Hoe verander hierdie wêreld? – Handelinge 13-16:5

Die verhaal van die kerk
Tema: Hoe verander hierdie wêreld? – Handelinge 13-16:5
Youtube 09:00 2 Augustus 2020  Somerstrand Familiediens

(more…)

Continue ReadingHoe verander hierdie wêreld? – Handelinge 13-16:5

Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30

Jaar van die Bybel
Tema: Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30
Somerstrand 12 Julie 2030 Youtube 09:00

Verwelkoming

Welkom van waar in die wêreld jy ook al af inskakel.

Die mense wat in Februarie met die Psalms begin het, het vanoggend Psalm 117 gelees. Dit is die kortste Psalm, trouens die kortste hoofstuk in die Bybel. Dit is ook die middelste hoofstuk in die Protestantse Bybel. Daar is 594 hoofstukke daarvoor en 594 hoofstukke daarna, in totaal 1 189 hoofstukke met Psalm 117 ingesluit.

Die Psalm is eintlik net een lang sin.

1 Loof die HERE, alle nasies,  besing Hom, alle volke,  2 want magtig oor ons is sy troue liefde,  ja, die trou van die HERE is vir ewig.  Halleluja!

Die Psalm roep alle nasies saam met die Godsvolk op om God te prys en wel om twee redes.

  1. GOD SE LIEFDE IS ONMEETLIK HOOG. Peterson vertaal dit só: “His love has taken over our lives.” (The Message).
  2. GOD SE TROU IS ONEINDIG WYD. Daar IS geen einde aan God se trou is nie. Soos God se liefde se “hoogte” oorweldigend groot is, is sy trou iets waarvan ‘n mens nie by die einde daarvan kan kom nie.

Dit asof God se liefde as ‘n vertikale werklikheid geteken word, en sy trou as ‘n horisontale werklikheid. Sy trou kom vanuit die oneindigheid van die ooste en strek tot die oneindigheid van die weste. Dieselfde van die suide af tot in die noorde. Daar is geen einde aan God se trou nie.

En as jy dié twee dinge saamgooi, sy groot liefde, en sy oneindige trou, kan ‘n mens dit só opsom: God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons. Daarom moet God geprys word.

Verjaarsdae

Geluk Jolanda Broodryk en Eli du Preez. Geluk ook aan Jean Le Roux (12).

Kategese

Ons skakel vir die laerskool kategese in die tyd van die inperking in by die Lofkabouters van ds Thania Boha van PE Hoogland. Vandag is dit B vir Bybel in haar Geloofsalfabet. Gebruik die 10 minute aanbieding vir gesprek en aktiwiteite met julle kinders. Geniet! https://youtu.be/JaPtQOPNyok

Behoeftes

Onthou die kos en klere projekte wat ons deurlopend hardloop. Bydraes vir Jaco en Annemarie Barnard by Bognorstraat 6 en vir Theo by Total en Elsje en Cecile. Bydraes vir die Noodfonds is ook steeds welkom.

Pulse

Ons informele erediens vanaand, Pulse, gaan weer oor die tema van Seks: Wat sê die Bybel? Net vir bo-13’s. Ouers kan met die lied ná die kindertyd hulle kinders onder-13 net verskoon. Ds Pieter Nel van Hoogland gaan dit hanteer.

Youtube

Teken sommer nou in op die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. Jy kan notifications ook aansit sodat jy kennis kan kry van elke volgende video.

Onthou die kleiner formaat video of die klankbaan. Die skakels is op Whatsapp, nuusbrief, web en Facebook beskikbaar.

Votum en Seëngroet

28Kom na My toe, almal wat moeg is en swaar dra aan laste, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus vind. 30Want my juk is sag en my las is lig.” (Matt 11:25-30 – ASV)

(more…)

Continue ReadingEk sal julle rus gee – Matteus 11:25-30

Wat doen jy as jy magteloos is? – Klaagliedere 05

Klaagliedere van Jeremia
Tema: Wat doen jy as jy magteloos is? – Klaagliedere 5

Verwelkoming

Welkom van waar in die wêreld jy ook al af inskakel.

Psalm 4

Die mense wat die Eenjaar Bybelleesprogram van die begin van die jaar af volg, het hierdie week weer met die Psalms van vooraf begin. Vanoggend het ons Psalm 4 gelees. Dit is ‘n Psalm om die konflikte in jou lewe voor die Here te bring en vir sy “glimlag” te vra, soos ’n mens vers 6 kan verklaar:

“verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!”

Mag God se “glimlag” oor jou lewe skyn!

Verjaarsdae

Luzaan Potgieter verjaar vandag. Baie geluk. Baie geluk ook aan Amke Robinson (2).

Kategese

Ons skakel vir die laerskool kategese in die tyd van die inperking in by die Lofkabouters van ds Thania Boha van PE Hoogland. Sy noem dit die Geloofsalfabet en deel dit met graagte met ons. Dit is ‘n weeklikse 10 minute aanbieding waarby al ons kinders baat kan vind. Ouers kan dit saam met hulle kinders kyk vir gesprek en aktiwiteite daarna. Dit begin met A vir aanbidding. Geniet!

Kyk dit hier.

Behoeftes

Al die klere wat ons versamel het, is uitgesorteer en uitgedeel. Hier is ‘n video van ons lidmate hard aan die werk om dit uit te sorteer. Onthou die swart sakke wat ons in Lydenstyd met klere volgemaak het, kan steeds hierdie week afgelewer word by Jaco en Annemarie by Bognorstraat 6 enige tyd deur die dag. Klere is ‘n groot behoefte en ons probeer steeds daarin voorsien.

Kos natuurlik steeds ook. Julle kan steeds bydrae vir Theo se lysie en Elsje se ACVV lysie.

Bydraes vir die Noodfonds is ook steeds welkom. Merk dit net “Noodfonds” as jy EFT. Ons het verskeie mense al gehelp. Dit is ‘n riem onder die hart dat lidmate sulke vrygewige harte het.

Jy is welkom om, as jy weet van nood waartoe ons kan bydra, vir my te kontak. Ons sal dit diskreet hanteer.

Pulse

Ons informele erediens vanaand, Pulse, gaan oor die tema van Seks: Wat sê die Bybel? Net vir bo-13’s. Ouers kan met die lied ná die kindertyd hulle kinders onder-13 net verskoon. Ds Pieter Nel van Hoogland gaan die volgende twee Sondae met ons oor die tema praat. Vanaand uit 1 Korintiërs 6:12-20. 18:00 op dieselfde kanaal. Dit is ook in ‘n aparte playlist gesit om makliker daarby uit te kom. Skakels op die web, Whatsapp en Mailchimp.

Klaagliedere

Ons lees hierdie week hoofstuk vyf van die Klaagliedere van Jeremia. Jy kan steeds my boek vir stiltetyd en kleingroepe op die webtuiste aflaai.

Youtube

Teken sommer nou in op die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie. Jy kan notifications ook aansit sodat jy kennis kan kry van elke volgende video.

Onthou die kleiner formaat video. Jy kan die skakel via Whatsapp weekliks ontvang. Stuur net jou nommer na Liésl (ngksomer@global.co.za) dan sal ons telkens die skakel stuur. Dit sal ook altyd in die nuusbrief, op die web en op Facebook beskikbaar wees.

Dieselfde geld die klankbaan wat nog kleiner is. Dit sal ook weekliks per Whatsapp beskikbaar gestel word. Dui net vir Liésl aan of jy die kleiner video of net die klankbaan wil ontvang. Ek sal dit ook in die nuusbrief, web en Facebook beskikbaar stel.

Votum en Seëngroet

“Dít roep ek in herinnering, daarom het ek hoop: Die troue liefde van die HERE vergaan nie, want sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid.” (Klg 3:21-23)

Daarom groet ek jou in die Naam die Drie-Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. (more…)

Continue ReadingWat doen jy as jy magteloos is? – Klaagliedere 05