02 – Om tot RUS te kom

Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio

Verwelkoming

Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).

 jesus-emmausgangers web

My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie Pinkster.

Niks van belang kan in ’n mens se geestelike lewe gebeur, as jy nie hierdie lewensveranderende ervaring het nie, as jy nie God BELEEF in jou lewe nie, en nie net een keer in jou lewe ervaar nie, maar deurlopend, selfs daagliks.

Want ons lewe gebeur in GESPREK MET GOD.  Ons ore en oë gaan oop vir Sy stem wanneer ons tyd maak vir God, by wyse van spreke, brood breek saam met Hom.  Dit is wanneer ons oë oopgaan.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Ons gaan die bekende manier van RUS, HOOR, LEEF gebruik, met ’n bietjie meer opsies gegee by die hoor gedeelte – lees, mediteer, bid, geniet.  Julle het plek langs elke teks in die boekie waar julle jul ervarings en gedagtes kan neerskryf.  Ons is by p 6-7 in die boekie.

Kom dus saam met my op reis in ’n dieper wordende GESPREK MET GOD.

RUS

’n Oostenrykse sielkundige, Satura, het gewerk met drie basiese menslike behoeftes:

  • Ons het behoefte aan prestasie, ons wil dinge regkry, dinge bereik, dinge doen in die lewe –  ons studies, ons werk, ons sport;
  • Ons het ook ’n behoefte aan ekstase, aan opwinding, aan belewing, ons wil meegevoer word deur saamwees, deur musiek, deur vriende, deur verhoudings;
  • Maar, dan het ons ook ’n behoefte aan enstase, ’n behoefte wat baie keer afgeskeep word; ons wil tot stilstand kom en tuis kom by onsself, as’t ware by jouself kuier, met jouself vriende maak, tot rus kom in jouself.

satura

Maar, dit is juis waarmee ons sukkel.  Ons kom moeilik tot stilstand.  Ons kom moeilik tot rus.  Ons kom moeilik tuis in onsself.  En dit beteken dat ons God se stem ook moeilik hoor.

Die filosoof Marthinus Versfeld het in sy boek Klip en Klei gesê: “Niemand is met ander mense, of in enige plek of enige tydperk, tuis as hy nie met homself tuis is nie” – (kortverhaal Huise).

Daarom het ons hulp nodig met tot rus kom, voor ons regtig met aandag kan lees en kan luister na wat die Here vir ons deur Sy Woord wil sê.

Continue Reading02 – Om tot RUS te kom

01 – Om God te BELEEF

Handelinge 8:26-40 – Sondagoggend 20 Mei 09:00 – lectio divina

Verwelkoming

Ek wil begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).

jesus-emmausgangers web

My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie Pinkster.

Niks van belang kan in ’n mens se geestelike lewe gebeur, as jy nie hierdie lewensveranderende ervaring het nie, as jy nie God BELEEF in jou lewe nie, en nie net een keer in jou lewe ervaar nie, maar deurlopend, selfs daagliks.

Want ons lewe gebeur in GESPREK MET GOD.  Ons ore en oë gaan oop vir Sy stem wanneer ons tyd maak vir God, by wyse van spreke, brood breek saam met Hom.  Dit is wanneer ons oë oopgaan.

Ons gaan die bekende manier van RUS, HOOR, LEEF gebruik, met ’n bietjie meer opsies gegee by die hoor gedeelte.  Julle het plek langs elke teks in die boekie waar julle jul ervarings en gedagtes kan neerskryf.

Continue Reading01 – Om God te BELEEF

Psalm 93 – Hemelvaart

Inleiding

Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping.

Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit dat Hy Here is, dat Hy heers oor die lewe en die wêreld.  En ek wil dan na die hemelvaart van Jesus kyk uit daardie hoek.

carine anderson hemelvaart

Continue ReadingPsalm 93 – Hemelvaart

Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde

Wysheid is ’n gawe

Die wysheid is ’n wonderlike gawe – só sluit die boek Prediker af. 

  • Die wysheid is soos die skerp stokke wat die beeste aanjaag in die regte rigting (12:11a).  Die spreuke en voorbeeld-verhale is bedoel om jou op die regte pad te hou, sodat jy nie die verkeerde pad vat en afdwaal nie. 

“The words of the wise prod us to live well,” soos Peterson dit vertaal.  Die bedoeling is nie om die lewe vir jou swaar te maak nie.  Dit is om jou te help om met oorleg en met vreugde te lewe.  Dit is bedoel om jou moeite te spaar, om te keer dat jy nie dinge doen waarvan jy uiteindelik sal moet sê, dit kom tot niks nie, dit is sinloos, dit is hebel.  Dit help jou om jou self te verwesentlik, sonder om selfvoldaan te word, en sonder om oorgerus te raak met wat jou lewe vir jouself, vir ander en vir God beteken nie.

Maar dit dui nie net rigting aan nie. 

  • Die wysheid is ook soos spykers wat ingeslaan is om alles, gemeenskappe en hulle wêrelde, bymekaar te hou (12:11b).  Spreuke hou jou nie net op die regte pad nie.  Dit is ook soos ankers, soos vaste oriënteringspunte, wat jou help om die belangrike goed in die lewe raak te sien, en te waardeer. 

“They’re like nails hammered home, holding life together” (Peterson).  Die woorde van wysheid help jou onderskei tussen die belangrike dinge in die lewe, en dié wat minder belangrik is.  Dit help jou fokus, dit help jou die vloei van die lewe agterkom, sodat jy in ritme daarmee kan leef.

Geen wonder die wysheid word so hoog aangeslaan in die Bybel nie.  Want nie net gee dit rigting nie.  Nie net hou dit dinge bymekaar nie.  Die woorde en spreuke van die wyses is die woorde van God self, die een Herder, wat ons daarmee in die regte rigting stuur (skerp stokke) en beskerm van verydeling en verstrooiing (spykers). 

Continue ReadingPrediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde

Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid

Ons het van tyd tot tyd nodig om bestek op te neem van ons vermoë om dinge te laat gebeur.  Ons kan só maklik dink dat ons prestasies aan ons eie talente en vermoëns te danke is, hetsy fisies (vinnigste, sterkste) of intellektueel (wyses, verstandiges, kennisvrate).

Die Prediker herinner ons dat dit nie die vinnigstes wat die reisies wen nie.  Dit is asof ’n mens die verhaal van skilpad en hasie hoor in sy waarskuwing.  Spoed is goed, maar uithouvermoë nog beter.  Oor kort afstande kan spoed jou nog uithelp, maar as die afstand langer is, help spoed jou baie minder.

Continue ReadingPrediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid

Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis

Die Prediker sluit aan by die diep soeke in ons na meer, na beter, na die buitengewone. Hy oorweeg ons soeke daarna in besit, plesier, mag, avontuur, wysheid, kennis, selfs dwaasheid.  Hy neem waar dat ons meer wil hê, meer wil voel, meer wil doen, meer wil bereik … of juis nie bereik nie, as ons die dwaasheid ondersoek, of die werklikheid deur dwelms of drank of degradering ontvlug om ons eie werklikheid te skep.

Maar hy wys uit, in sy eie ervaring daarvan, dat die probleem met die soektog na meer, na die buitengewone, is dat dit uiteindelik vrugteloos is. Dit kom tot niks.  Dit is hebel – niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie (‘n woord wat hy 37 keer gebruik in die boek!) – ’n metafoor vir die wese van die menslike toestand. 

Continue ReadingPrediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis

Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid

Dit is nie om dowe neute dat Paulus begin om die gemeente van Filippi te herinner daaraan om bly te wees in die Here nie. Dit is wanneer jy met blydskap in die Here lewe, dat die uitdagings van hierdie lewe in perspektief kom, en jy die vermoë ontwikkel om die uitdagings die hoof te bied.

Die lewe is nie maklik nie

Laat ons eerlik wees met mekaar.  Die lewe is nie maklik nie.  Selfs wanneer dinge goed gaan en jy voorspoed belewe, is daar dinge wat sleg gaan, en verkeerd gaan, en ontwrigting saai.  En as die ontwrigtende dinge nie met jou gebeur nie, dan gebeur dit met jou mense, of dit gebeur met jou naaste, of dit gebeur doodgewoon met ander mense in hierdie wêreld.

Continue ReadingFil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid

Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel

Een van die uitstaande kenmerke van die fliek Babe, is die klein varkie se geweldige begeerte om die regte ding te doen. Hy is altyd gereed om te doen wat nodig is.
  • As die gans hom vra om die wekker te gaan haal in die baas se kamer, gaan Babe sonder skroom in, al beteken dit dat hy in ‘n groot gemors beland toe hulle die verf omskop en die hele kamer bemors.
  • As hy agterkom dat ‘n klompie rondloper honde groot marakas aanjaag onder die skape, en dit net hy is wat iets kan doen, dan takel hy hulle sonder om eers twee keer te dink, en slaag selfs wonder bo wonder om hulle weg te jaag.
  • En die verhouding tussen hom en sy baas, Farmer Hoggit (James Cromwell), is kosbaar.  Sy oë volg elke opdrag van sy baas, en met sy naïewiteit oorrompel hy almal met wie hy in aanraking kom.

En hoe gepas is Farmer Hoggit se kommentaar nie aan die einde van die fliek, wanneer Babe in die skaaphond toernooi  al die skape in rekordtyd en sonder foute binne die kampie kry, “That’ll do, pig, that’ll do.” Selfs die een beoordelaar wat sy uiterste bes gedoen het om Babe se deelname te kortwiek, kan nie anders as om vir Babe en sy baas ‘n 10 te gee nie.

“That’ll do, pig, that’ll do.” Inderdaad!

Gretig-gewillig

Dit is die prentjie wat ek dink vir ons kan help om dié teks nie net te verstaan nie, maar prakties te gaan uitvoer.

Continue ReadingFil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel