Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei
“Wat doen jy toe,” vra ek hom?
“Ek het my instrukteur se woorde onthou en vir die borrels van my asemhaling gevoel,” sê hy.
“Die borrels?”
“Dis reg. Wanneer dit stikdonker is, en jy het geen idee watter rigting boontoe is nie, met die gevaar dat jy dieper of dwarsweg kan duik, menende dat jy boontoe gaan, steek jy jou hande uit en soek vir die borrels. Die borrels styg altyd boontoe, in die rigting van die oppervlak. Wanneer jy nie meer jou eie oordeel of jou eie sintuie kan vertrou nie, kan jy altyd op die borrels vertrou om jou weer bo te kry.”
Mens beland meermale in die lewe in omstandighede waar jy wonder wat waarheid is. Veral as groot besluite geneem moet word. Die gevaar is dat mens dan doelloos kan begin rondspartel. Wat is die regte rigting om in te slaan?
Vir gemeentes en gelowiges is hierdie ’n kritiese belangrike vraag. Wat is die wil van God? Wat is die rigting wat God wys? Hoe bepaal ons wat werklik God se koers is? Hoe werk geloofsonderskeiding?