Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense

Inleiding

Die gemeente van Kolosse is waarskynlik nie deur Paulus gestig nie (Kol 2:1), hoewel hy op ‘n keer deur die landstreek van Frigië, waar hulle geleë was, gereis het (Hand 16:6).  Hulle was egter duidelik sterk onder sy invloed.  Epafras wat van Kolosse af was – en ook Paulus se medewerker – was moontlik die skakel tussen hulle, en ‘n moontlike stigter van die gemeente (Kol 1:7; 4:12).  Die stad was geleë naby Efese in Klein-Asië (160 km na die ooste), in die suid-weste van wat vandag as Turkye bekend staan.  Hulle was ook nou verbind aan die naburige gemeentes in Laodisea en Hiërapolis (4:13,15). (more…)

Continue ReadingKolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense

Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER

Jesus begin Johannes 14:15-31 met hierdie oorhoofse beskrywing van die Christelike lewe. Dit is diegene wat Hom liefhet wat sy opdragte uitvoer. ‘n Mens sou dit ook kan omdraai. Dit is diegene wat sy opdragte uitvoer wat Hom liefhet. Liefde is gehoorsaamheid aan sy woorde.

Gehoorsaamheid is liefde vir Jesus. Jou liefde word gewys deurdat jy sy opdragte uitvoer.
Hiermee, sê Jesus: liefde is nie ‘n gevoel nie. Liefde is gehoorsaamheid. Jy bewys jou liefde deur jou bereidheid om te doen wat Jesus van jou vra. Jou gehoorsaamheid lê nie in die gevoelens van liefde wat jy uitspreek in gebed of in ‘n lied teenoor Hom of in ‘n gesprek met ander nie, maar in hoe jy die woorde van die Here uitvoer.

Dit is vir hierdie mense, sê Jesus, dié wat Hom liefhet en sy opdragte uitvoer dat Hy sy Gees gee.

* Maar wat is die verband tussen Jesus se woorde en die woorde van sy Vader in die Eerste Testament?
* En wat is verband tussen Jesus se woorde en die woord van die Heilige Gees in die Tweede Testament wie se taak dit is om ons te herinner aan alles wat Jesus gesê het?

Dit is lewensbelangrik om antwoorde hierop te kry, want dit is slegs dán wat jy die boodskap van hierdie gedeelte sal kan omarm:

“As jy meer van God in jou lewe soek, groei in jou liefde vir Hom. As jy meer van God se inwoning in jou lewe soek, sorg dat jy sy woorde ter harte neem.”

Lees verder na Jesus se boodskap aan ons uit Johannes 14:19-31 by hierdie erediens: (more…)

Continue ReadingJohannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER

Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8

Wat is respek?

Wat is respek?  Die woordeboeke beskryf dit as om iemand te bewonder of om iemand hoog te ag.

As jy iemand bewonder, het jy respek omdat jy hulle as waardevol beskou weens hulle vermoëns, hulle kwaliteite, of hulle prestasies.  Ons bewonder sportmanne wat die hoogste sport bereik. Ons het respek vir Wayde van Niekerk en Usain Bolt.  Ons het respek vir wetenskaplikes soos Albert Einstein en Stephen Hawking. Ons bewonder hulle vermoëns en prestasies.

As jy iemand hoog ag, kan dit steeds wees weens hulle bewonderenswaardige kenmerke, maar dit kan ook wees weens ‘n waarde wat jyself aan hulle toeken, ongeag of hulle dit verdien of nie.  Ons het respek vir oumense nie omdat hulle baie vermoëns het nie, maar omdat hulle oud is en ons aan hulle ‘n waarde toeken, ongeag of hulle dit verdien of nie, trouens soms juis ten spyte van wie of wat hulle is. Ons het respek vir gestremdes en randfigure, nie omdat ons hulle vermoëns of prestasies bewonder nie, maar juis ten spyte van hulle gebreke en tekortkominge.  Ons ag hulle hoog, ons respekteer hulle, omdat ons kies om dit te doen.

In die een geval dwing mense respek by ons af.  Hulle verdien ons respek.  Hulle ontlok by ons respek.  Ons bewonder hulle.

In die ander geval gee ons respek.  Hulle verdien nie ons respek nie, maar ons gee dit in elk geval, omdat ons wil, omdat ons kies om hulle hoog te ag.  Ons bewonder hulle nie juis nie, maar dit maak nie saak nie.  Ons respekteer hulle omdat ons besluit om hulle te respekteer. (more…)

Continue ReadingRespek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8

Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder

Dit is vandag Goeie Herdersondag.  Ons dink na oor Jesus as die Goeie Herder, en in ‘n sekondêre sin ook oor ons eie rol as goeie herders.

Dit was vir my interessant dat ons by ons sel dié week eintlik gelyktydig oor albei hierdie aspekte gesels het.  Ons het gesels oor die mense vir wie ons herders is, ons kinders, ander mense aan wie ons verbind is. En ons het gesels oor die Goeie Herder, die een wat vir ons ‘n herder is, Jesus, want dit is eintlik wat die teks vir ons sê.  En ons het geheen-en-weer hieroor.  God se rol.  Ons rol.  God se herderskap.  Ons herderskap.

Op ‘n punt het dit net skielik helder en duidelik vir my geword dat die twee aspekte van die gesprek eintlik direk met mekaar te make het.  Die gesprek oor ons kinders het met ons leefwêreld te make, en dit is uit die aard van die saak baie relevant vir ons.  Die gesprek oor die Goeie Herder het met die Bybel te make, en die wyse waarop die Here met ons uit die gedeelte praat.

En in die interaksie tussen ons leefwêreld en die Bybel se woord het die gedagte diep in my binneste grondgevat.  Die een wat eintlik verantwoordelikheid vir ons neem, is Jesus self.  Want, en dit is vir my ‘n kosbare gedagte, Hy is die eintlike verantwoordelike een.  Hy is die Goeie Herder.  Nie ek nie.  Nie my vrou nie.  Nie enigeen van ons by die sel nie.  Jesus is die Goeie Herder.  Dit is wat die teks in die eerste plek vir ons wil sê.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue ReadingJohannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder

Filippense 2:5-11 – Die effek van respek

Somerstrand Aanddiens 30 April 2017

Paul Meshanko has written a book The Respect Effect (2013) that explains how each of our brains is profoundly influenced by how we’re treated by others. “When we’re treated with respect, our brains literally light up and perform at their highest levels. When treated with disrespect, the higher thought processes in our brains go dormant. Hijacked by our primitive survival wiring, we become diminished assets to our employers and organizations.” (Download the first two chapters here). (more…)

Continue ReadingFilippense 2:5-11 – Die effek van respek

Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!”

Die bloed drup stadig uit ‘n klein snytjie in die Jesuïtiese priester, Vader Christovão Ferreira se nek.  Hy hang onderstebo met sy kop in ‘n gat in die grond.  Sy hele liggaam is vasgebind in ‘n sak, sy voete met ‘n tou vasgemaak aan ‘n menshoogte paal.  Sy hande is oor sy bors vasgebind.  ‘n Sirkelvormige stuk plank is om sy nek vasgemaak.  Hy kan niks sien om hom of bo hom nie.  Dit is donker, en al wat hy hoor is die gedrup-drup van die bloed wat oor sy gesig loop en deur sy hare op die grond val.

Die lewe is stadig besig om uit hom te vloei.  Die pyn in sy kop klop-klop onophoudelik.  Die geklop raak al hoe harder.  Sy kop en skouers en hande begin opswel van die drukking van die bloed.  Die pyn is ondraaglik.  Sy gedagtes begin deurmekaar en verward raak.

Die een ding wat soos ‘n refrein deur hom spoel, is dat al wat nodig is om uit hierdie wurggreep van die naderende dood te ontsnap, is om te doen wat die Japanese owerhede van hom vra.

Dit is eintlik net ‘n formaliteit, sê die Inquisitor Inoue.  Trap op die fumi-e, ‘n afbeelding van Jesus aan die kruis, en jy is vry.  En jy sal al die ander Japanese Christene van ‘n seker dood red.  Ons sal hulle ook vry laat, sê hy …

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingJohannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!”

Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise

Hand 15:36-41

36 ’n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.”

37 Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. 38 Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. 39 Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met ’n skip na Siprus toe vertrek. 40 Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is. 41 Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes geestelik versterk.

Die onderskatte verhaal van Barnabas

Die verhaal van Barnabas is inderdaad een van die onderskatte en daarom onvertelde verhale in die Nuwe Testament.  Dit is ’n verhaal wat jou bewus maak van die wonderlike manier waarop die Here mense, hulle gawes en hul lewenspraktyke gebruik in die koms van die koninkryk.

  • Die Here gebruik sy vrygewigheid om ’n stuk grond te verkoop en die opbrengs aan die gemeente in Jerusalem te skenk. Dit vorm deel van die platform wat geskep word om die Christelike geloof wêreldwyd te lanseer. The Lord used the generosity of Barnabas by selling a farm to help the early church’s mission to the world.
  • Die kerk kon Saulus en sy bediening aanvaar weens Barnabas wat hom gasvry ontvang het. Hy het vir Saulus as borg opgetree.  Daarmee word die kerk uiteindelik gehelp om nie eksklusief Joods te bly nie, maar onder die Here se leiding grense oor te steek – uiteindelik ook na Europa en die verre Suidpunt van Afrika waar ons vandag nog deel in die vrug van die grensoorskryding.  The Lord used the hospitality of Barnabas to reach out to Paul and making him part of the church.  This would impact on the crossing of boundaries across the world.
  • Die jong Johannes Markus het in Barnabas ’n begeleier en mentor van formaat gevind wat hom deur sy gawe van bemoediging in staat gestel het om met Paulus te versoen en die skrywer van die eerste evangelie te word. The Lord used the encouragement of Barnabas to mentor a young leader to become reconsiled to Paul and write the first gospel.

(more…)

Continue ReadingHandelinge 15:36-41 #leadersmustrise

Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom

Jesus het so pas die wonderlike ervaring gehad dat Hy gedoop is in die Jordaan.  Die Heilige Gees het op Hom neergedaal en God het uit die hemel gesê dat Jesus sy geliefde Seun is.

Maar, Jesus kry amper geen tyd om die ervaring te geniet nie.  Hy word onmiddellik deur dieselfde Gees in die woestyn ingelei om daar deur die duiwel as die versoeker, ook genoem die Satan, sy teenstander, versoek te word.

Hoekom?  Want die Gees se eerste doelwit met Jesus ná Hy op Hom neergedaal het, is om Jesus sterk te maak vir die uitdagings wat in sy bediening op Hom gaan wag.

Jesus must face these temptations now, and win at least an initial victory over them. If he doesn’t, they will meet him suddenly, in the middle of his work, and they may overwhelm him.” (NT Wright – Matthew for Everyone).

Matteus vertel dié verhaal van Jesus se versoeking dus as ʼn belangrike inleiding tot die begin van Jesus se bediening.  Net ná die verhaal begin Jesus met sy verkondiging (4:12-17), Hy roep sy eerste dissipels (4:18-22) en Hy onderrig en genees baie mense, soos Matteus dit sê, van elke siekte en kwaal (4:23-25).  Die hele aanvang van Jesus se bediening hang dus af van wat in die woestyn gebeur.  Wat hier gebeur, sal uiteindelik bepaal wat later kán gebeur.

Download the English translation: 

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: (more…)

Continue ReadingMatteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom

1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar

Die tweede brief van Petrus is ‘n afskeidsboodskap van die apostel Petrus aan die geloofsgemeenskap in gebiede van wat vandag die moderne Turkye is: destyds Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië.  Die brief is waarskynlik uit Rome geskryf in die tyd van keiser Nero.

Petrus is bekommerd oor die dwaalleraars in die gemeente wat hulle kan laat twyfel dat die boodskap van Jesus Christus betroubaar is.  Hy waarsku hulle daarom dat die vals leraars vernietigende ketterye sal insmokkel in hulle geloofsgemeenskap wat nie net tot losbandigheid kan lei nie, maar hulle selfs kan verlei om van die Here Jesus self afvallig te raak onder andere deur die wederkoms te ontken.  Hierdie dwaalleraars het net oor die hiermaals gepraat, nie die hiernamaals nie, en gesê dat ‘n mens eintlik maar kan leef soos jy wil (2 Pet. 3:4).

Petrus wil hulle aanmoedig om vas te hou aan die ware evangelie: “Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.” (2 Pet. 3:18). Hulle geloof is net te kosbaar (2 Pet. 1:1) dat hulle deur roekelose en arrogante mense (2 Pet. 2:10) op ‘n dwaalspoor gelei mag word.

Petrus is ook baie bewus van sy naderende dood (2 Pet. 1:14) en wil vir oulaas met hierdie skrywe hulle help om aan die verdorwenheid, die verderf van die wêreld, te ontvlug (2 Pet. 1:4). Hy wil hulle help om te bly fokus op God se goddelike krag wat hulle alles gegee het wat hulle nodig het vir ‘n toegewyde lewe (2 Pet. 1:3). Dan weet hy sal hulle nie struikel voor die uitdaging van die dwaalleraars nie (2 Pet. 1:10).

Omdat hierdie God op só ‘n kragtige manier in hulle werk, hét hulle die vermoë om nee te sê vir die uitdaging van die dwaalleraars, kán hulle ‘n heilige lewe lei wat aan God toegewy is, en sál hulle nie hulle standvastigheid verloor nie. “Die kragtige teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus,” sal daarvoor sorg (2 Pet. 1:16).

Download the English translation here:

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (more…)

Continue Reading1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar

Johannes 8:1-11 – #gracemustrise

Ingenooi deur God

Ek dink dié week weer aan die man wat gevang is teen ver oor die 200 km/h.  Sy verduideliking was: “Ek was op pad kerk toe!”  Nou of hy reg was of nie, miskien het jy ook gejaag om hier te kom.  En miskien dink jy al reeds waarheen jy na die tyd op pad is.  Óf – miskien is daar dinge wat jou jaag: ‘n onvervulde behoefte, ‘n onopgeloste vraag, ‘n diep behoefte aan rus.

Wel – die Here nooi jou uit om tot rus te kom by Hom.  Raak stil, sien as’t ware hoe ‘n deur vir jou oopgemaak word en jy binnegenooi word om in God se teenwoordigheid te kom rus … en maak jou hart oop in gebed vir God. (more…)

Continue ReadingJohannes 8:1-11 – #gracemustrise