19 jaar later
Dit is nou reeds 19 jaar sedert die volk uit ballingskap teruggekom het, 520 v.C. Die Here roep die profeet Haggai om die volk te bemoedig. Die boodskap wat hy moet bring, is: Herstel die tempel, want God is by julle.
Die eerste profesie word aan die twee leiers gerig, aan die goewerneur van Juda, Serubbabel, en aan die hoëpriester Jesua. Haggai verduidelik vir hulle dat hulle slegte situasie aan hulle ongehoorsaamheid verbind is.
Peterson vertaal God se woorde in hoofstuk 1:5-6 só:
“Take a good, hard look at your life.
Think it over.
You have spent a lot of money,
but you haven’t much to show for it.
You keep filling your plates,
but you never get filled up.
You keep drinking and drinking and drinking,
but you’re always thirsty.
You put on layer after layer of clothes,
but you can’t get warm.
And the people who work for you,
what are they getting out of it?
Not much—
a leaky, rusted-out bucket, that’s what.
In vers 9-11 antwoord die Here sy eie vraag, weereens soos Peterson dit vertaal:
“And why? … Because while you’ve run around, caught up with taking care of your own houses, my Home is in ruins. That’s why. Because of your stinginess. And so I’ve given you a dry summer and a skimpy crop.”
Die probleem is die mense het hulle eie huise herbou, maar nie aandag gegee aan die herbou van die tempel nie. Dít kan nie so aangaan nie, sê Haggai. Dit is nou al 19 jaar. Julle moet julle prioriteite regkry. Die Here kom eerste. Dán sal sy seën julle lewens volmaak.
En ons sien in hoofstuk 1 dat die hele volk sowel as hulle leiers begeesterd daarop gereageer het. Hulle het hulle huise gelos, en die tempel begin bou. Drie weke later was hulle aan die gang, ná hulle eers alles in orde gekry het.
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)