Psalm 80 – Sien ons raak, Here!
NGK Somerstrand 18 Desember 2022 | Kerk en Youtube 09:00 Verwelkoming Aankondigings Psalm 80 - English Toetrede Lied 358:1-3 Welkom, o stille nag van vrede (sit) Votum en seëngroet Lofsang…
NGK Somerstrand 18 Desember 2022 | Kerk en Youtube 09:00 Verwelkoming Aankondigings Psalm 80 - English Toetrede Lied 358:1-3 Welkom, o stille nag van vrede (sit) Votum en seëngroet Lofsang…
Psalm 146 – Ons lewe sal eindig met ‘n Halleluja!
NGK Somerstrand 11 Desember 2022 | Kerk en Youtube 09:00
Verwelkoming
Kerkraadslede verkies op die vergadering van 21 Nov 2022
Ouderlinge
Diakens
Aankondigings (more…)
NGK Somerstrand 4 Desember 2022 | Kerk en Youtube 09:00
Verwelkoming
Aankondigings
Volgende week se Kategese inligtingsessie Koekversiering in die ARK = die “versierders” moet hul eie sprinkles, smarties/lekkers bring. Ons verskaf die koeke en versiersuiker.
Bydrae van die huishulpe
Toetrede (more…)
NGK Somerstrand 20 November 2022 | Kerk en Youtube 09:00 Youtube English Translation VERWELKOMING EN AANKONDIGINGS TOETREDE Lied 354:1-3 O Christus, ons verlange (staan) Gemeente gaan sit. Lied 333 Groot…
NGK Somerstrand 11 September 2022 | Kerk en Youtube 09:00
Translation: The LORD is with you courageous warrior – Judges 6.docx
Verwelkoming
Aankondigings
Toetrede
Lied 214 Here ons sal U loof (staan)
Ten Thousand Reasons
Votum en Seëngroet
Lofsang
Psalm 33:1,2,7 Sing juigend, sing ‘n nuwe loflied (staan)
Kindertyd
Ken julle die liedjie van die dapper muis?
Is julle dapper?
Kom ons luister na die verhaal van Gideon. Gideon was bang, maar God was sterk. Die Here het ‘n bang Gideon gehelp om dapper te wees.
Gebed
Verootmoediging
Vonkk 53:1-2 Skuil by die Vader (sit)
Skriflesing en prediking (more…)
NGK Somerstrand 09:00 4 September 2022 | Kerk en Youtube
Verwelkoming
Toetrede
Ps 84 v 1 Hoe lief het ek u woning, Heer (staan)
Votum en Seëngroet
Lof
Lied 197:1-2 Wonderbare Koning, Heerser oor u skepping (staan)
Kindertyd
Hou julle van speel met klei? Hier is ‘n bietjie klei om mee te speel.
Dit is lekker om verskillende vorms te maak. En as dit nie werk nie, dan begin ons net weer oor, nè?
Die Bybel sê God is soos ‘n pottebakker, en ons is die klei. Hy vorm ons soos ‘n mens klei vorm. Hy sorg dat alles in plek is. Dat ons twee arms het en twee bene. En ‘n mooi gesiggie. En vingers en tone.
Maar, weet julle, God is binne ons ook besig. Hy leer ons om lief te wees vir mense. Om goed te wees vir mense. Om goeie dinge te doen vir ander. Hy werk met ons harte sodat ons kan doen wat Hy van ons vra.
Hy gee ook ander mense wat ons kan help. Jou ouers. Jou onderwysers.
Maar, die belangrikste is dat Hy met ons harte besig is. Soos ons lees in die Bybel, en soos ons leer bid, verander God ons en leer ons om vir Hom te lewe. (more…)
Youtube
Word dokument: Jeremia 1
English translation: Jeremiah 1
Die profeet Jeremia word in hoofstuk 1 geroep om vernietiging en oordeel oor die volk Juda en hulle leiers aan te kondig. Sy boodskap is dat die volk God vergeet het en geweier het om Hom te erken. Hulle was so nutteloos in die verhouding met God soos ‘n verslete gordel om sy lyf. Daarom is die Here die volk nie meer goedgesind nie en het Hy geen medelye meer met hulle nie. Hy roep Jeremia as ‘n profeet vir die nasies, vers 10:
“om uit te ruk en af te breek, om ten gronde te laat gaan en plat te slaan.”
‘n Ontstellende boodskap wat hom uiters ongewild gemaak het by die volk en veral by die leiers van die volk, veral konings Jojakim en Sedekia. En al het die Here ook ‘n stukkie hoop gegee dat Jeremia ook ‘n boodskap moet bring dat ná die ballingskap daar ‘n tyd sal kom:
“om te bou en te plant,”
was dit hierdie boodskap van vernietiging waarmee Jeremia geworstel het.
Hoe sou jy reageer het?
Ek wonder wat sou jou reaksie wees as jy só ‘n opdrag kry? As die Here jou roep om die valse idees van die geloofsgemeenskap waarvan jy deel is, uit te wys. Bv die idee in Jeremia se tyd:
Jeremia moes sy eie mense leer:
NGK Somerstrand | 7 Augustus 2022 09:00 | Kerk en Youtube
Ek sluit by die verhaal in Lukas 12 aan waar Jesus besig is om sy dissipels te bemoedig op pad na Jerusalem toe. Hy wil hulle help om hulle bekommernisse oor kos en klere agter te laat, want Hy is in staat om vir hulle lewe en liggaam te sorg.
Jesus borduur dan verder voort op wat vir sy dissipels nodig is in ’n lewe vir die koninkryk. Hy wil nie net hê dat hulle hulle kommer vir Hom gee nie. Hy wil hê dat hulle al hoe meer gereed sal word vir die lewe wat kom. Hulle moet gereed wees vir sy tweede koms. Jesus gebruik daarvoor twee beelde en drie gelykenisse wat wys wat gereedheid beteken.
Familiediens NGK Somerstrand 12 Junie 2022 | Kerk en Youtube 09:00
Two natures – English translation
Verwelkoming
Aankondigings
Toetrede
Flam 5 (Afr/Eng) Daar is geen grens aan U guns en genade – sit
Votum en Seëngroet
Lofsang
Lied 450 Vader, Seun, Heil’ge Gees – staan
Vonkk 95 Daar is niemand soos U, Here, God – sit
Kindertyd
Volgende week is Vadersdag. Gaan julle iets spesiaals doen?
Ek het hier ‘n familiefoto. Wie s’n is dit, dink julle?
Kom ek vertel julle van my familie.
God is ook ‘n familie: Vader, Seun en Heilige Gees
Ons is deel van sy familie! Ons is sy kinders!
Verootmoediging
Gebed
Skriflesing en prediking (more…)
Die Hemelvaart van Jesus is van groot betekenis vir die kerk van die Here Jesus Christus.
Ek het al baie gepreek daaroor, nie net op Hemelvaart nie, maar ook op ander Sondae. Maar, ek het nog nooit ‘n Kategismuspreek daaroor gelewer nie. En wil dit nou graag doen.
Ek gaan op Sondag 18 uit die Heidelbergse Kategismus fokus, want dit bly die beste verwoording van die Bybelse boodskap oor die Hemelvaart. In die proses gaan ons na meer as 30 verwysings in die Bybel kyk. Ek plaas elke verwysing volledig in hierdie teks, sodat jy jou kan verdiep daarin.