Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei

’n Diepsee duiker vertel dat hy diep in water moes duik waar dit plotseling stikdonker geword het.  Dit was bitter moeilik om nie gedisoriënteerd en diep angstig te raak nie.  “Dit is ’n verskriklike gevoel,” vertel hy, “om onder die water te wees sonder om eers jou eie hande voor jou gesig te kan sien.  Jy kan geen sentimeter sien nie.  Jy weet nie watter rigting is boontoe nie.  Ek het paniekerig begin raak, sonder koers, en gewonder of ek ooit weer bo sou uitkom.”

“Wat doen jy toe,”  vra ek hom?

“Ek het my instrukteur se woorde onthou en vir die borrels van my asemhaling gevoel,” sê hy.

“Die borrels?”

“Dis reg.  Wanneer dit stikdonker is, en jy het geen idee watter rigting boontoe is nie, met die gevaar dat jy dieper of dwarsweg kan duik, menende dat jy boontoe gaan, steek jy jou hande uit en soek vir die borrels.  Die borrels styg altyd boontoe, in die rigting van die oppervlak.  Wanneer jy nie meer jou eie oordeel of jou eie sintuie kan vertrou nie, kan jy altyd op die borrels vertrou om jou weer bo te kry.”

Mens beland meermale in die lewe in omstandighede waar jy wonder wat waarheid is.  Veral as groot besluite geneem moet word.  Die gevaar is dat mens dan doelloos kan begin rondspartel.  Wat is die regte rigting om in te slaan?

Vir gemeentes en gelowiges is hierdie ’n kritiese belangrike vraag.  Wat is die wil van God?  Wat is die rigting wat God wys?  Hoe bepaal ons wat werklik God se koers is?  Hoe werk geloofsonderskeiding?

Continue ReadingHandelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei

Handelinge 14:1-20 – Nederigheid

Nederigheid kom nie natuurlik vir enigeen van ons nie.  Niemand wil graag aan die onderpunt van die leer wees nie, want dit is hoe ons baiekeer oor nederigheid dink, dat jy soos ‘n vloerlap word waaroor ander kan loop.  Daarom is dit vir ons moeilik om spontaan en konsekwent die minste te wees.  Veral binne ons kultuur waar mag en selfbe-mag-tiging so ’n hoë prioriteit is.  Ons hou van mense wat “goed doen vir hulleself” en bo uitkom.  Ons hou van helde, mense wat bo uit gekom het.

Ons het ook almal ’n behoefte aan erkenning.  Ons wil graag goed voel as ons iets reggekry het.  Ons wil beloon word.  Veral as mens swaargekry het en moes opoffer om iets reg te kry.

Die probleem is dat ’n sug na waardering maklik ’n sug na mag kan word.  Mens kan jou oog van die bal afhaal en erkenning, mag en selfverheerliking begin najaag.

Continue ReadingHandelinge 14:1-20 – Nederigheid

Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis

Die verhaal van Gladys Aylward fassineer my.  Sy het gelewe van 1902 – 1970 en was ’n Britse huisbediende.  En met ’n eenvoudige opleiding – sy was wel ’n groot leser – en ’n passie vir China – sy het later Chinese burgerskap aanvaar – het sy eenvoudig wonders verrig.

Saam met Jeannie Lawson het sy die verste noord van enige sendeling tot op daardie stadium met die evangelie gegaan en só op ’n treffende wyse mense se lewens verander.

Een gesprek met Jeannie het my veral aangegryp.  Reg aan die begin toe sy daar aankom, het sy ’n teregstelling aanskou, en was teen die grond oor die wreedheid daarvan.  Jeannie se perspektief daarop en hoe ons as Christene ook moet dink oor ons roeping en ons passie vir verandering, is as volg:

“There are many things that are horrible in China.  But they will change – one thing at a time with the help of the Lord.  And that’s what we are here for.”

Daarby het sy gevoeg:

“It’s a hard life for a young woman, But it won’t seem hard, I promise you.  When at my age you look back, it will only seem beautiful.”

Continue ReadingHandelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis

Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis

David Wilkerson was, soos gewoonlik, laatnag nog wakker, besig om TV te kyk toe hy vir die eerste keer die vraag vra: “Here, wat sal gebeur as ek die TV stel verkoop en die tyd in gebed spandeer?”

Nadat sy TV regtig verkoop is, het Wilkerson elke nag van 12 tot 2 aan gebed gewy.  Een nag het sy gedagtes aanmekaar gefokus op ’n spesifieke uitgawe van die Life-tydskrif op sy lessenaar.  Eers het hy dit beveg, maar naderhand gevra:  “Here, is daar iets in dié tydskrif wat ek moet raaksien?”

Wat Wilkerson in daardie uitgawe van Life gesien het, sou sy lewe – en die lewe van baie ander - verander.  Hy het ’n berig oor ’n bende-verhoor in New York gelees.  Hy vertel self: “... my aandag is vasgevang deur die oë van een van die figure in ’n kunstenaar se voorstelling van die verhoor.  Dit was ’n seun.  Een van sewe seuns wat verhoor word vir moord.  Die kunstenaar het só ’n blik van verwildering, haat en wanhoop in sy gelaat vasgevang, dat ek net weer en weer moes kyk.  En begin huil het.”

Continue ReadingHandelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis

Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid

’n Oase in die woestyn

Die Saharawoestyn word gekenmerk deur oases waar jy op reis tot verhaal kan kom, water kan kry om te drink en jy lafenis kan ontvang.  Geoloë het ontdek dat daar diep, diep onder die onherbergsame woestyn groot watermere voorkom.  Plek-plek borrel hierdie water bo die oppervlak uit wat van sommige plekke in die Sahara vrygewige en gasvrye plekke maak – wat ons ken as oases.

Die foto op die PowerPoint is juis van só ‘n oase, die Oasis Hotel by Abu Simbel, by die Nasser meer, digby die grens met Soedan. Daarsonder kan jy nie in die woestyn reis nie.  Die oases bemoedig en versterk.  Dit maak die reis veilig.  Die kamele drink hulleself knuppeldik, sodat die handelskaravaan sy reis kan voortsit.  Die waterhouers vir menslike gebruik is ’n slag weer gevul.  Lewe, ook in die harde Sahara, is moontlik danksy die woestyn se verrassende gasvryheid.  Hoe harder die omgewing, hoe meer lewensbedreigend die omstandighede, hoe meer verstommend en verkwikkend is hierdie geskenk van gasvryheid.

Continue ReadingHandelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid

Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011

Ek het dié week regtig gesukkel om die woord van die Here te onderskei.  Daar is so baie wat oor hierdie gedeelte gesê kan word.  Ek het daaroor geskrywe vir die Bybelskool, ek het so drie keer ’n halwe preek geskryf, en dan weer vasgehaak.  Ek het gebid en gewag, en ons het by die sel hieroor gesels en ’n hele klompie wonderlike insigte gedeel.

Maar ek kon net nie hoor wat die Here vir ons as gemeente wil sê nie.

Ons Vader neem ons hande en maak ons één

Gelukkig moes ek die week ’n lied se woorde leer, een wat Cantatori nou-nou gaan sing.  Lied 532 in die Liedboek: So nimm denn meine Hände van Friedrich Silcher, waarvan ons die weergawe van Hans du Plessis in ons Liedboek het: Ons Vader neem ons hande en maak ons één.

En toe ek die lied oor en oor lees, so tussen die preekmaak deur, het ek skielik besef, maar dié lied gee vir my die invalshoek wat ek nodig het.  En het ek uiteindelik rigting gekry, omdat dit so presies is wat die tipe reaksie is wat Jesus van ons vra in hierdie gedeelte.  Want sien, ek kan sê wat hier staan, ek kan dit in konteks plaas, maar my probleem was om te weet wat ons reaksie daarop moet wees en die woord van die Here daar rondom te verkondig.

En dit is wat die lied my mee gehelp het.  Dit voel vir my asof Silcher Johannes 13-14 gelees het toe hy dié lied gekomponeer het – het nie ’n manier gehad om dit uit te vind nie.  Maar u kan self beoordeel, uit die aanhoor van die lied.  Luister na 2 van die verse:


Ons Vader, neem ons hande en maak ons één.
Versterk U self die bande – gee ons u seën.
Bind ons in u genade aan U, o Heer,
en leer ons om met dade u Naam te eer.

Leer ons mekaar vergewe, mekaar vertrou.
Laat ons die hele lewe op liefde bou.
Laat heers oor ons u vrede, en bind ons saam.
Verhoor tog ons gebede in Jesus Naam.

Continue ReadingJohannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011