Fil 1:27-2:4 – Die Gees van Christus verander ons gemeente tot vreugdevolle eensgesindheid

Wat hoor jy as jy die woord EENSGESIND hoor?

  • Presies dieselfde gesindheid?
  • Presies dieselfde gedagtes?
  • Presies dieselfde gevoelens?
  • Presies dieselfde gedrag?

Baie mense hoor die woord so, hou selfs daarvan, en veg daarvoor.  En bewaar jou as jy nie dieselfde doen, dink of voel nie.  Dan word jy en jou idees aangeval en verdag gemaak, sodat jy óf ingee óf uitgestoot word.  Baie politieke sisteme is so.  Selfs volksisteme en kulture funksioneer baie keer so.  Eensgesindheid word verstaan as om presies dieselfde te dink ... en as jy durf verskil, dan verander jy van vriend in vyand.

Selfs in die kerk is dit soms so.  Eensgesindheid word baie keer misverstaan as om dieselfde te dink, en om by die meerderheid se denke en gevoelens in te val.  En mense wat anders doen, dink of voel word baie keer uitgestoot, meer as vyande hanteer as vriende binne dieselfde gemeenskap.  En ongelukkig is dit baie keer dié tipe reaksies wat ons sien in die briewe in die koerante en in die groot uitsprake wat gemaak word.  Mense wat eintlik met ‘n idee van eensgesindheid werk wat beteken almal moet presies doen, dink of voel soos hulle doen, dink of voel.  En wee jou as jy durf verskil ...

Só ‘n verstaan van eensgesindheid is egter verdelend.  Dit jaag mense uit mekaar, sommige op dié hoop en ander op daardie hoop.  Dit skep vyandskap, baie keer tussen mense wat nie net van beter behoort te weet nie, maar mekaar ook boonop nodig het.  Want ons almal het mos maar net ‘n deel van die waarheid beet, en ons het mekaar nodig, om uit almal se bydraes, almal se verskillende bydraes, ‘n beter prentjie van die waarheid, ook Die Waarheid, Jesus, te vorm.

Dit is immers waarom ons 4 evangelies het, en nie net 1 nie.  Dit is waarom ons 13 briewe van Paulus het, en nie net 1 wat sommer vir almal sou gegeld het nie.  Dit is waarom daar Konings en Kronieke is in die OT, wat min of meer dieselfde geskiedenis dek, net uit verskillende hoeke, en 150 Psalms en nie net 1 nie.

Verskillende perspektiewe vorm die volle prentjie van God se genade en die lewe wat Hy skenk.

Wat bedoel Paulus dus as hy hier in Filippense oor eengesindheid praat?

Continue ReadingFil 1:27-2:4 – Die Gees van Christus verander ons gemeente tot vreugdevolle eensgesindheid

Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid

Continue ReadingFil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid

Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012

God is op twee maniere aan die werk in ons lewe.  God is betrokke in die dinge wat ons ontwrig.  En God is betrokke in die dinge wat ons bevestig.  Dit is wat ons uit die verhaal van Filippi in Handelinge leer. God skep aan die een kant oortuigings by gelowiges deur die verkondiging van die evangelie, bv by Lidia, en bevestig hulle in die  geloof.  Maar Hy is aan die ander kant net so seer besig in die ontwrigtende gebeure in die stad, met die eienaars wat Paulus-hulle aankla oor die duiweluitdrywing uit die slafin, en die oproer onder die skare wat gesorg het dat die evangelie in die publieke ruimte ingedra is.  Selfs die ontwrigtende aardbewing het bygedra tot die impak van die evangelie op en in die lewens van mense.  Dit oortuig onder andere die bewaarder van God se teenwoordigheid en hy kom tot bekering.

In dit alles is God aan die werk – Hy ontwrig, en Hy bevestig, of ten minste Hy werk deur die ontwrigting en die bevestiging.  Dit is waarom ons nie so gou ontsteld moet word as dinge deurmekaar word nie.  Want God is daarbinne aan die werk.

Wat ons moet doen, is om te onderskei waaroor dit regtig gaan, wat God besig is om daarmee te sê, of daarmee te laat gebeur.

Continue ReadingFil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012

Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word

Een van die stories wat telkens gelees word in die Epifanie tyd is die verhaal van die magi, die sterrekykers, wat met Jesus se geboorte in Jerusalem aangekom het om aan die nuwe koning van die Jode hulde te bring.  Sommige noem hulle ook konings op voetspoor van Jes 60:3 “Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.”

Dit is 'n besondere verhaal, wat net deur Matteus vertel word.

En dit is veral besonders, omdat dit 3 groepe mense se reaksies op God se menswording kontrasteer: 1) dié van Herodus en Jerusalem, 2) dié van die priesterhoofde en skrifgeleerdes en 3) dié van die sterrekykers.

En omdat ons vandag die eerste treë van 2012 gee, is dit goed om aan die hand van dié drie groepe mense se reaksies op Jesus, ons eie verhaal vir hierdie jaar te beoordeel, en na te dink oor wat ons reaksie op Jesus dié jaar gaan wees, dws hoe ons graag die nuwe jaar sou wou binnegaan.

Continue ReadingMatteus 2:1-12 – Verwag om verras te word

Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens

Miga 6 begin met ‘n aanklag wat God teen die volk van Israel maak, dat hulle aan ernstige geheueverlies ly.  In vers 1-5 herinner hy hulle aan drie goed:

  1. Die Verlossing uit Egipte waar Hy hulle uit slawerny geruk het en ‘n soewereine volk gemaak het;
  2. Die Versorging in die woestyn, waar Hy vir hulle leiers gegee het, Moses (wet – God se woorde en Woord), Aäron (kultus – versoening met God), en Mirjam (profetes – God se wil) wat op omvattende wyse vir hulle gelei het, nie net in oorlog nie (Num 22-24 – Balak en Bileam), maar ook in hulle aanbidding tot die Here;
  3. En NB, die Vestiging in die Beloofde Land met nie net met die Intog van Sittim aan die Oostekant na Gilgal aan die Westekant van die Jordaan te make het nie (Jos 3-4), maar ook met die oorwinning oor al hulle vyande in die land Kanaän.

Dan volg die Here die aanklag op met ‘n verduideliking van hoe die verhouding met Hom werk.

Continue ReadingMiga 6:1-9 – Oujaarsdiens

Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011

Psalm 98 is ’n pragtige loflied, wat in inhoud sterk ooreenkom met Psalm 96, asook die Psalms aan weerskante daarvan: 97 en 99.  Aanvanklik was dit bedoel as ’n loflied na die verlossing uit ballingskap.  Vandag laat dit ons dink aan die Verlosser van die wêreld, Jesus Christus, wie se lof ons besing.

Continue ReadingPsalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011

Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011

Ons fokus vandag op Psalm 89 wat van die Here se liefdesdade sing en praat van sy alomteenwoordigheid, sy alwetendheid en sy albetrokkenheid, wat ook die belofte van die Messias insluit, ’n baie gepaste teks vir Adventstyd.

Tema: God se trou en versorging dra ons deur die lewe.

Continue ReadingPsalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011

Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011

Die bedreiging van die goddelose

Dit bly ironies dat baie mense vandag nie meer glo nie, maar tog nie geloof en gelowiges kan uitlos nie.  Baie moeite word gedoen om geloof aan te vat – die geloof wat sulke mense sê hulle nie het nie – en as oudmodies, onwetenskaplik, gevaarlik en uitgedien uit te wys.

Dit is die bedreiging van die goddelose.  Nie net dat hulle vir hulle self ’n wet raak, waarin eie belang sonder gewete nagestreef word nie, maar dat hulle God-loos probeer lewe …  En wil hê dat almal so sal leef, sonder God.

Soos in die tyd van Dawid, so is dit ook vandag.  “Die goddelose soek die ondergang van die regverdige en bedreig sy lewe.” (vers 12)  En ons moet nie die vers net verstaan as ’n fisiese bedreiging nie – Dawid skryf natuurlik veral daaroor – maar ook insien dat dit ’n bedreiging vir die gelowige se lewe saam met God is, ’n bedreiging vir die volharding in die geloof in God.

God-loses se doel is die uitwissing van geloof, in die lewe van gelowiges, op watter manier dit ook al kan gebeur.

En die ironie is groot – in hulle poging  om van God en geloof ontslae te raak, is hulle altyd maar weer besig daarmee, in opstand teen iets wat hulle sê dat hulle nie in glo nie.

Maar, die feit dat ek dit as ironies uitwys, voorkom nie dat ons geloof regtig bedreig word daardeur nie.  Dit is een van die groot versoekings vir gelowiges – veral wanneer ’n mens onder druk verkeer, en ons bv agterkom dat dit lyk asof dit goed gaan met hierdie goddeloses – om self God-loos te begin lewe, nie soseer te verval in allerlei goddelose bose dinge nie, maar om net nie meer rekening te hou met God en die lewe in geloof saam met die geloofsgemeenskap nie.

Dit is in dié situasie – die geweldige uitdaging waarvoor die goddeloses gelowiges stel –  wat die Psalm die wyse weg aandui.

Continue ReadingPsalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011

Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011

Die Psalm het twee fokuspunte:

  • Die heerlikheid van God in die skepping – met die son as simbool;
  • Die heerlikheid van God se stem aan ons – met die Woord as instrument.

Daarmee bring die Psalm twee aspekte van God onder ons aandag, twee aspekte van God waarvan dit ons wil oortuig:

  • GOD BESTAAN
  • GOD PRAAT

Continue ReadingPsalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011

Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011

Nietig maar waardig

Die Fliek Contact handel oor die debat tussen geloof en wetenskap – is God betrokke of het alles toevallig ontstaan?  En dit gee eintlik ’n baie interessante perspektief daarop.

Ellie Arroway (die navorser) vra op ‘n punt: “So, wat is meer waarskynlik: dat ’n almagtige, misterieuse God die heelal geskep en toe besluit het om geen bewyse van sy bestaan te los vir ons nie, of dat Hy eenvoudig nie bestaan nie en dat ons Hom eintlik geskep het sodat ons nie so klein en alleen sal voel nie?”

Palmer Joss (die predikant): “Ek weet nie.  Ek kan my eintlik nie indink in ’n wêreld waar God nie bestaan nie.  Ek sal nie in só ’n wêreld wou woon nie.”

Ellie :”Hoe weet jy dat jy nie jouself mislei nie?” En verklaar sy, “Ek soek bewyse.”

Palmer stop só ’n oomblik en antwoord dan, “Bewyse. Het jy jou pa lief gehad?”

Verras met die persoonlike vraag, sê Ellie, “Wat?”

Palmer herhaal, “Jou pa, het jy hom lief gehad?”

Ellie antwoord dan, “Ja, baie.”

Palmer kyk dan diep in haar oë en sê, “Bewys dit.”

Waarop sy nie ’n antwoord gehad het nie.

Continue ReadingPsalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011