillende Pinksterreekse oor gebed gehou. Maar, hierdie reeks is anders. Hierdie reeks is vir…
Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40
Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 Op Youtube en in die kerk 2 Mei 2021 09:00 NGK Somerstrand
My skape ken my stem – Johannes 10:11-18
JOHANNES 10:11-18 – My skape ken my stem Somerstrand 25 April 2021
- Go to the previous page
- 1
- …
- 5
- 6
- 7
- 8
- 9
- 10
- 11
- …
- 47
- Go to the next page