Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18

Youtube Sondag 09:00

Verwelkoming

Ons lees vandag die eerste hoofstuk van die boek Rut. Dit is ‘n pragtige kortverhaal. ‘n Verhaal wat beweeg van hongersnood na oorvloed, van hopeloosheid na ‘n huwelik, van sterftes na ‘n geboorte, van verlies na voorsiening. ‘n Verhaal wat die voorsiening van God illustreer in ons verlies.

Die prentjie wat ek gebruik is deur John August Swanson: “The Story of Ruth”. Dit is eintlik ‘n goeie opsomming van die hoofmomente van die verhaal. Jy kan later weer daarmee gaan sit en verder nadink oor die betekenis van die verhaal. (more…)

Continue ReadingVerlies en Voorsiening – Rut 1:1-18

Hoe leef ek tot eer van God?

Ons begin met ‘n nuwe reeks wat aansluit by tema van die Olimpiese en Paralimpiese Spele. Ons het die afgelope paar weke uitstekende prestasies van wêreldklas atlete gesien. Ook van ons land se eie atlete. Hulle het Faster, Higher, Stronger, en Together gepresteer.

Ons wil daarby aansluit en die vraag beantwoord, hoe kan ons in ons Christelike lewe leef met integriteit, uithouvermoë, dankbaarheid ook wanneer ons verlies ervaar, en veral as deel van ons dissipelskap span, dws die gemeente, tot eer van God te leef.

Ons begin met die tema van die eer van God. (more…)

Continue ReadingHoe leef ek tot eer van God?

Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping

INLEIDING

Baie dankie – NG Kerk Heidekoppie – vir die uitnodiging om oor die laaste dinge te gesels, die eskatologie, die leer van die laaste dinge. Julle het gevra dat ek aan drie sake aandag gee. Die uitverkiesing. Die wegraping. Die merk van die dier. En daarby iets sê oor Inenting – ja of nee. Want, daar is natuurlik mense wat die entstof met die getal 666 verbind. (jy kan dit op Youtube ook kyk)

Nou, dit is ‘n mondvol.

  • Ek wil julle eerstens verwys na ‘n Pinksterreeks wat ek verlede jaar gehou het. Ek het die boek Openbaring in sy geheel behandel. Die drie sake word daar meer uitvoerig hanteer. Daar is ook nege Youtube video’s wat jy kan kyk. En die pdf van my boek oor Openbaring, Ek kom gou, kan jy ook daar gratis aflaai. Hier is die skakel.
  • Ek het ook meer oor die tema van die uitverkiesing geskryf op my webtuiste. Jy kan daar ‘n hele paar bydraes lees. Ook oor die wegraping.

Kom ons begin met die eerste onderwerp. (more…)

Continue ReadingUitverkiesing – merk van die dier – wegraping