(Re)gifted II – LUISTER
The contemplative life
“The contemplative life is the steady gaze of the soul upon the God who loves us,” sê Richard Foster. Dit is: “an intimate sharing between friends,” soos hy Teresa van Avila aanhaal.
Gebed is ten diepste ‘n diep waarneming en bewussyn van wie God is en wat Hy doen. Dit is wat ons in Maria se gebed in Lukas 1:26-38; 46-55 (onderaan aangehaal – also in English) raaksien.
Sy as jongmeisie, wat só ‘n groot verantwoordelikheid kry om die Seun van God in die wêreld te bring, sy bid nie soseer oor haarself en wat sy ervaar as sodanig nie, maar oor wat sy van God raaksien in wat sy ervaar en hoe dit haar help verstaan wie God is en wat Hy doen.
En die belangrikste van wat sy raaksien van God, is dat Hy aandag gee aan die nederiges, aan die mense wat in die oë van die wêreld op die randte staan, wat nie hoog geag word deur die magtiges van die wêreld nie.
Mary’s song thus exemplifies the contemplative tradition – die tradisie van ‘n nougesette beoefening van die bewussyn van God – because it celebrates the activity of God in human life.
En ons moet raaksien dat dit altyd ook gaan oor die lewe daarbuite. Wat binne jou aangaan, wat in jou verhouding met God gebeur, het alles te make met wat daarbuite in die kontak met mense gebeur. (more…)







