Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
Die student Sibongile Mani het hierdie week ‘n algemene gesig geword in die media. Sy het per ongeluk R14 miljoen gekry en in ‘n kort tydjie reeds R818 000 daarvan uitgegee.
Nou, ek wil haar nie “shame” nie. Ek wonder wat ek sou gedoen het as ek só baie geld in my rekening gehad het. Wat sou jy gedoen het? Jy kan gaan kyk wat NMB studente geantwoord het op dié vraag.
En al sou jy die regte ding gedoen het en die geld teruggegee het, die punt is dat sy nou die geld skuld, want sy het dit uitgegee.
So, kry hierdie prentjie in jou kop. Sibongile word voor die raad gedaag en gevra om die geld terug te betaal. Want, sy skuld dit vir die owerhede.
Maar, sy kan nie. Daar is nie ‘n manier nie. Iemand het uitgewerk hoeveel jaar dit sou neem as sy ‘n goeie werk sou hê en dit moet terugbetaal. Dit sal haar meer as twintig jaar neem, as sy elke maand R8 000 terugbetaal.
Nou, stel julle voor dat Sibongile begin pleit dat hulle haar moet vergewe … en die raad stem in. Hulle skryf dit af. Sy loop as ‘n vry mens daar uit. Sy kan aangaan met haar lewe. Sy hoef nooit weer daaroor te wonder of te wroeg nie. Sy is vry. Sy het geen skuld meer nie. Sy is vergewe.
HIER VOLG DIE HELE PREEK (more…)








