PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON
HEMELVAART 2016
Die Psalm is geskryf vir die musiekleier – 55 Psalms word só getipeer – waarskynlik vir gebruik in die tempel liturgie, en baie spesifiek vir onderrig, soos vers 8 aandui.
Die Psalms is só belangrik vir ons onderrig. Ons leer hier wat God se doel is met alles. Ons leer hier hoe ons God moet dien. Ons leer hier hoe ons God moet loof en prys, en wat ons moet doen as dit swaar gaan.
Let op hoe dit alles beskryf word as dinge wat tegelykertyd by die tempel (vers 6) gebeur as voor sy troon (vers 9). Jesus het nie verniet gebid, laat u wil geskied in die hemel so ook op die aarde. Hemel en aarde is altyd betrek op mekaar. Hemel en aarde het altyd alles met mekaar te doene.
Die Psalm leer ons dus ons lewe gelewe word tussen tempel en troon, tussen die aardse teenwoordigheid van God en die hemelse teenwoordigheid van God waarmee eintlik die hele geskape werklikheid ingesluit word. (more…)







